Profile photo of maraja

by

And the Show must go on…

March 19, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

And the Show must go on…

Ek se gister vir ‘n studente onnie by my skool (toe pouse verby is en ons moet teruggaan klas toe)…”Moenie stress nie man…ons is almal akteurs hier…Act 2….Scene 3” Hy het verbaas vir my gelag…en gesien hoe sit ek my masker op voor ek by die klaskamer vol selfvertroue inmarsjeer….(al voel ek totaal uitgeput en tot die been toe gedaan)…en al het ons net ‘n week tevore een van hul klasmaats begrawe…het ek geluister na die kinders se vrolike stemme en uitbundigheid…want dis Vrydag…en ook ‘n langnaweek…The show must go on…inderdaad…

Klein dorpies is wonderlike goed…Dis die tweede maal wat ek (onder verdagte omstandighede) na een toe trek as grootmens…en albei kere is ek deur die locals gewaarsku….”Pasop hoor…die mense skinder net te verskriklik hier”…en albei kere het ek te heerlik gelag uit my maag….dat my tone eintlik omkrul van lekkerkry…en geantwoord : “Oooeeee…..dis te wonderlik…om te dink daar is mense wat actually tyd uit hul besige dag gaan neem om oor my te praat?”….want dis presies wat dit is…ek voel of ek behoort aan die gemeenskap…want die mees alleenste wat ek al ooit gevoel het was toe ek in ‘n groot stad gewoon het…(Ek het al in koerante gelees van ou ooms of tannies wat eers dae na hulle oorlede is gevind was omdat daar ‘n “snaakse reukie” in die lug gehang het….siestog….en hoe aaklig)

Is dit nie Willem Wikkelspies (aka William Shakespeare) wat eenmaal verklaar het dat die wereld ‘n verhoog is…en ons almal slegs akteurs daarop nie?

Oor die algemeen vind ek die voortbestaan op ‘n plattelandse dorpie baie predictable….en veilig…en die mense baie voorspelbaar…en dis pragtig…dit voel of ek die script al lankal gelees het….en weet wat al die akteurs gaan aanvang…So het ek gisteraand vir 3 ure na die village idiot geluister en te heerlik gelag tot die trane loop….en van al my sorge vergeet…en geskok gekyk hoe hy huis toe ry en sy metgesel verbaas agterlaat…

Soms het jy nie ‘n duur kaartjie van Woordfees of KKNK nodig nie…want vir die gewone mens word Teater… net al te smarter

Ja…ek het al na Shakespeare in die tuin by Maynardville gaan kyk…maar was meer impress met die bome as backdrop en hoe die sterretjies en spotlights deur die bome se blare gespeel het….The Merchant of Venice was vir my ook totaal Grieks (al het ek getrou al my vrae beantwoord aan die einde van matriek)…totdat ek weer (20 jaar later) op ‘n klein dorpie met stofstrate dit …be-leef het….toe ‘n groep swart skoolkinders met hul swaar Xhosa aksente dit vir my… uitgeleef het….en die skille van my oe afgeval het…

Maar soms….net soms…breek een van die Hoofakteurs ‘n been…of kom iets veel erger oor…en as jy geen stand-in het…of voorbereid daarop was nie…is dit die laaste curtain call vir jou show…en kan jy maar al die posters van die lamppale gaan afhaal…The Show is Cancelled Untill Further Notice…net soos met my hegte klein familiy unit laasjaar gebeur het….

Maar eks ‘n kanniedood (my ma se eks hardkoppig) en moes vinnig weer rehearsels reel en nuwe akteurs hier en daar en oraloor vind…sommige dae het dit broekskeur gegaan….ander kere het almal hul lyntjies mooi geleer…en het alles goed uitgewerk….Soms is trane van frustrasie gehuil…ander kere weer van blydskap…

En so le ek en Sussie annerdag…na ‘n lang, baie uitputtende week op die bed…sy aan sy…(onthou…sy’s een van die hoof akteurs…al besef sy dit min)

Ek le en kyk na Pappa se mooi foto’s teen die muur….”Hoekom huil Mamma?”…vra sy in haar kinderlike onskuld aan my (die baie moee regiseur)

”Aaaag….Mamma mis vir Pappa” (die ster van my show)

Sy het ‘n rukkie stilgebly…en toe kom die klein stemmetjie so helder soos die nuwe hoofstuk in ons lewe…”Wel…ek mis vir…. Oom Jan”

En daar het jy dit…uit die mond van die suigling die waarheid…..The Show Must Go On….

4 responses to And the Show must go on…

  1. Pragtig! En sooo waar

  2. Ja inderdaan Marajatjie

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *