Profile photo of maraja

by

Huis…..paleis…..pandok….

November 21, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Huis….Paleis…..Pandok….

“Ek leef nou al vir die afgelope jaar uit my suitcase….” verklaar ek aan ‘n vreemdeling in die verbygaan noudie dag….en ek kon die skok en ongeloof (selfs bejammering) in haar oe sien toe ek hierdie statement maak….Mense in hul gemaksones vind dit moeilik om hulself in hierdie situasie in te dink….en ek neem hul gladnie kwalik nie….maar ek het al in vele verskillende variasies van huise gewoon. Van gewone huise…tot ‘n paleis…’n pandok of twee…en selfs eenmaal….in ‘n varkhok….

Ek was pas terug van my pelgrimsreis na Amsterdam om Van Gogh se werke in lewende lywe te sien….en ingeskryf by ‘n vooraanstaande universiteit om vir vier jaar die tegniek van verf te bemeester. Ek het verblyf vir die jaar gesoek en was vreeslik opgewonde toe ek (as arm student…met ‘n lening of twee) afkom op ‘n sink kamer in iemand se tuin. Hoe romanties….het ek gedink…om soos Van Gogh van ouds…te suffer in silence vir my kuns? Groot was my ontnugtering toe ek my eerste Oos-Kaapse winter in ‘n sink shack amper verkluim het op ‘n sementvloer met kartonmure en rotte op die dak….
Maar dit gee my ook vandag die insig en empatie vir my mede landsburgers wat geen ander keuse het nie…

As museumbaba het ek in huise grootgeword in die Kaap wat altyd ten minste 150 jaar oud moes wees (my ma hou van die ambiance sien) en met krakende plankvloere, skreuende skarniere en voetstappe op menigte solder….het ek ‘n gesonde verbeelding gekweek vir die geesteswereld….ek verkies daarom vandag om in moderne baksteenhuise te woon met minder…..kom ons se maar….geskiedenis?
Die mees ongemaklikste wonings waarin ek al gewoon het….is die wat deurgaan as paleise….Hulle is heeltemal te klinies vir my….met te veel glas, teels en wit handdoeke….jy kan nooit ooit relax nie….High maintenance is definitief nie vir my nie….

En die plekke wat ek al die meeste omgekrap het…was in my ma se huis….sy’s mos jou ma, nie waar nie? Sy sal jou tog vergewe….sy’t jou tog help skape? So verklaar huismaat Madeleine vroeer die jaar toe sy verby my oop kamerdeur loop (wat bytheway ook eers my ma se sitkamer was)….”Liewe hemel, Maraja, jou kamer lyk soos ‘n Siriese Vlugtelingskamp!”….Ek het my kop agteroor gegooi en heerlik uit my maag gelag….Wat ‘n wonderlike kompliment sien?
Tot op daardie stadium was ek so skaam vir al die kleintjies se speelgoed en klere en wasgoed en my man se tools en my verwe, kwaste, canvasse, en en en…..(plus twee honde en een kat) wat in een kamer ingeprop was (ons was huisloos en werkloos sien)….maar om in ‘n Siriese Vlugtelingskamp te woon was tog net soveel meer romantieser, dink jy nie?
Dit het my ook onwillekeurig laat terugdink aan my kleintyd…..toe liewe Santjie van Montagu… een maandagoggend vroeg in my ma se slaapkamerdeur doodstil gaan staan het….(seker van skok)….gekyk het na al die klere en artikels op en oor die koperbed en vloer…..en hard en duidelik verklaar het….”Nee Jimmel mies Blackie….hierdie kamer lyk vanoggend dan nes ‘n uitgespanne ossewa!”….Ons het jare daarna nog gelag oor die uitdrukking…en ook my ma se kamer wat met tyd net meer uitgerafel het…(daar slaap deesdae selfs ‘n klein hennetjie op haar kopkussing…)

Maar anders as my ouers en drie broers, het ek nog nooit ‘n huis besit nie….Ek hou al vir meer as 20 jaar ander mense se tuine in stand en betaal hul huislenings af….As ek soggens verby die nuutgeboude hophuisies ry oppad skool toe….wonder ek by myself of dit lekker is om jou eie voordeursleutel te besit?

My ouma Dolly se klein huisie in Stockenstroomstraat 10….met die rooi malva’s in blombakke (waarop sy so trots was) staan al die afgelope 10 jaar leeg, omdat die familie baklei oor wie daar mag woon…Ek het verlede maand deur Colesberg gery en met my twee dogtertjies gaan staan voor ouma se pophuisie waarvan die verf nie meer wit is nie…..die blomme nou dood…. en die onkruid wat ongetem in krake en geute floreer…..

Met ‘n klein handjie in elke hand, het ek voor hul oumagrootjie se huis gestaan…(en met warm trane wat oor my wange loop)….het ek gedink…maak ons aardse huisvestings regtig saak?

2 responses to Huis…..paleis…..pandok….

  1. Jislaaik Maraja, ek salueer jou! “…maak ons aardse huisvestings regtig saak?” Dit behoort nooit regtig aan ons nie. Koos du Plessis stel dit so mooi in sy gebed “…wat ek het is net geleen”. Jy praat van huise, maar het jy al beleef hoe mense deesdae selfs op glamping trips gaan? Van mikrogolf tot thermomix tot elektriese ketel word saamgery kamp toe. Wanneer ek die ou Hart ketel uithaal (wat met staalwol blink geskuur is) en dit op die kole sit, kom soveel dinge rondom my tot stilstand, kry ek ook kans om bietjie asem te skep. Wat is kamp anders as om te gaan ontspan? Die lewe het vir soveel mense ‘n kompetisie geword. Maak ons aardse huisvestings en selfs besittings regtig saak?

    • lol…..eks bly jy sien ook al die sadness om jou raak liewe Sorhia….die mensdom….het werklik dom geword…is geld werklik te blameer…of het ons dit net veel makliker as ons voorvaders en moeders?

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *