Profile photo of maraja

by

Die Angel van ‘n Mangel…

September 9, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Die Angel van ‘n Mangel….

“Hoekom het ons nie maar weer net ‘n klein hondjie gekry nie?” wou ek al huilend weet…. terwyl my geduldige man met my en ‘n koorsige baba een sondagoggend douvoordag na die Robertson Hospitaal toe jaag…Daar gekom is ons deur verveelde verpleegsters (that have seen everything under the sun) meegedeel dat ons volgende keer maar net die baba kan dompel in ‘n yskoue bad….”What? Are you serious?” wou ek hees skree na ‘n nag van geen slaap en vele gemoedskommelinge…..My koorsige, natgeswete, opgooiende bondeltjie liefde is definitief nie ‘n teesakkie nie mev. Verpleegster!

En so het my grootmensreis met mangels 3 jaar gelede begin….al skoppende, skreeuende en opgooiende…My ma was toe reg. Sy het as kind my al gewaarsku dat kinders jou van alle fiemies genees. Sommige oggende as ek iets verduidelik in die klaskamer sien ek dalk ‘n dwalende oog op my skouer….en weet onmiddellik dat dit dalk nog ‘n kolletjie braaksel is….ek vee dit sommer ingedagte af terwyl ek op die bord agter my aanhou iets verduidelik….min gepla.

Fantasties hoe ek al ‘n deskundige op die gebied van mangels is….my eie is in st. 3 uitgehaal (in die winter) en ek onthou hoe my ma my ‘n week lank ertjiesop en toast gevoer het….geen jellie en roomys hier nie. Dit was 1986 en ek en my pa het ou Dracula films op die TV sit en kyk….ek het my so ingeleef….en kan die reuk van ou bloed in die katakombes en my eie neus so duidelik soos daglig onthou….So kan jy enige grootmens vra wat hulle gedurende hierdie fase in hul lewe geeet het…hulle kan dit in detail onthou…. Dis amper soos oorlogswonde wat hulle trots onder mekaar afshow….die een se storie gewoonlik meer bloederig as die volgende een….

“Dis die ergste ding wat ek nog ooit oorgekom het!” verklaar ‘n groot man van in die vyftig nou die dag aan my….”ek was 20 jaar oud en het die heeldag bloed opgebring!” Ek het lekker in my mou vir hom gelag, want dis net na hy my heel braaf vertel het hy was ook in die army….wat ‘n brawe soldaat! Miskien is my ma reg……mans sal almal sterf by kindergeboorte….
‘n Groot oorgewig vrou het my ook eendag vertel hoe haar ma haar ‘n hele groot boks vol sjokolade gevoer het toe haar mangels uitgehaal is….dit het duidelik sy nagevolge gehad…

Dan is daar ook die vele vervelige stories van jellie en vla….roomys en toast….en bla bla bla….

My ma vertel graag hoe my een boetie haar nounog nie vergewe het omdat sy hom op vier jarige ouderdom alleen agtergelaat het om op sy eie hierdie groot mylpaal te bereik nie….Hy is hierdie jaar 52 en het nog steeds abandoning issues….

Ekself het nie hierdie probleem nie….ek besit vandag nog my groot Pepstores Teddiebeer wat ek met my operasie in die hospitaal gekry het. Haar naam is “Adenoide” want dis wat hulle glo ook saam met my mangels van agter my keel opgediep het. Soos alle groot heldinne uit die Klassieke verhale het sy ‘n pragtige, eksotiese naam gehad….. wat ook ‘n bloedspoor agter gelaat het….Sy is meer as net haar stuffing….sy is my eie mangel storie….(my stripes earned….)

Dan is daar ook die ander kategorie…..The Un Brave…..daardie handjievol grootmense wat verkies om sieklik deur die lewe te gaan. Ek moedig hulle gereeld aan om braaf te wees en hul siek kele te laat uitsort…..maar nes sout snuif vir sinusholtes…sien hulle gladnie kans daarvoor nie…”Dis net te seer…” verduidelik hulle gewoonlik saggies en grootoog….

En so staan ek oplaas….. na ‘n reis van 3 jaar in vele hospitale van Witbank tot Worcester….laasweek …..in Pepstores (enigste boetiek hier op ons dorp) en koop vir sussie splinternuwe Doc McStuffins pajama’s (nes my eie ma 30 jaar gelede vir my) en ‘n splinternuwe teddiebeer, want hierdie week word haar mangels uitgehaal….en van nou af sal sy ook haar eie mangel storie he om trots met ander te deel….

2 responses to Die Angel van ‘n Mangel…

  1. Maraja, ek onthou vir Adenoid…sentiment op jou koshuisbed van St 6 tot Matriek tot op hede (iewers, glo ek). PEP stores het altyd iets, ‘n botiek waar selfs snobs iets sal ontdek wat nie in “grand” winkels te vinde is nie. …en toe kry Sussie ook haar eie Teddy en PJ’s vanuit die PEP-boetiek. So spesiaal Maraja!!

    • lol….liewe mater….daai teddy was selfs Europa toe saam met my….vol trane gehuil…..en ook Universiteit!

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *