You are browsing the archive for 2016 December.

Profile photo of maraja

by maraja

Engele om ons…

December 28, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Engele om ons….

Kom ek vertel jou van engele….want dis weer Krismis…..en met al die geglitter van kersfeesliggies word ons so maklik verblind deur al die JingleBells wat ons in winkels en huise aantref….Een ding weet ek verseker….daardie engeltjies wat selfs aan my eie groen plastiekboom hang….is slegs vir versiering….

Ons almal smag so om regte engele te sien…en vandat Touched by an Angel op TV soveel maal ge re run is….glo ons dat daar 3 engele om ons is met Amerikaanse aksente en gemake up en gemanicured to the teeth….maar ek weet dit is nie so nie, want ek het al tweemaal in my lewe ‘n engel gesien….Jy dink seker eks stapelgek….whatever….maar ek weet vandag hulle lyk nie soos die prentjies in die kinderbybel nie….

Die eerste keer was ek baie baie siek….en het ‘n hoe koors gehad….en ‘n engel het langs my op die bed kom sit en sy/haar hand saggies op my natgeswete voorkop gesit…ek het in ‘n diepe slaap geval….en ure later (sonder enige koors) wou ek by my huismaats weet wie die besoeker was? Hulle het my snaaks aangekyk….en my meegedeel daar was niemand nie….

Die tweede keer was baie baie meer dramaties…Ek was weereens liggaamlik gebroke…maar eintlik geestelik ook…met ‘n ernstige knie operasie in die vooruitsig….ek was diep in gebed met ‘n paar ander siele om my….en toe gebeur dit….Ewe skielik het iemand langs my gestaan….en ek sal nooit ooit die verblindende lig en liefde vergeet wat hy/sy uitgestraal het nie…dit was oorweldigend….Ek kon nie bepaal of dit ‘n hy of sy was nie…miskien was hy/sy beide? Hy/sy het ‘n wit kleed aangehad met iets wat agter sy/haar rug afgehang het…en hy/sy was een en ‘n halwe mens lank….wow…en dit alles het ek met toe oe gesien! Maar die mees wonderlikste en ook ongelooflikste ding was wat volgende gebeur het…Hy/sy het sy hand op my kop gesit….en ‘n kragtige elektriese stroom het deur my linkerkant geskiet….van kop tot toon….en my seer knie het saamgetrek met ‘n bo menslike krag….en toe was dit weg….en ja…ongelowige Thomas…my knie was genees…Kyk, vir iemand wat al ‘n hele paar kere met ‘n elektriese kragdraad haar Moses teegekom het, kan ek jou verseker dit was iets heeltemal anders….Ek het hierdie storie nog net met ‘n paar kundig uitgesoekte mense gedeel…en die reaksies wissel van….”Jy’t jouself genees”….”Jy’t jouself verbeel”…of… “Hoe sterk was die medikasie wat jy geneem het?” Ek voel vere….ek weet wat ek weet…en niks of niemand kan dit van my wegneem…of die knie operasie wat ek toe nooit gehad het nie…

Maar dit bring my by die werklike engele….daardie alledaagses wat ons so vanselfsprekend neem….maar soos die duiwel self….is hulle almal gevalle engele….net menslik… met baie foute van hul eie….en virseker met voete van klei…

Sommiges is vir ‘n baie lang tyd in jou lewe (soos ‘n dierbare pa of ma) ander kan dalk tel onder soutvandieaarde en sewesakkesout staatmaker vriende of vriendinne….
Dalk tel iemand jou langs die pad op om ‘n klein entjie op jou lewensreis jou te vergesel…en jou te seen met hul liefde en lewenswysheid…en as hulle die dag jou weer alleen los (soos my dearly departed man)…is dit moeilik om nie soos ‘n klein kindjie te huil, te sanik of in selfbejammering te verval nie….Just move on…en koester die mooi herrinneringe van ‘n engel op jou pad…

En laastens…. is daar die totaal vreemde Samaritane op ‘n mens se pad wat sonder eer of belonging ‘n klip uit jou pad sal rol…soos die vier mans van Graaff Reinet wat verlede week op ‘n snikhete middag moeiteloos en kosteloos…geswoeg en gesweet het vir meer as twee uur… om my motor weer padwaardig te maak….net sodat ek en die kleintjies Krismis op Colesberg by my ma kon wees….

en dit….. is beslis….meer bybels…. as enige plastiekboom of madeinchina engeltjie vir my….

Profile photo of maraja

by maraja

Soos ‘n Dief in die Nag…

December 12, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Soos ‘n Dief in die Nag….

Ek het altyd gewonder hoe mense nou juis hulle selfone “verloor”….en het dit afgelag (maar nooit in die storieverteller se gesig self nie)…as ‘n geval van “verstrooidgeid”….en by myself gedink…jip…jy verdien om dit te verloor as jy nie jou goed mooi oppas nie….en miskien het jy dit dalk te maklik gekry in die eerste plek?

Ek is seker elkeen van ons ken daardie yskoue water in die gesig gevoel van…..”Ek weet ek dit nounet hier neergesit…maar nou’s dit nie meer hier nie?” Dis ‘n terrible gewaarwording… nogmeerso as jy hard vir iets gewerk het…..en iemand het jou kom “liberate” daarvan….So het ek as student een vakansie hard gewerk om genoeg geld te spaar om vir my ‘n paar goeie boots (om universiteit toe te loop elke dag) te koop….dit was skaars aan my voete….toe is dit gesteel…So ook my grootwordjare se dikwielfiets….wat een nag uit my studentehuis gesteel is….Toe ek dit die volgende oggend by die polisiekantoor wou gaan aanmeld….wou die verveelde polisieman weet hoekom ek (wat so ‘n oulike meisie is) dan nie ‘n boyfriend het om my te beskerm in die nag nie….ek het die saak net daar gelos….en in trane uitgestorm….sexual harassment en diefstal in een dag was net een te veel….

Ek haat unsolved mysteries…..en hou nie van my goed soek nie…Die goue reel vir my is….soos Juf. Delport altyd verklaar het as ons by haar tafel gaan staan het : ”Vra is vry….en weier daarby” …Ek gee dit met liefde, of maak ‘n ander plan, maar my hart is al soveel maal gebreek deur ‘n oulike skoonmaakmeisie of vriendin….wat ek met my karige aardse besittingkies toevertrou….en dan ons vriendskap en besitting in dieselfde asem verloor het….

Ek was nog nooit die tipe “material girl” nie….maar kyk….as jy my kwaste of verf steel….(soos my jongste closet-artist boetie gereeld doen) dan steel ek dit terug….dis my tools of my trade sien….en ek gebruik dit….Boeke is weer anders…amper soos skoolhandboeke…hou ek daarvan om dit te leen of uit te deel…en as jy joune nie lees of gebruik nie….gaan ek dit doen…ek sien die wereld van boeke soos ‘n groot biblioteek….boeke moet tog gelees word en kennis moet gedeel word….nie waar nie? Ek was nog nooit hartseer as my boeke verdwyn het nie, want ek weet…iewers….erens….is iemand besig om kennis op te doen…en dit bring my gemoedsrus…..en groot plesier….

Ek sit die ander dag vir die eerste keer in my lewe om ‘n ronde tafel tussen ‘n groep wildvreemde mense…met ‘n paar boeke (Bybels) tussen ons. As icebreaker moes ons op die ry afgaan en vertel van hoe en waar ons al ‘n kosbare besitting verloor het….wel….daar was stories van vermiste katte….en kosbare ge-erfde kettingkies en ook ‘n motor wat een Vrydagnag buite die dorp afgeskryf is…..en toe’s dit my beurt…

Ek het begin vertel van hoe ek die afgelope jaar al my aardse besittings verloor het….hoe erg dit was om al die mooi goedjies wat ek oor die jare versamel het agter te los…of te verkoop sodat ek die pad huis toe kon vind een oggend om 3uur…..
Ek het soos Lot se Vrou vir myself gese: “Moenie omkyk nie….Alles wat belangrik en kosbaar is…. is vannag saam met jou in hierdie motor….die res is net aards”

Daar was my man langs my….die twee kleintjies veilig in hul karstoeltjies agter my….ons nuwe klein katjie wat slaap tussen hulle….en die twee familiehonde in die oop boot heelagter….

Maar wat ek nie besef het daardie oggend nie….was dat die doodsengel soos ‘n dief in die nag….my toe ook sou kom beroof van een van hierdie kosbare skatte van my…..

…..en die blink oe om die ronde tafel….het my speechless aangestaar….want nie een van hulle het geweet waarvan ek praat nie….

Profile photo of maraja

by maraja

‘n Mens is ‘n Mens deur ander Mense….

December 1, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

‘n Mens is ‘n Mens deur ander Mense…

Ek het die voorreg om al vir 6 jaar skool te gee…Ek leer swart kinders meer van my taal en probeer vir hulle ‘n liefde daarvoor kweek….maar ek kon net sowel vir hulle Grieks of Latyns gegee het, want wat in die klaskamer daagliks gebeur het niks te doen met Afrikaans nie….

Ek het…..(met my vooropgestelde idees) ….gedink ek is daar om vir hulle iets te leer….maar vandag besef ek….ek is eintlik die een wat daagliks by hulle leer…Ook is dit dieselfde met my twee dogtertjies….as baba’s het ek hulle versorg en weg probeer hou van die wreedhede van die wereld, maar soos hulle groter word en groei, is hulle besig om my te lei op ‘n onbekende en wonderlike pad vol nuwe ontdekkings….al wat ek kan doen is om hulle te volg met doeksak (gepak met bottels, dummies en rooibostee) byderhand….ek moet darem aan iets veiligs vasklou sien? Dis ‘n onbekende maanlandskap wat ons betree het….en vandat hul pa oorlede is…voel dit of ons veilige ruimteskip daarmee heen is….maar waar ek alleen sit en tob en huil oor dit wat was….por die twee klein ruimtereisigers my aan om op te staan en saam met hulle ons nuwe wereld en lewe aan te durf…om sonder enige vrese die toekoms oop oe tegemoet te hardloop….want dis wat die tweetjies doen…elke liewe oggend….is daar ‘n nuwe avontuur wat wag…

Hulle behandel almal (vriende of vreemdes) met dieselfde opgewonde groet: “Hallo!”…maak nie saak wat hul velkleur is nie….elke klein mensie op ons pad is ‘n “maatjie”….Selfs grootmense word beskou as “maatjies” wat slim is….hulle het mos al geleef en het lewenswysheid? Hulle het geen idee van ryk of arm, swart of wit nie….en soos The Little Prince….het jy die potensiaal om vir hulle iets wonderliks te wys of te leer….en dit kan geen geld koop nie….

Net so het ek al geleer by die swart kinders in my klas van Ubuntu….almal kry ‘n gelyke kans in my klas…maak nie saak wat jou talente of tekortkominge is nie….jy is ‘n mens en jou insig of tekort daaraan het ‘n plek in hierdie wereld…Die meeste van hulle kom daagliks skool toe op ‘n groot, stokou bus….Hulle staan douvoordag op en stroom uit piepklein huisies deur verlate modderstrate om by ‘n busstop te wag vir die dag….om na my klas te kom….en dis hier waar ons stories uitruil….Ek is nooiooit kwaad as hulle nie hul huiswerk gedoen het nie, want die meeste meisies moet huisskoonmaak as hulle tuis kom…na klein sussies of boeties kyk….en dalk nog ook aandete voorberei….Ons het eenkeer lekker gesels oor die tegniek van die perfekte vetkoek maak (in Afrikaans)….en ek het tot vandag die aantekeninge erens in ‘n dagboekie van my…

Dan is daar die ware vergewings gesindheid wat ek by hulle geleer het….en as ek so na ons politici en president kyk…..verstaan ek waar dit vandaan kom…In my eie kultuur vind ek dit nie….Ons kan so maklik iemand beskuldig nogvoor hy of sy skuldig bevind is en voel so maklik ingedoen deur familie of ‘n vriend…maar in my klas smeek die kinders gewoonlik om iemand nog ‘n kans te gee….en dan luister ek….hoekom dan nie?

Die afgelope winter het ek een nag deur die trane gewens dat ek eerder ‘n Xhosa vrou was, want ek weet hoe word weduwees bygestaan deur ouma’s, susters en tantes….Ek het so alleen gevoel in my rou…en daar was niemand in my familie wat kon of wou handbysit met die twee kleintjies nie….Ek het selfs ‘n keer of twee by die Kinderhuis op ons dorp (ek weet…ek is gladnie trots daarop nie) verbygery…..en gewens ek kon hulle daar aflaai….net vir ‘n rukkie…totdat ek meer stabiel begin voel het….

My ma se ek moenie worry nie….. “In die Bybel staan daar die Here kyk na weduwees en weeskinders….” and I suppose sy het ‘n punt beet….want as ek so terugkyk na die 6 maande wat agter my le….was dit ‘n wonderlike reis…vol onverwagse verrassings….met nuwe vriende bygemaak…ou vriende weer opgespoor….en sekere dooie familietakke totaal afgesaag van my familieboom….

En dit laat my wonder…..is bloed werklik dikker as water?