Profile photo of maraja

by

Huis is….waar die Hart is….

February 13, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Huis is…..waar die Hart is….

Iemand vra my die ander dag hoe dit gevoel het om my man een sonnige, Dinsdag middag…in die Herfs van laasjaar…te verloor….Gevoelloos? Dalk…..maar ook wonderlik terapeuties….om ‘n mens se gevoelswereld so in woorde te kan uitdruk….

“Hy’t net oorboord gebliksem!”…..het ek gelag tussen die trane deur….”en nou sit ek sonder ‘n kaptein…op ‘n klein roeibootjie met een spaan, die twee kleintjies op ‘n klein bankie agter my…en roei verbete…al-al in die rondte!”….want hoe anders beskryf mens die gevoel om jou man, die een wat jy blindelings gevolg het deur dik en dun (die hele Suid-Afrika vol), sommerso….binne sekondes te “verloor” aan ‘n hartaanval?

Ek het lank…..lank….. gestaar oor die kant van ons roeibootjie….na die bloep-bloep van klein borreltjies op die oppervlak….soos hy na die donker dieptes na benede gesink het….en ook gewens ek kon agterna spring….met die twee kleintjies in my arms….no jokes….die einde sou vinnig kom…en ons sou ewig by mekaar wees…. in ons watergraf…

Kan mens iemand so lief he? Ja….mens kan….Hierdie man was my Petrus…..my rots van Gibralter…die veilige hawe vir my eens dobberende roeibootjie met verwese seile van so lank gelede…Ek het soms geskrik vir myself en my totale liefdemetoorgawe vir hom….Ek sou enigiets vir hom doen….Gevaarlik? O ja…..baie…. Sonde? Miskien….Ek besef vandag, na amper nege maande waarin ek weer moes geboorte gee aan my ou self, dat ek myself totaal prysgegee het in die vyf jaar van my huwelik. Wie is ek nouweer? Waarvan hou ek? Wat eet ek? Watter musiek luister ek na? Ensovoorts…ensovoorts…..My geboorte aan myself het met baie groeipyne gekom….

Dit was twee weke gelede my verjaarsdag…en ek wou dit nie vier nie…Hoe kon ek gelukkig wees en aangaan met my lewe….en kersies doodblaas….en ouer word as wat hy was….sonder om skuldig te voel? Ek het die heeldag in my pers kamerjas gebly en in die huis rondgespook met ‘n lang gesig….die arme kleintjies…en toe….sommerso…..vanself….het my roeibootjie losgeruk tussen die rotse…. waar onsdrietjies al die afgelope paar maande gestrand was op ‘n onbekende eiland….die gety het begin inkom (seker oor al die dae en nagte se trane wat ek in die see ingeween het)….en daar gaan ons….so braaf…die oseaan van die lewe in!

Vir die eerste keer in amper ‘n jaar bly onsdrie in ons eie klein plekkie en is ons nie meer aangewese op die goedheid (lekker is mos maar net ‘n vinger lank?) van ander nie….

Ek het selfs my van laat verander en ‘n ou ring laat groter maak vir my ringvinger wat so kaal gevoel het…..Ek is nou “getroud”….nie meer met Rugby nie…..maar met myself….‘n laat verjaarsdag geskenk aan myself….

En al het sussie gevra of pappa vir ons wag in ons nuwe huis….weet ek dat sy foto’s aan die mure hom naby haar hart sal hou…want dis waar die ware Huis is….digby die Hart….

IMG00931-20131101-1036

4 responses to Huis is….waar die Hart is….

  1. As jy ophou met daai stem in jou kop praat gaan jy opgee .Praat ,dink,skryf,vertel,doen . Leer daai klein mensies span vas hou en roei

    • dankie vir jou ondersteuning liewe Freek….ek mis hom verskriklik hoor?
      hy het my elke dag laat lag….selfs in die swaarkry….x

  2. Dit is so n goeie beskrywing van daardie gebeure en gevoelens wanneer jy weer begin lewe kry en besef hoeveel jy eintlik verander het! Dit is eintlik skokkend om dit te besef en om weer jou “ou” voete te vind! Dankie Maraja..jyt my ver teruggeneem in my eie verlede. Baie goed geskryf!

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *