Profile photo of maraja

by

‘n Glas halfvol water…

May 25, 2017 in Uncategorized

 Mens is nooit te oud om te leer nie…

 ‘n Glas halfvol water…

Kan ‘n mens weer gelukkig wees na ‘n groot verlies?  Ja…’n mens kan…Mag ‘n mens weer vrolik wees na ‘n groot hartseer?  Ja…’n mens mag…Sal daar weer donker dae wees? Definitief…..maar die son sal ook weer skyn…

Vandag…presies ‘n jaar gelede…het ek op die afgrond gestaan van een van die grootste tragedies van my lewe…My man, maat en pa van my twee baba’s is dood…en het my (en hulle) agtergelaat in ‘n diep…donker gat… vol vrae, bekommernisse en selfverwyt… Die hoekoms en waaroms…het soos mistroostige vraagtekens gehang oor ‘n lendelam stoel…in ‘n kamer van die murasie van my hart…Om aan te gaan met die lewe…het ewe skielik so sinneloos en oppervlakkig gelyk…en het ek soos ‘n slak… myself onttrek van die lewe…en die lewendes…

Gelukkig is ek ook ‘n gebore optimis…en ‘n slegte kanidaat as emo kid…want dis vandag die verjaarsdag van my man se sterfdag…Ek het baie hard probeer om ‘n sadface op te sit vir almal by die werk….en na werk toe ek petrol moes ingooi by die Engen Garage…en ook by Shoprite om 5 uur toe ek gou broodenmelk vir die aand moes gaan koop…het ek almal vertel van my sad storie….Die arme petrol joggie en meisie by die till…want ek was net te vrolik vir my sad storie…en kon ek sien ek veroorsaak net confusion waar ek gaan….want ek is nie meer sad nie…en voel vreeslik vals…en wie probeer ek nou juis impress?

Ek het eenmaal in The Tibetian Book of Living and Dying gelees dat as mens iets regtig baie lief het…jy dit moet laat gaan….want jy sal ryklik beloon word…just let it go…’n Baie moelike konsep in ons besitlike aardse bestaan…maar tog ook so mooi in die eenvoud daarvan, want hier is ek…’n jaar later….met twee kleintjies wat blom in hul onderskeie kinder-tuine…familie en vriende wat my seen met al hul liefde en ondersteuning…’n werk waarin ek myself kan uitleef…en ‘n nuwe maat aan my sy wat my en die kleintjies dra op die hande…

Hoe kom mens by hierdie punt?  Vergewe en vergeet….vergifnis vir jouself en ook ander…en belangrik…liefde vir jou naaste…maar die heel belangrikste….jouself…

Edith Piaf het amper ‘n honderd jaar gelede gesing : “I have no regrets”…en dis hoe ek ook vandag voel…Oral om my sien ek mense wat so swaar dra aan hul skuldgevoelens van die verlede…shame man…

Vriendin Nina vertel gister by die werk (met trane in haar oe) dat sy haarself nie kan vergewe vir dinge wat sy as jong meisie aangevang het nie…”Hoekom dan?” vra ek toe belangstellend…”Want ek was selfsugtig, hoogmoedig en kwaad Maraja…”

Ek het haar verseker dat God haar laaaankal reeds vergewe het…en haar vertel van die storie wat ek noudie aand in een van my boekies gelees het.  Dis geskryf deur twee ou tannies tydens die Tweede Wereldoorlog in Engeland wat gevoel het God praat met hulle…Volgens hulle het God die mens gemaak om net 24 uur te kan dra…die res is bloot onnodig…en wie probeer jy nou impress?

Dit laat my dink aan daai monnikke in die Middeleeue wat hulself met klein swepies op die rug geslaan het tot dit bloei…Was God regtig beindruk met hul self-kastyding?

Ek twyfel….

‘n Jaar gelede het ek my ma gehuilvra die nag van my man se dood : “Is aardse geluk ons dan nie beskore nie Ma?”

Vandag…na ‘n volle jaar van hel-toe-en-terug…kan ek met sekerheid getuig : “Dit is…”

Aan die einde van die dag moet jy jouself vra…is my glas half vol…of half leeg?  En as jy jouself en ander met liefde en toewyding kan dien….sal jou beker waarlik oorloop….van aardse geluk….

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *