You are browsing the archive for 2016 November.

Profile photo of maraja

by maraja

Huis…..paleis…..pandok….

November 21, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Huis….Paleis…..Pandok….

“Ek leef nou al vir die afgelope jaar uit my suitcase….” verklaar ek aan ‘n vreemdeling in die verbygaan noudie dag….en ek kon die skok en ongeloof (selfs bejammering) in haar oe sien toe ek hierdie statement maak….Mense in hul gemaksones vind dit moeilik om hulself in hierdie situasie in te dink….en ek neem hul gladnie kwalik nie….maar ek het al in vele verskillende variasies van huise gewoon. Van gewone huise…tot ‘n paleis…’n pandok of twee…en selfs eenmaal….in ‘n varkhok….

Ek was pas terug van my pelgrimsreis na Amsterdam om Van Gogh se werke in lewende lywe te sien….en ingeskryf by ‘n vooraanstaande universiteit om vir vier jaar die tegniek van verf te bemeester. Ek het verblyf vir die jaar gesoek en was vreeslik opgewonde toe ek (as arm student…met ‘n lening of twee) afkom op ‘n sink kamer in iemand se tuin. Hoe romanties….het ek gedink…om soos Van Gogh van ouds…te suffer in silence vir my kuns? Groot was my ontnugtering toe ek my eerste Oos-Kaapse winter in ‘n sink shack amper verkluim het op ‘n sementvloer met kartonmure en rotte op die dak….
Maar dit gee my ook vandag die insig en empatie vir my mede landsburgers wat geen ander keuse het nie…

As museumbaba het ek in huise grootgeword in die Kaap wat altyd ten minste 150 jaar oud moes wees (my ma hou van die ambiance sien) en met krakende plankvloere, skreuende skarniere en voetstappe op menigte solder….het ek ‘n gesonde verbeelding gekweek vir die geesteswereld….ek verkies daarom vandag om in moderne baksteenhuise te woon met minder…..kom ons se maar….geskiedenis?
Die mees ongemaklikste wonings waarin ek al gewoon het….is die wat deurgaan as paleise….Hulle is heeltemal te klinies vir my….met te veel glas, teels en wit handdoeke….jy kan nooit ooit relax nie….High maintenance is definitief nie vir my nie….

En die plekke wat ek al die meeste omgekrap het…was in my ma se huis….sy’s mos jou ma, nie waar nie? Sy sal jou tog vergewe….sy’t jou tog help skape? So verklaar huismaat Madeleine vroeer die jaar toe sy verby my oop kamerdeur loop (wat bytheway ook eers my ma se sitkamer was)….”Liewe hemel, Maraja, jou kamer lyk soos ‘n Siriese Vlugtelingskamp!”….Ek het my kop agteroor gegooi en heerlik uit my maag gelag….Wat ‘n wonderlike kompliment sien?
Tot op daardie stadium was ek so skaam vir al die kleintjies se speelgoed en klere en wasgoed en my man se tools en my verwe, kwaste, canvasse, en en en…..(plus twee honde en een kat) wat in een kamer ingeprop was (ons was huisloos en werkloos sien)….maar om in ‘n Siriese Vlugtelingskamp te woon was tog net soveel meer romantieser, dink jy nie?
Dit het my ook onwillekeurig laat terugdink aan my kleintyd…..toe liewe Santjie van Montagu… een maandagoggend vroeg in my ma se slaapkamerdeur doodstil gaan staan het….(seker van skok)….gekyk het na al die klere en artikels op en oor die koperbed en vloer…..en hard en duidelik verklaar het….”Nee Jimmel mies Blackie….hierdie kamer lyk vanoggend dan nes ‘n uitgespanne ossewa!”….Ons het jare daarna nog gelag oor die uitdrukking…en ook my ma se kamer wat met tyd net meer uitgerafel het…(daar slaap deesdae selfs ‘n klein hennetjie op haar kopkussing…)

Maar anders as my ouers en drie broers, het ek nog nooit ‘n huis besit nie….Ek hou al vir meer as 20 jaar ander mense se tuine in stand en betaal hul huislenings af….As ek soggens verby die nuutgeboude hophuisies ry oppad skool toe….wonder ek by myself of dit lekker is om jou eie voordeursleutel te besit?

My ouma Dolly se klein huisie in Stockenstroomstraat 10….met die rooi malva’s in blombakke (waarop sy so trots was) staan al die afgelope 10 jaar leeg, omdat die familie baklei oor wie daar mag woon…Ek het verlede maand deur Colesberg gery en met my twee dogtertjies gaan staan voor ouma se pophuisie waarvan die verf nie meer wit is nie…..die blomme nou dood…. en die onkruid wat ongetem in krake en geute floreer…..

Met ‘n klein handjie in elke hand, het ek voor hul oumagrootjie se huis gestaan…(en met warm trane wat oor my wange loop)….het ek gedink…maak ons aardse huisvestings regtig saak?

Profile photo of maraja

by maraja

Pa, maak vir my ‘n Vlieer Pa…..

November 6, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Pa, maak vir my ‘n Vlieer Pa.….

Sussie karring al die heel week aan my en konfronteer my om elke hoekendraai (selfs tussen die skoon en rein wasgoed wat ek ingedagte besig is om op te hang) met die terrible reffrein: “My dad is gone….” Nog erger is die groot bruin oe so reg uit ‘n Dickens boek (”Please sir…can I have some more?”) wat met ‘n groot vraagteken opstaar na my…..Waar het sy dit gehoor? Verstaan sy die impak van haar woorde…..en dat sy besig is om my brose gemoedstoestand weg te kalwe?

Maar dit het my ook aan die dink gesit….en ek het met ‘n skok besef dat ek en hierdie kleine dogtertjie van net 4 ook iets in gemeen het…ons albei se pa’s is oorlede. En daar is baie dogters soos ons daarbuite…Pa-loos en verwese. Sekeres van ons is geseend om pa’s vir baie jare te he….ander weer nie….en dan is daar die (soos ek) wie se pa wel in die huis was, maar wat afwesig was…..Ek het kleintyd al besef dat wat ek van my pa verlang, hy nie vir my kon bied nie….om gekoester te word….en het dus besluit om hom maar te koester, want ek het dit nodig gehad sien? Na skool het ek ver gereis (na Europa, om presies te wees) om my pa se jongste boetie te gaan opsoek, omdat hy glo my peetpa was. Hy was baie benoud oor al my verwagtinge en het my gemaan om hom nie op ‘n pedistel te sit nie….wel, ek het….en wat kan ek se….hy het toe ook daar afgeval…en praat nou nie eers mee met my nie….siestog…

In my familie leef die mans nie baie lank nie en join almal die Dearly Departed Club hier skuins na sestig. Hoekom? Ek vermoed hulle leef te hard in hul twintigs….en van hul middeljare is dit net afraende pad….(ek hoop heimlik my drie ouer boeties spring hierdie kommerwekkende statisteik vry…)

So het ek ‘n paar jaar gelede ‘n heerlike feesmaal op Vadersdag voorberei….en tussen al die genooide gaste (wat kinders en vrouens ingesluit het) was daar net een pa. Ek het hom ‘n ereplek aan die kop van die tafel aangebied en nadat hy vir ons ‘n tafelgebed (ek weet, erg Calvinisties van my) gedoen het…het ek my glas gelig en ‘n heildronk op hom as vader gemaak, want ek het besef dat hy amper soos die renosters van Afrika ‘n bedreigde spesie geword het…

Ja, ek weet nie alle pa’s is soos liewe Jesus van die Kinderbybel nie, maar ek het gesien hoe my eie man met die geboorte van ons twee dogtertjies verander het van Tuff Puppy…tot Groot Teddy…dis iets wonderliks om te aanskou. En al maak hul soms foute as hul moeg en dalk humeurig na ‘n lang dag by die werk huis toe kom….moet ons onthou dat ons wat ma’s is ook nie perfek is nie…..en nie al die gaatjies in ‘n kind se hart kan vul nie…

By die skool waar ek klasgee is daar soms ‘n weeskind of twee en ek het al meer as een pouse met hulle op ‘n bankie gesit en vertel hoe ‘n mens vaderfigure in jou lewe moet soek na wie jy kan opkyk en koester…want om ‘n pa in jou lewe te he is ‘n anker vir jou lewensbootjie se reis…
So tel ek tot vandag toe nie ‘n ryloper langs die pad op nie, want my pa het my laat belowe (die dag toe ek my rybewys gekry het) dat ek nooitooitooit dit sal doen nie, want ek as meisiealleen op die pad is nooitooitooit veilig nie (miskien het Allison met die afgesnyde keel se pa dalk vergeet om haar die belofte te laat afle?)

Vandag het ek gekyk hoe sussie op kleinsus se eerste pa-lose versjaarsdagpartytjie soos Goue Lokkies op drie verskillende mans se skote openaf geklouter het….totdat sy die regte een gevind het….en al was haar eie “dad gone…” was ek bly vir haar, want ek het geweet sy sal wel haar eie ankers vind in al die pa-figure om haar….nes haar eie ma soveel jare gelede…