You are browsing the archive for 2017 March.

Profile photo of maraja

by maraja

And the Show must go on…

March 19, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

And the Show must go on…

Ek se gister vir ‘n studente onnie by my die skool (toe pouse verby is en ons moet teruggaan klas toe)…”Moenie stress nie man…ons is almal akteurs hier…Act 2….Scene 3” Hy het verbaas vir my gelag…en gesien hoe sit ek my masker op voor ek by die klaskamer vol selfvertroue inmarsjeer….(al voel ek totaal uitgeput en tot die been toe gedaan)…en al het ons net ‘n week tevore een van hul klasmaats begrawe…het ek geluister na die kinders se vrolike stemme en uitbundigheid…want dis Vrydag…en ook ‘n langnaweek…The show must go on…inderdaad…

Klein dorpies is wonderlike goed…Dis die tweede maal wat ek (onder verdagte omstandighede) na een toe trek as grootmens…en albei kere is ek deur die locals gewaarsku….”Pasop hoor…die mense skinder net te verskriklik hier”…en albei kere het ek te heerlik gelag uit my maag….dat my tone eintlik omkrul van lekkerkry…en geantwoord : “Oooeeee…..dis te wonderlik…om te dink daar is mense wat actually tyd uit hul besige dag gaan neem om oor my te praat?”….want dis presies wat dit is…ek voel of ek behoort aan die gemeenskap…want die mees alleenste wat ek al ooit gevoel het was toe ek in ‘n groot stad gewoon het…(Ek het al in koerante gelees van ou ooms of tannies wat eers dae na hulle oorlede is gevind was omdat daar ‘n “snaakse reukie” in die lug gehang het….siestog….en hoe aaklig)

Is dit nie Willem Wikkelspies (aka William Shakespeare) wat eenmaal verklaar het dat die wereld ‘n verhoog is…en ons almal slegs akteurs daarop nie?

Oor die algemeen vind ek die voortbestaan op ‘n plattelandse dorpie baie predictable….en veilig…en die mense baie voorspelbaar…en dis pragtig…dit voel of ek die script al lankal gelees het….en weet wat al die akteurs gaan aanvang…So het ek gisteraand vir 3 ure na die village idiot geluister en te heerlik gelag tot die trane loop….en van al my sorge vergeet…en geskok gekyk hoe hy huis toe ry en sy metgesel verbaas agterlaat…

Soms het jy nie ‘n duur kaartjie van Woordfees of KKNK nodig nie…want vir die gewone mense word Teater net al te smarter

Ja…ek het al na Shakespeare in die tuin by Maynardville gaan kyk…maar was meer impress met die bome as backdrop en hoe die sterretjies en spotlights deur die bome se blare gespeel het….The Merchant of Venice was vir my ook totaal Grieks (al het ek getrou al my vrae beantwoord aan die einde van matriek)…totdat ek dit weer (20 jaar later) op ‘n klein dorpie met stofstrate be-leef het….toe ‘n groep swart skoolkinders dit met hul swaar Xhosa aksente vir my uitgeleef het….en die skille van my oe afgeval het…

Maar soms….net soms…breek een van die Hoofakteurs ‘n been…of kom iets veel erger oor…en as jy geen stand-in het…of voorbereid daarop was nie…is dit die laaste curtain call vir jou show…en kan jy maar al die posters van die lamppale gaan afhaal…The Show is Cancelled Till Further Notice…net soos met my hegte klein familiy unit laasjaar gebeur het….

Maar eks ‘n kanniedood (my ma se eks hardkoppig) en moes vinnig weer rehearsels reel en nuwe akteurs hier en daar en oraloor vind…sommige dae het dit broekskeur gegaan….ander kere het almal hul lyntjies mooi geleer…en het alles goed uitgewerk….soms is trane van frustrasie gehuil…ander kere weer van blydskap…

So le ek en Sussie annerdag…na ‘n lang, baie uitputtende week op die bed…sy aan sy…(onthou…sy’s een van die hoof akteurs…al besef sy dit min)

Ek le en kyk na Pappa se mooi foto’s teen die muur….”Hoekom huil Mamma?”…vra sy in haar kinderlike onskuld aan my (die baie moee regiseur)

”Aaaag….Mamma mis vir Pappa” (die ster van my show)

Sy het ‘n rukkie stilgebly…en toe kom die klein stemmetjie so helder soos die nuwe hoofstuk in ons lewe…”Wel…ek mis vir…. Oom Jan”

En daar het jy dit…uit die mond van die suigling die waarheid…..The Show Must Go On….

Profile photo of maraja

by maraja

I Think…therefore I am…

March 12, 2017 in Uncategorized

 

Mens is nooit te oud om te leer nie…

I Think….therefore I am…

“Jy moes nooit universiteit toe gegaan het nie….jy dink heeltemal te veel…” was my pa se afskeidswoorde aan my in een van ons laaste gesprekke….

Hy was egter verkeerd….ek dink al vandat ek verstand gekry het…Ek dink twenty-four-seven oor alles en nog wat…Het die liewe Vader dan nie vir ons geseen met ‘n gesonde verstand om dinge vir onsself uit te figure nie?  Slaap is vir my ‘n straf en eks ‘n trotse naguil (hoe-hoe) wat veral snags wanneer die white noise van ‘n peuter en ‘n kleuter in die huis afgeskakel is…geruisloos my verbeeldingsvlugte vlerke gee…

Ek was vanaand vir die eerste keer in twee dekades out on the town om eers te gaan luister na “Koos van der Merwe sing Leonard Cohen” en toe na die enigste pub op die dorp om ‘n grootmens glasie whatever te gaan drink…en wat ‘n ontnugtering…Hoekom klink almal wat dronk is so dom?  Ek het onwillekeurig teruggedink aan my eie universiteitsdae (dankie pa)…en met ‘n skok besef dat ek selfs toe al verskonings uitgedink het…sodat ek eerder tuis kon bly tussen my boeke, musiek en skilderkwasse…Deesdae gee ek die kleintjies die skuld…(sorry julle tweetjies) en verkies nogsteeds my ou vriende as gesonde, intellektuele stimulasie…

As tiener het ek en my intense kamermaat Ruette (wat Drama as vak geneem het en my bekendgestel het aan Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, Die Vrye Weekblad en Dagga) gepeins… snags in ons donker koshuiskamer…Ons het selfs beurte gemaak om die bybel vir mekaar tydens Stiltetyd in engels te lees… (engels het net soveel slimmer geklink in die Vrystaat…. )  Sy was bytheway baie impressed met my toe ek haar meedeel ek gaan my studies aan ‘n engelse universiteit (Rhodes) voortsit na matriek….en ek wou haar so graag beindruk…

Tydens ons intellektuele gesprekke oor the meaning of life…het ons tot die slotsom gekom dat dit ‘n kruis is om soveel oor die lewe te dink….was dit nie maar beter om soos ander meisies van sestien die till by Shoprite te slaan nie….hulle lyk so idioties gelukkig?  Ai tog…die hoogmoed van ‘n tiener…

Ek het my ou kamermaat tien jaar na skool opgespoor…sy was pas weer uit rehab…ek vermoed die dinkery het aan haar begin knaag…

My ma waarsku deesdae…ek moenie so baie oor goed dink nie….”Mop maar die vloer, my kind…was die skottelgoed….en al die kleintjies se vuil kleertjies”….

”Onthou…daar’s genade in werk”…en….I suppose…. sy het ‘n punt beet….it takes your mind off things…maar mens kan ook net soveel keer die Huisgenoot (apparently ook die arm-mans-universiteit?) …lees van hoek-tot-kant…

Ek het vanaand ‘n goue ster teen die voorkop gekry toe ‘n man my vertel dat hy mal is oor hoe ek dink…en ek het sommer anders na hom begin kyk…want dis ‘n brein wat my laat tick…en nie ‘n sixpack nie…maar daar gelaat…

Dis vir my wonderlik (en ‘n wonderwerk) om te aanskou hoe die kleintjies se koppies werk…Hoe hulle twee-en-twee figuurlik bymekaar probeer sit…en om verwonderd na die wereld te kyk met ‘n hele nuwe perspektief….”Weet liewe Jesus dat kinders gaan die wereld al meer verstom?”…het die ander Koos soveel jare gelede gesing…

“Ma….hoekom vra sy so baie dom vrae?”…het my geirriteerde kleinboet gereeld gevra as ons in die motor gery het….dan het my ma gewoonlik trots geantwoord…”Los haar maar…dis ‘n teken van ‘n gesonde brein”

En so draai die wiel tot noudiedag toe ‘n mede-ma my berispe omdat Kleinsus se mondjie so oop hang….is sy dan dom?

Ek het haar (verontwaardig) net daar en dan kortgeknip met ‘n “Shush…..kan jy nie sien sy dink nie?”

Profile photo of maraja

by maraja

Uit die Oog…uit die Hart…

March 7, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

 Uit die Oog…uit die Hart…

Twee dae na my man se begrafnis het ‘n vreemde man sommerso in die verbygaan die volgende vreemde woorde (in ‘n lang donker gang) aan my gefluister….”Remember Maraja…Death is for the Living…”  Maar alles het so vinnig-stadig en in slow-mo gebeur op daardie moment….dat ek sy wyse woorde eers maande later sou onthou…

Want wat gebeur as die kis in die graf ingesak het en die laaste treurige gesang weggesterf het op die wind…. nou eintlik met die jong weduwee en haar twee dogtertjies?  Die werklikheid is eenvoudig en kil…hulle word alleen agter gelaat in die kerkhof van die lewe…

Vriende of kennisse sien jou dalk op straat…en met ek-weet-nie-eintlik-wat-om-te-se-nie gesiguitdrukkings skraap hulle die moed bymekaar om innigemeegvoel te betoon…of skarrel in ‘n ander rigting…”een-twee-drie-blok-myself” sou ons geroep het toe ons klein was…veilig en verlig…maar nouja….ons is nie meer klein nie ne?

Oor die algemeen is ek sterk en blymoedig en probeer ‘n sonstraaltjie vir Jesus en die twee kleintjies wees….maar almal kry ook tog sekere bewolkte dae…..Ek het ‘n moeilike week agter die rug….in mediese kringe staan dit seker bekend as ‘n “insinking”…Hoekom?  My komeet het begin uitbrand…om blymoedig te bly is harde werk hoor?  Ek wou so graag weer aanvaar word in die samelewing…ten spyte van my melaatsheid…want dis hoe die skrywer CS Lewis dit beskryf in sy boek “A Grief Observed” nadat sy vrou oorlede is…Net soos hy…kan ek ook aanvoel dat mense my nou anders behandel…ek het nou ook ‘n kiem wat dalk aansteeklik kan wees…die kiem van mortaliteit…selfs my getroude vriendinne beheen my met agterdog as hul mans my net te jammer kry….Are you serious mev?  Kry ‘n lewe asb….

Dis seker my eksentrieke ma se skuld dat ek begraafplase nog altyd as mooi parke gesien het….Toe ek klein was het ons soms gaan piekniek hou met ‘n mandjie in ou begraafplase…Ons het foto’s geneem van antieke marmer engele en stories opgemaak van mense se lief en leed wat ‘n eeu gelede geleef het…en vir vyf jaar as tiener, het ek een keer per jaar (op ‘n koue wintersoggend as die yl sonnetjie oor die Vrystaatste vlakte opkom) buite Bloemfontein gaan kranse le op Emily Hobhouse se graf om dankie te se vir wat sy vir al die vrouens en kinders gedoen het in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere oorlog…

Tydens my pelgrimstog deur Europa was ek verstom oor die begraafplaas-parke met die mooiste blomme en tuinier op sy pos…want hier in my eie land is begraafplase ‘n baie hartseer storie….ons is so allergies vir die dooies wat daar rus….dat ons die arme siele daar plant onder ‘n ses duim marmer praalgraf sodat hulle tog netnie by ons kom spook nie…

En so kom ons by my eie dilemma van ‘n klein tien sentimeter houtboksie wat ek liefderik orals met my saamneem op vakansies (skelm)…Vir kersfees het ek my man se naam en geboorte en sterfdag daarop uitgekerf met my houtsnee messies…want sien, netnou maak ek ‘n ongeluk en dan weet niemand wie is daar binne-in nie?

Verlede sondagaand (toe ek nie eens kerk toe was nie omdat ek so moeg was vir al die gejubel en trompetgeskal) het ek grafskending gepleeg om sy kissie met een van sy eie tools oop te skroef en gefassineerd na sy fyn gebeendere te staar…ashes to ashes….

Om argeoloog te wees is toe gladnie so romanties as wat ek as kind gedink het nie…sorry oom Tuthenkamen…

Toe ek dit vandag vir Ant Raaitjie (die cleaner) by die skool vertel wat ook soms haar man se graf besoek…het sy my vertel sy dink dis tyd dat ek ‘n gaatjie by daai muur van die witmense se kerk gaan koop….

Ek het gelag en vir haar gevra : “Soos ‘n posbus Ant Raaitjie?”  Ja my kind….nes ‘n posbus…

Profile photo of maraja

by maraja

The Agony and the Ecstacy….

March 3, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

The Agony and the Ecstacy….

“Is aardse geluk ons dan nie beskore nie Ma?”….het ek gehuil-vra by my arme ma in die diep donker nag van my man se dood….My dierbare ma wat altyd met ‘n wyse woord of ‘n kwinkslag of twee gewapen is….was daardie nag egter ontwapen van woorde…. en ook stil-stom van skok…

My hart is al jare besig om ryp te word…maar het letterlik oop…. gebreek…. verlede jaar soos ‘n ryp granaat…en soos enigiemand wat Biologie op skool gehad het weet…kom groei in die natuur saam met geweldige meegaande pyn…Is die simboliese blom en woord bloei-sel dan nie ‘n pragtige voorbeeld daarvan nie?

Van skooldae af was ek aangetrokke tot Van Gogh se lewensverhaal, kwashale en kleurgebruik…en het die jaar na matriek al my jeugkunswerke verkoop om genoeg geld vir ‘n vliegtuigkaartjie na Amsterdam bymekaar te skraap sodat ek sy werk in lewende lywe kon sien….En daar staan ek toe…minder as ‘n meter van hierdie man wat ‘n eeu voor my geboorte geleef het…en wat ek gesien het…het my totaal verstom…

“Hoe kon iemand…wat so swaar gely het in sy lewe…die wereld om hom so mooi en kleurvol verbeeld?”…het ek by myself gewonder…

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was wou ek met Jesus “trou”….Wou selfs op ‘n keer ‘n Bybel vir my verjaarsdag he…en toe ek die klavier begin bemeester het…was ‘n gesangenpsalm boek my volgende versoek….Soos Van Gogh was Jesus ook vir my ‘n voorbeeld van “ a Man of Sorrows”…’n alleenloper wat deur ‘n ander bril na die wereld om hom gekyk het…en die meeste van die tyd nie verstaan is deur sy tydgenote nie…en hulle heeltemal te lief gehad het vir sy eie beswil….Ek het heel braaf vir my familie vertel ek gaan ‘n non word…maar nadat ek gesien het dat nonne eintlik klein, verrumpelde, vaal ou engelse tannies met blou of grys rokkies aan was…het ek stilweg gehoop almal het vergeet van my kinder droom…

Ek het lekker vir myself gelag toe ek laasweek  vir die dominee (30 jaar later) my nuwe ring aan my trouvinger wys en verklaar…ek is nou met God getroud…hy moenie oor my worry nie…(hy worry seker nou eers…en dink seker eks nou heeltemaal van my trollie af…)

My melancholiese middelboetie vra my ook noudiedag vies :  “Hoekom moet jy altyd so deksels happy wees?  Jy het oorgenoeg om oor sad te wees?”  “Ek het soveel om voor dankbaar te wees”…het ek hom geantwoord….

Hy noem my nou deesdae “Jesus se sonstraaltjie”…en ek weet nie of dit sarkasties is of nie….but who cares?  Ek kan nie anders as om blymoedig te bly nie…en sien die snaaks…die mooi…en die ironie…. oral om my rond…

maar tog…ook netsoveel die pyn….die lyding…en die hartseer…(en ek blameer stilweg die ryp granaatpitte hiervoor… want le hulle nie nou my hele wereld vol nie?)

Dis vir my baie baie moeilik om deur die vensters van die mense om my se oe te kyk…want ek sien die pyn en hartseer vlak daaragter le…en wat moet ek met hierdie nuwe skill van my doen?  Dit het my baie gepla…maar na hierdie week by die skool waar ek by die gedenkdiens van een van ons leerlinge moes praat…het ek eindelik verstaan wat my ma jare lede vir my gese het toe ek haar tydens een of ander eksistensiele krisis gevra het hoekom ons op aarde is…

”Om goed te wees vir ander… my kind….”

Ek kon nie toe my vinger daarop plaas nie…maar vanoggend…oppad skool toe…het die trane oor my wange gerol toe ek eindelik na meer as 20 jaar besef wat Van Gogh vir my deur sy kuns soveel jare gelede gewys het…die klimaks en kontras van die lewe….die agony en die ecstacy daarvan….en ook die ironie…

want ek het nie meer gehuil omdat ek so hartseer was nie, maar omdat ek so gelukkig was…hier….op aarde….