Profile photo of maraja

by

Die Kind is nie Dood nie…

May 7, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Die Kind is nie Dood nie….

‘n Vriendin vra my die week om ‘n stukkie as deel van haar play(Medea) te skryf….want sy weet….. ek weet….. hoe dit voel…om op ‘n sonnige dag…op ‘n sonskynstrand te staan….en tussen die trane deur te kontempleer hoe ek myself en my twee dogtertjies se lewens gaan be-eindig agter die honger branders van sand en skuim van die Sonskynkus by Amanzimtoti….

Ek was hoop…verlore…te ver van familie en vriende…en te naby aan my man se trou loosheid…

En Ingrid Jonker het geweet hoe dit voel…nie waar nie?

Medea…(‘n play)

 ‘n Lug vol helder wolke….

“O……vra nie my liefde nie…..ek het dit weggegee……

Aan die blou ekspans van die lug…..en ook die diepte van die see….

Hier…waar  liefde eers geblom het….le slegs die dooie peule van twee liefdesblomme….

Geleen deur ons hemelse Vader…en geoffer deur hul aardse Moeder….

Die daad is volbring…..

Mooi is die lewe…en die dood is mooi….

So stil en volkome in hul watergraf….

Slaap my kindjie…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Virewig…… twee soepel vissies wat knibbel aan jul eie onskuld….

Hoe kon iets so moois en teer…soveel seer en haat verwek?

Hoe kon jul hemelse Vader jul so volmaak geskape….toevertrou

Aan jul aardse Vader se sedelose gedrag?

Vir hom….wat ek alles gegee het….ook die bloed van my bloed….

Soos die vog van vrugbaarheid….wat sypel uit my groot verlange….

My kind…..O….my kind…..

O Heer…..laat hierdie dag heilig word…..

Laat alles val….wat pronk….en sieraad was….

Of enkel jeug….

En ver was van die pyn….

Die daad is volbring….

Mooi is die lewe….maar die dood is mooier….

…………………………………………………….

Goeiemore my sonskyn….goeiemore my kind…..

Kom ons draf op die strand….kom ons ry op die wind….

Ek hoor jul kinderlaggies borrel tussen die branders….

Voetjies trippel tussen skulpies sand…..

Maar die seemeeue  se hees geskel….is ‘n hopelose klag…

Die daad is volbring…..

die vonnis gevel….

skuldig…skuldig….skuldig…

My kind…..O…..my kind….

Kom terug na my….

Slaan weer jul armpies om my nek….

En neem weg die pyn…van my eensame lye…en stille droewenis….

Is alle wording…dan pyn?

Hoe kon jul vader my so verwerp en verstoot?

En my hierdie bitter vrug laat groei….aan die boom van my liefde?

Sy saad was eens so volmaak in sy liefde….vir my

Maar met sy stille daad…en trouloosheid…

Het hy my…..nee ons….verlaat….verwerp….en verag….

Niks was ek….

Niks was julle…

Niks was ons….

…………………………………..

……………………………………

Soos korrels sand…..sal ons skuur teen die skedel van sy gewete….

………………………………………………………………………………….

Jy het my alleen gelos…..in die huis van verlange…..

Die laksman in jou oe….het gewik….en geweeg…

Voor dit my verswelg……twee swart poele….vol bitter gif….

En ek voel die beker teen my koue lippe du…..

Jy stel ‘n heildronk in…“Drink my skat….” glimlag jy….

Ek drink jou in….

En die wit van jou tande….grynslag teen die donker van die nag….

Die kilheid van jou medewete….is soos ‘n dolk in my hart…..’n membraan deurboor….

Was ek dan nooit genoeg?

Hoe kan ek jou laat voel….wat ek voel?

Die southeid van my trane…..versteen tot ‘n soutpilaar….’n stalligtiet van die verlede….

Wat is….wat was….

Wat nou is….sal wees….

Ek sal ons liefdeskinders offer….

Aan ‘n ongenaakbare God….

Ek sal skaamteloos….hul klein kinderlyfies….onder die branders hou…

Ek sal al my durf en moed by mekaar moet skraap….

Ek sal my moedershart moet doodmaak….

Ek sal myself moet staaf teen die geskop en gespartel….

Die wriemelende klein lyfies….sal langsamerhand al stiller word….tot net….

Twee…. klein….. slap….liggaampies in my arms hang….

Ek sal hul vir oulaas teen my boesem koester….

‘n Veilige hawe….soos van ouds….maar nou….die ondergang van hul wese…

………………………………………………………………………………

My kinders…..O…..my hart……

Die daad is volbring…..

Wat ……………het ek gedoen?

Wat………… is aan my gedaan?

Die seemeeue skreeu ‘n klag…..Moeder…Moordenaar….

O God…..

Hou op ….Hou tog op….Hou om Vadersnaam net op….

………………………………….

…………………………………..

…………………………………..

Kom terug na my…….

Hoor julle my?

O God……hoor hulle my?

Is ek braaf genoeg om hul te volg in hul laaste dodemars…

Na die stil bodem van die swart oseaan?

Hier waar gebeentes rus van vergane skepe in die kerkhof van die see….

Mooi is die dood…in sy dodelikheid….

‘n Beminde geliefde….met ‘n vernietigende kus…

O God….waarom het U my verlaat?

Hier waar ek alleen in die bitter vrees van my sterwe le….tot net soutwit bene…

Grynslag teen die sterrenag….sal ek wonder…..

Wie sal vir my wag?

Wie sal oor my rou?

Die antwoord so duidelik soos ‘n Judaskus…

Niks…..Niemand….Nooit weer nie….

O God……waarom het U my verloen?

Waarom het U my begaan?

Hier waar ek lafhartig staan….by die boom van smart….

Hoor ek die lee branders dreun….soos ‘n doodsklok….in my hart….

In die sterwende nag…ween die wind sag….

My kinders….my kinders…..my kinders….

So stil en volkome …..in jul watergraf….

Slaap my kindjies…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Hoor nie my wegdraai…hoor nie my omdraai…

Soos Lot se vrou…sal ek nog eenmaal omkyk….

Maar die son se strale sal my verblind….

En ek sal vir die res van my lewe….

Lewend sterf….

Of….

Sterwend leef….

Want…

My siel…… het hier gesterf vannag….

…………………………………..

En tot ons mekaar weer sien…..

Sleep ek my vlees…..

soos ‘n kis….

agter……. my…… aan…..”

(Ek is bly ek is nie Ingrid Jonker nie……en ek is bly my kinders is nie dood nie……)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *