Profile photo of maraja

by

Dis heerlike Lente…..

September 19, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Dis heerlike Lente….

Die soet reuk van Jasmyn hang alweer in die lug…..en ek assosieer dit van kleintyd met die liedjie….”Dis heerlike lente….die winter’s verby…..weer nodig die somer……vir jou en vir my!”

Ons het ‘n motorhek gehad (kleintyd) wat met die begin van die lente nie meer kon toemaak agv die swaar trosse Jasmynblomme wat daaraan gehang het nie…..amper so swaar soos die dik, soet reuk van die Jasmynblomme self…..soos ‘n bruid het die hek ook ‘n groot wit sluier gehad… wat dramaties op die grond gesleep het elke keer as ons dit oop of toe gemaak het…

Almal in ons huis se neuse was toegeswel van lentesinus….maar myne het die soet reuk van nuwe lewe en nuwe hoop ingedrink….

My heel eerste lentedag by die skool het bestaan uit ‘n secret admirer se whispers of sweet nothings….en ook ‘n klein bossie Jasmyn….sorgvuldig toegedraai in ‘n nat tissue en foelie (sekerlik deur sy ma) sodat dit heeldag kon lewe…..

My universiteitsdae op Grahamstad was dieselfde….lente het gekom met die reuk van soet Jasmyn en liefde…..in die lug…. Winter in die Oos-Kaap was ‘n deksels koue besigheid….met dik kouse, stewels, wol jasse en musse…..maar Jasmyn het ‘n hedonistiese, sorgvrye tydperk ingelei….jaarliks

Dis alweer lente…..my ma druk my die ander dag ‘n handvol Jasmyn in die hand…en verklaar ek moet ontslae raak van die aaklige sinus blomme wat iemand haar gebring het….ek kon nie….Jasmyn bring tog hoop? Ek het dit stilletjies in my kamer gaan wegsteek…..waar ek so af en toe ‘n skeut in die neus kry as ek verbyloop….dis onweerstaanbaar lekker…

Tot vanoggend…..

Terwyl ek besig is om in te pak….na hierdie lang en koue winter waarin ek my man aan die dood moes afstaan….kom ek af op ‘n spierwit sak met die klere wat hy die laaste oggend van sy lewe aangetrek het….Versigtig (amper heilig en gewy….soos mens maak as jy ‘n geliefde se graf gaan besoek….) het ek die pakkie klere oopgevou….en my neus daarin gedruk….om te onthou hoe hy geruik het…..maar wat ek tussen die voue van sy jean en hemp geruik het was nie hy nie……dit was die soet reuk van Jasmyn…..maar hierdie keer het dit nie nuwe lewe of hoop gesimboliseer nie……

dit was die soet reuk van die dood….

4 responses to Dis heerlike Lente…..

  1. When I think of GHT and Rhodes, I have to admit that is where I learnt to love the smell of Jasmine. You were of course the instigator behind this, I used to value the fragrance, but you and Russel Blassoples taught me to grasp onto the essence of these small blossoms, learning to attach so many memories to them. Your most recent memory attachment is so sad, yet to pure and so beautiful. Huge hugs my dear friend … value your mourning and feel the beauty of what you had in everything… you are healing and before you know it, you will have attached yet another memory to the smell of jasmine, a new, fresh and lovely memory; waiting just beyond the hurt.

  2. Jasmyn is ook altyd my gunsteling lente blomme! Ek het verlede week geloop en snuffel tot ek die plant gekry het! Ek het eintlik net die reuk gevolg… baie lekker!

  3. Vir bietjie meer as tien jaar nou kyk sy weer bewustelik na haar spieelbeeld. Uit haar doodgewone ligbruin oge skyn ‘n (verdiende) goue glans. Onder haar vingerpunte voel en lyk haar volwasse vel sag en mat soos wol. En sy dank hom.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *