Profile photo of maraja

by

Wondherstel

September 4, 2016 in Uncategorized

20160904_212540

Wondherstel

Snags
by die plek
waar jou hart geskeur het
draai ek dit
in gaasdoek toe….

Versigtig
probeer ek die letsel
minder maak….

My stom vingers vleg dom.
Weef die beseerde weefsel
al digter toe….

Maar
dis ‘n onbegonne
liefdesgebaar

‘n futiele
tyd
verdryf….

2 responses to Wondherstel

  1. Die gedig verwys na jou ma se hartaanval? Dit is puik verwoord! 🙂

    • hi Marli….
      nee…my man is 3 maande gelede oorlede op 43…massiewe hartaanval…ek skryf as terapie….
      baie dankie vir die terugvoering!
      groete
      m

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *