You are browsing the archive for 2017 May.

Profile photo of maraja

by maraja

‘n Glas halfvol water…

May 25, 2017 in Uncategorized

 Mens is nooit te oud om te leer nie…

 ‘n Glas halfvol water…

Kan ‘n mens weer gelukkig wees na ‘n groot verlies?  Ja…’n mens kan…Mag ‘n mens weer vrolik wees na ‘n groot hartseer?  Ja…’n mens mag…Sal daar weer donker dae wees? Definitief…..maar die son sal ook weer skyn…

Vandag…presies ‘n jaar gelede…het ek op die afgrond gestaan van een van die grootste tragedies van my lewe…My man, maat en pa van my twee baba’s is dood…en het my (en hulle) agtergelaat in ‘n diep…donker gat… vol vrae, bekommernisse en selfverwyt… Die hoekoms en waaroms…het soos mistroostige vraagtekens gehang oor ‘n lendelam stoel…in ‘n kamer van die murasie van my hart…Om aan te gaan met die lewe…het ewe skielik so sinneloos en oppervlakkig gelyk…en het ek soos ‘n slak… myself onttrek van die lewe…en die lewendes…

Gelukkig is ek ook ‘n gebore optimis…en ‘n slegte kanidaat as emo kid…want dis vandag die verjaarsdag van my man se sterfdag…Ek het baie hard probeer om ‘n sadface op te sit vir almal by die werk….en na werk toe ek petrol moes ingooi by die Engen Garage…en ook by Shoprite om 5 uur toe ek gou broodenmelk vir die aand moes gaan koop…het ek almal vertel van my sad storie….Die arme petrol joggie en meisie by die till…want ek was net te vrolik vir my sad storie…en kon ek sien ek veroorsaak net confusion waar ek gaan….want ek is nie meer sad nie…en voel vreeslik vals…en wie probeer ek nou juis impress?

Ek het eenmaal in The Tibetian Book of Living and Dying gelees dat as mens iets regtig baie lief het…jy dit moet laat gaan….want jy sal ryklik beloon word…just let it go…’n Baie moelike konsep in ons besitlike aardse bestaan…maar tog ook so mooi in die eenvoud daarvan, want hier is ek…’n jaar later….met twee kleintjies wat blom in hul onderskeie kinder-tuine…familie en vriende wat my seen met al hul liefde en ondersteuning…’n werk waarin ek myself kan uitleef…en ‘n nuwe maat aan my sy wat my en die kleintjies dra op die hande…

Hoe kom mens by hierdie punt?  Vergewe en vergeet….vergifnis vir jouself en ook ander…en belangrik…liefde vir jou naaste…maar die heel belangrikste….jouself…

Edith Piaf het amper ‘n honderd jaar gelede gesing : “I have no regrets”…en dis hoe ek ook vandag voel…Oral om my sien ek mense wat so swaar dra aan hul skuldgevoelens van die verlede…shame man…

Vriendin Nina vertel gister by die werk (met trane in haar oe) dat sy haarself nie kan vergewe vir dinge wat sy as jong meisie aangevang het nie…”Hoekom dan?” vra ek toe belangstellend…”Want ek was selfsugtig, hoogmoedig en kwaad Maraja…”

Ek het haar verseker dat God haar laaaankal reeds vergewe het…en haar vertel van die storie wat ek noudie aand in een van my boekies gelees het.  Dis geskryf deur twee ou tannies tydens die Tweede Wereldoorlog in Engeland wat gevoel het God praat met hulle…Volgens hulle het God die mens gemaak om net 24 uur te kan dra…die res is bloot onnodig…en wie probeer jy nou impress?

Dit laat my dink aan daai monnikke in die Middeleeue wat hulself met klein swepies op die rug geslaan het tot dit bloei…Was God regtig beindruk met hul self-kastyding?

Ek twyfel….

‘n Jaar gelede het ek my ma gehuilvra die nag van my man se dood : “Is aardse geluk ons dan nie beskore nie Ma?”

Vandag…na ‘n volle jaar van hel-toe-en-terug…kan ek met sekerheid getuig : “Dit is…”

Aan die einde van die dag moet jy jouself vra…is my glas half vol…of half leeg?  En as jy jouself en ander met liefde en toewyding kan dien….sal jou beker waarlik oorloop….van aardse geluk….

Profile photo of maraja

by maraja

Vroegherfs…

May 10, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Vroegherfs….

Deesdae…. as ek soggens vroeg deur die Boland ry oppad skooltoe, hoor ek NP Van Wyk Louw se woorde in my ore…..“Die jaar word ryp in goue akkerblare….in wingerde wat verbruin….”  Dit is vir my so mooi : God se Palet….van lig-geel en rooi-oranje….tot die diepste wynrooi…
want oestyd en parstyd is sopas verby…die wingerdstok het sy vrug gegee….en nou le hierdie vruggies in groot containers…en wag….om die soetste Muskadel te word…

En so is ons ook….want…

“Hy is die Wyn-stok…en ek is die rankie…” was ek lief om te sing toe ek klein was….met min begrip wat die woorde eintlik beteken het…maar vandag verstaan ek dat ek ook deel het in die parstyd van die lewe….ek werk met jong grootmense…snoei daagliks aan hulle hoogmoed en arrogansie….gee kunsmis as daar ‘n tekort is aan selfvertroue, gesonde verstand of aardse lui-heid….Aan die einde van hul skoolloopbaan dra hulle die soetste vruggies…of nie…want soms maak dit nie saak hoeveel geloof, hoop of liefde jy in hulle insit nie….Soos enige boer jou kan verseker…kry jy soms ‘n mis-oes…en kom jy soms op ‘n punt wat ‘n hele blok wingerd…uitgepluk moet word…wortel en al….en dan wonder jy…”Was dit ek…of die ander individu wat die mislukking was?” Ek lees noudie dag dat selfs God moedeloos raak met ‘n individu wat se hart te hartvogtig is….en dat selfs Hy dan besef daar is geen salf te smeer aan so ‘n persoon en sy tekortkominge nie….Ek doen dit ook soms uit radeloosheid…Stuur een sondebok uit ‘n klaskamer…en jy het ‘n weer ‘n vrugbare stukkie grond waar jy met jou ploegskaar van kennis kan werk…

Maar in my hart kry ek die sondebok baie jammer….want “…elke blom word vrug…..tot selfs die traagstes…” Tog het ek tot die besef gekom dat dit soms nie ek sal wees wat hierdie persoon sal sien blom nie….Miskien is dit ‘n ander mentor se voorreg?

“…En die eerste blare val….so stilweg…”….soos my dierbare man…in die vroeg herfs van verlede jaar…. Stadig….het hy geval soos ‘n sederboom in Waterkloof….of soos een van daardie groot ou bome in die Knysna woud….

Maar niemand het eens opgekyk nie…

Miskien het daar tog ‘n paar voeltjies….verwilderd… opgevlieg van skrik….of….miskien het ‘n gestreepte veldmuisie beangs weggeskarrel van die slag? Miskien het ‘n engel…’n traan gestort? Maar miskien was daar… net niks…
Slegs ‘n rippel op die wateroppervlak van die menslike populasie…een gesterf…en een gebore…
Maar in ons klein huishoudinkie….was daar ‘n aardskuddende slag….soos ‘n 10 ton trok wat by jou voordeur ingebars kom…by die gang af bulder…en weer by die agterdeur uit….en ons aarde het gekantel op sy as…en niks was ooit weer dieselfde nie….

Herfs was nog altyd my favourite seisoen gewees… Tydens die herfs…laat ons die somer agter….keer ons innerlik…en haal diep asem…om onder water te swem….
“O Heer…laat hierdie dae heilig word…Laat alles val wat pronk en sieraad was….” Omdat die somer so vulger uitbundig is…soos ‘n oorvol sirkus vol kleure en klank…met hansworse…en balonne wat jou laat hik van die skrik as hul langs jou bars…van kleintjies wat siek word van te veel spookasem en soet popcorn en strawberry milkshake…

Ek en Sussie loop gister…laatmiddag…met die die bome se skaduwees wat al langer word om ons….op die sypaadjie….huis toe…. Skielik buk sy af…en tel iets op…..
“Kyk mamma…’n herfs blaartjie!”…en sy hou triomfantlik ‘n klein geel blaartjie in die blou lug op….Ek het stilweg gewonder of sy besef hoe simbolies dit is…soos haar pa…wat ook in die vroegherfs van verlede jaar…van die Groot Boom van die lewe geval het…

Ek het afgekyk na haar….verbaas geglimlag….en gevra : “Hoe weet jy dit my skat?” Sy het ewe skielik hartseer en klein gelyk in haar kinderlike onskuld en gefluister….”…..want hy is dood mamma….”

“Of enkel jeug…en ver was van die pyn…
Laat ryp word…Heer…laat U wind waai
Laat stort my waan…tot al die hoogmoed eindelik vas
En nakend…uit my teerder jeug verskyn…”
N P Van Wyk Louw

Profile photo of maraja

by maraja

Die Kind is nie Dood nie…

May 7, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Die Kind is nie Dood nie….

‘n Vriendin vra my die week om ‘n stukkie as deel van haar play(Medea) te skryf….want sy weet….. ek weet….. hoe dit voel…om op ‘n sonnige dag…op ‘n sonskynstrand te staan….en tussen die trane deur te kontempleer hoe ek myself en my twee dogtertjies se lewens gaan be-eindig agter die honger branders van sand en skuim van die Sonskynkus by Amanzimtoti….

Ek was hoop…verlore…te ver van familie en vriende…en te naby aan my man se trou loosheid…

En Ingrid Jonker het geweet hoe dit voel…nie waar nie?

Medea…(‘n play)

 ‘n Lug vol helder wolke….

“O……vra nie my liefde nie…..ek het dit weggegee……

Aan die blou ekspans van die lug…..en ook die diepte van die see….

Hier…waar  liefde eers geblom het….le slegs die dooie peule van twee liefdesblomme….

Geleen deur ons hemelse Vader…en geoffer deur hul aardse Moeder….

Die daad is volbring…..

Mooi is die lewe…en die dood is mooi….

So stil en volkome in hul watergraf….

Slaap my kindjie…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Virewig…… twee soepel vissies wat knibbel aan jul eie onskuld….

Hoe kon iets so moois en teer…soveel seer en haat verwek?

Hoe kon jul hemelse Vader jul so volmaak geskape….toevertrou

Aan jul aardse Vader se sedelose gedrag?

Vir hom….wat ek alles gegee het….ook die bloed van my bloed….

Soos die vog van vrugbaarheid….wat sypel uit my groot verlange….

My kind…..O….my kind…..

O Heer…..laat hierdie dag heilig word…..

Laat alles val….wat pronk….en sieraad was….

Of enkel jeug….

En ver was van die pyn….

Die daad is volbring….

Mooi is die lewe….maar die dood is mooier….

…………………………………………………….

Goeiemore my sonskyn….goeiemore my kind…..

Kom ons draf op die strand….kom ons ry op die wind….

Ek hoor jul kinderlaggies borrel tussen die branders….

Voetjies trippel tussen skulpies sand…..

Maar die seemeeue  se hees geskel….is ‘n hopelose klag…

Die daad is volbring…..

die vonnis gevel….

skuldig…skuldig….skuldig…

My kind…..O…..my kind….

Kom terug na my….

Slaan weer jul armpies om my nek….

En neem weg die pyn…van my eensame lye…en stille droewenis….

Is alle wording…dan pyn?

Hoe kon jul vader my so verwerp en verstoot?

En my hierdie bitter vrug laat groei….aan die boom van my liefde?

Sy saad was eens so volmaak in sy liefde….vir my

Maar met sy stille daad…en trouloosheid…

Het hy my…..nee ons….verlaat….verwerp….en verag….

Niks was ek….

Niks was julle…

Niks was ons….

…………………………………..

……………………………………

Soos korrels sand…..sal ons skuur teen die skedel van sy gewete….

………………………………………………………………………………….

Jy het my alleen gelos…..in die huis van verlange…..

Die laksman in jou oe….het gewik….en geweeg…

Voor dit my verswelg……twee swart poele….vol bitter gif….

En ek voel die beker teen my koue lippe du…..

Jy stel ‘n heildronk in…“Drink my skat….” glimlag jy….

Ek drink jou in….

En die wit van jou tande….grynslag teen die donker van die nag….

Die kilheid van jou medewete….is soos ‘n dolk in my hart…..’n membraan deurboor….

Was ek dan nooit genoeg?

Hoe kan ek jou laat voel….wat ek voel?

Die southeid van my trane…..versteen tot ‘n soutpilaar….’n stalligtiet van die verlede….

Wat is….wat was….

Wat nou is….sal wees….

Ek sal ons liefdeskinders offer….

Aan ‘n ongenaakbare God….

Ek sal skaamteloos….hul klein kinderlyfies….onder die branders hou…

Ek sal al my durf en moed by mekaar moet skraap….

Ek sal my moedershart moet doodmaak….

Ek sal myself moet staaf teen die geskop en gespartel….

Die wriemelende klein lyfies….sal langsamerhand al stiller word….tot net….

Twee…. klein….. slap….liggaampies in my arms hang….

Ek sal hul vir oulaas teen my boesem koester….

‘n Veilige hawe….soos van ouds….maar nou….die ondergang van hul wese…

………………………………………………………………………………

My kinders…..O…..my hart……

Die daad is volbring…..

Wat ……………het ek gedoen?

Wat………… is aan my gedaan?

Die seemeeue skreeu ‘n klag…..Moeder…Moordenaar….

O God…..

Hou op ….Hou tog op….Hou om Vadersnaam net op….

………………………………….

…………………………………..

…………………………………..

Kom terug na my…….

Hoor julle my?

O God……hoor hulle my?

Is ek braaf genoeg om hul te volg in hul laaste dodemars…

Na die stil bodem van die swart oseaan?

Hier waar gebeentes rus van vergane skepe in die kerkhof van die see….

Mooi is die dood…in sy dodelikheid….

‘n Beminde geliefde….met ‘n vernietigende kus…

O God….waarom het U my verlaat?

Hier waar ek alleen in die bitter vrees van my sterwe le….tot net soutwit bene…

Grynslag teen die sterrenag….sal ek wonder…..

Wie sal vir my wag?

Wie sal oor my rou?

Die antwoord so duidelik soos ‘n Judaskus…

Niks…..Niemand….Nooit weer nie….

O God……waarom het U my verloen?

Waarom het U my begaan?

Hier waar ek lafhartig staan….by die boom van smart….

Hoor ek die lee branders dreun….soos ‘n doodsklok….in my hart….

In die sterwende nag…ween die wind sag….

My kinders….my kinders…..my kinders….

So stil en volkome …..in jul watergraf….

Slaap my kindjies…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Hoor nie my wegdraai…hoor nie my omdraai…

Soos Lot se vrou…sal ek nog eenmaal omkyk….

Maar die son se strale sal my verblind….

En ek sal vir die res van my lewe….

Lewend sterf….

Of….

Sterwend leef….

Want…

My siel…… het hier gesterf vannag….

…………………………………..

En tot ons mekaar weer sien…..

Sleep ek my vlees…..

soos ‘n kis….

agter……. my…… aan…..”

(Ek is bly ek is nie Ingrid Jonker nie……en ek is bly my kinders is nie dood nie……)