Profile photo of maraja

by maraja

The Sound of Silence…

March 28, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

The Sound of Silence…

Praat met my….baklei met my….lag saam met my….huil saam met my….maar moet asseblief net nooit stilbly nie….

Ek het grootgeword in ‘n huis waar ‘n koue oorlog gewoed het….Ma het vir Pa gestraf deur hom vir dae lank doofstom ‘n cold shoulder te gee…My ma het nog nooit haar stem vir enigiemand verhef nie…maar dit was haar….
Groot ….
Stiltes….
wat ek gevrees het…en noudat ek groot is…ignoreer ek haar soms vir ‘n week aaneen (she’s taught me well)…sodat sy weet eks boos vir haar….en dan bel ek haar maar weer en ons lag…. en ons gesels… asof niks gebeur het nie…want sy’s my oudste vriendin….

Dink net….eendag sal ek haar nie meer kan bel nie ( The subscriber is unavailable….do you want to leave a message?)…..en ek weet….dit gaan verskriklik erg wees…

Ek het nounog die voice message wat ek die nag van my man se dood op sy foon gelos het…Hy het nooit daarna geluister…of teruggebel nie….en dis hartverskeurend om na te luister….
Hy het weg van die huis gewerk en vir my (en sy ma) daagliks gebel om te se hoe lief hy ons het…en saans het hy met die kleintjies gepraat en gese: “Julle moet lekker slapies….en Pappa sien jul een-van-die-dae….”

Op sy begrafnisbrief staan…”Ons Groet Sonder Woorde”….want dis presies wat gebeur het…Hy het nooit ….“Koebaai Meraai”….of selfs… “See you later Alligator”…. gese nie….en dit was vir my baie baie erg…Hy was net in ‘n oogwink gonebabygone….asof hy nooit hier was nie….

Ek het jare gelede (toe my hart die eerste keer gebreek is) deur die trane gehuilse…”Ek wens hy’s dood…..dan sou ek hom nie so gehaat het nie….en dan sou ek ‘n graf gehad het om by te ween”……Ek was verkeerd….baie verkeerd….want hierdie einste persoon wat my hart so in stukkies gebreek het….het ek jare later weer gesien….en ons het saam gelag en gesels oor alles-en-nog-wat…en hy was net ‘n oproep ver….(om mee te baklei as ek wou…)

“Hy swyg soos die graf”…het nuwe betekenis vir my gekry die afgelope jaar…

In een van my gunsteling directors (Pedro Amadovar) se fliek Talk to Her… is twee vrouens wat in koma’s le in dieselfde hospitaal….Die een se man is te besig om haar te besoek….en die ander een het ‘n manlike verpleer wat daagliks by haar sit en met haar gesels…Guess watter een word nooit wakker nie?
Daarom….dink ek…. het my man so ‘n groot leemte in my lewe gelos….want ons het daagliks gesels…Oor enige onderwerp…Ons was albei baie nuuskierig oor die lewe…Ons het (ironies genoeg) ook baie oor die dood gesels (ek wonder hoe voel dit?)….Selfs gefilosofeer oor al die aspekte daarvan (wat word van jou siel?)…. Noujatoe….Hy’s nou veel wyser oor die onderwerp as ek vandag… ne? (en eks net so ‘n klein bietjie jaloers…moet ek bieg…)

Ek maak deesdae ‘n punt daarvan as ek jou groet…. om vir jou te se…. hoe lief ek jou het…. en dat jy moet mooiloop….You never know….you know?

So kry Sussie my vanoggend baie vroeg in die kombuis….(met dikgeslaapte oe is ek nie juis ‘n early-bird-catches-the-worm kandidaat nie)….besig om in ‘n gepeinste Groot Stilte bottels rooibostee te maak….

Oggendmens soos haar pa (goeiemore-my-sonskyn-goeiemore-my-kind)….kwetter-babbel sy vrolik om my….oor enige onderwerp onder die son….en ek…konsentreer so hard om nie die lepels suiker mis te gooi nie….(waar’s my koffie?)…dat ek haar totaal ignoreer…

Verontwaardig ruk die helder kinderstemmetjie my tot my sinne…toe sy afhaak en se: “Mamma….mamma…..kyk vir my!”…..en terwyl ek opkyk en die hele kombuis counter vol suiker gooi….lag sy op na my en se: “Smile…toe?” ….en daar breek die son oor my gesig….Hulle se mos….die oggendstond het goud in die mond ….nie waar nie?

Profile photo of maraja

by maraja

And the Show must go on…

March 19, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

And the Show must go on…

Ek se gister vir ‘n studente onnie by my skool (toe pouse verby is en ons moet teruggaan klas toe)…”Moenie stress nie man…ons is almal akteurs hier…Act 2….Scene 3” Hy het verbaas vir my gelag…en gesien hoe sit ek my masker op voor ek by die klaskamer vol selfvertroue inmarsjeer….(al voel ek totaal uitgeput en tot die been toe gedaan)…en al het ons net ‘n week tevore een van hul klasmaats begrawe…het ek geluister na die kinders se vrolike stemme en uitbundigheid…want dis Vrydag…en ook ‘n langnaweek…The show must go on…inderdaad…

Klein dorpies is wonderlike goed…Dis die tweede maal wat ek (onder verdagte omstandighede) na een toe trek as grootmens…en albei kere is ek deur die locals gewaarsku….”Pasop hoor…die mense skinder net te verskriklik hier”…en albei kere het ek te heerlik gelag uit my maag….dat my tone eintlik omkrul van lekkerkry…en geantwoord : “Oooeeee…..dis te wonderlik…om te dink daar is mense wat actually tyd uit hul besige dag gaan neem om oor my te praat?”….want dis presies wat dit is…ek voel of ek behoort aan die gemeenskap…want die mees alleenste wat ek al ooit gevoel het was toe ek in ‘n groot stad gewoon het…(Ek het al in koerante gelees van ou ooms of tannies wat eers dae na hulle oorlede is gevind was omdat daar ‘n “snaakse reukie” in die lug gehang het….siestog….en hoe aaklig)

Is dit nie Willem Wikkelspies (aka William Shakespeare) wat eenmaal verklaar het dat die wereld ‘n verhoog is…en ons almal slegs akteurs daarop nie?

Oor die algemeen vind ek die voortbestaan op ‘n plattelandse dorpie baie predictable….en veilig…en die mense baie voorspelbaar…en dis pragtig…dit voel of ek die script al lankal gelees het….en weet wat al die akteurs gaan aanvang…So het ek gisteraand vir 3 ure na die village idiot geluister en te heerlik gelag tot die trane loop….en van al my sorge vergeet…en geskok gekyk hoe hy huis toe ry en sy metgesel verbaas agterlaat…

Soms het jy nie ‘n duur kaartjie van Woordfees of KKNK nodig nie…want vir die gewone mens word Teater… net al te smarter

Ja…ek het al na Shakespeare in die tuin by Maynardville gaan kyk…maar was meer impress met die bome as backdrop en hoe die sterretjies en spotlights deur die bome se blare gespeel het….The Merchant of Venice was vir my ook totaal Grieks (al het ek getrou al my vrae beantwoord aan die einde van matriek)…totdat ek weer (20 jaar later) op ‘n klein dorpie met stofstrate dit …be-leef het….toe ‘n groep swart skoolkinders met hul swaar Xhosa aksente dit vir my… uitgeleef het….en die skille van my oe afgeval het…

Maar soms….net soms…breek een van die Hoofakteurs ‘n been…of kom iets veel erger oor…en as jy geen stand-in het…of voorbereid daarop was nie…is dit die laaste curtain call vir jou show…en kan jy maar al die posters van die lamppale gaan afhaal…The Show is Cancelled Untill Further Notice…net soos met my hegte klein familiy unit laasjaar gebeur het….

Maar eks ‘n kanniedood (my ma se eks hardkoppig) en moes vinnig weer rehearsels reel en nuwe akteurs hier en daar en oraloor vind…sommige dae het dit broekskeur gegaan….ander kere het almal hul lyntjies mooi geleer…en het alles goed uitgewerk….Soms is trane van frustrasie gehuil…ander kere weer van blydskap…

En so le ek en Sussie annerdag…na ‘n lang, baie uitputtende week op die bed…sy aan sy…(onthou…sy’s een van die hoof akteurs…al besef sy dit min)

Ek le en kyk na Pappa se mooi foto’s teen die muur….”Hoekom huil Mamma?”…vra sy in haar kinderlike onskuld aan my (die baie moee regiseur)

”Aaaag….Mamma mis vir Pappa” (die ster van my show)

Sy het ‘n rukkie stilgebly…en toe kom die klein stemmetjie so helder soos die nuwe hoofstuk in ons lewe…”Wel…ek mis vir…. Oom Jan”

En daar het jy dit…uit die mond van die suigling die waarheid…..The Show Must Go On….

Profile photo of maraja

by maraja

I Think…therefore I am…

March 12, 2017 in Uncategorized

 

Mens is nooit te oud om te leer nie…

I Think….therefore I am…

“Jy moes nooit universiteit toe gegaan het nie….jy dink heeltemal te veel…” was my pa se afskeidswoorde aan my in een van ons laaste gesprekke….

Hy was egter verkeerd….ek dink al vandat ek verstand gekry het…Ek dink twenty-four-seven oor alles en nog wat…Het die liewe Vader dan nie vir ons geseen met ‘n gesonde verstand om dinge vir onsself uit te figure nie?  Slaap is vir my ‘n straf en eks ‘n trotse naguil (hoe-hoe) wat veral snags wanneer die white noise van ‘n peuter en ‘n kleuter in die huis afgeskakel is…geruisloos my verbeeldingsvlugte vlerke gee…

Ek was vanaand vir die eerste keer in twee dekades out on the town om eers te gaan luister na “Koos van der Merwe sing Leonard Cohen” en toe na die enigste pub op die dorp om ‘n grootmens glasie whatever te gaan drink…en wat ‘n ontnugtering…Hoekom klink almal wat dronk is so dom?  Ek het onwillekeurig teruggedink aan my eie universiteitsdae (dankie pa)…en met ‘n skok besef dat ek selfs toe al verskonings uitgedink het…sodat ek eerder tuis kon bly tussen my boeke, musiek en skilderkwasse…Deesdae gee ek die kleintjies die skuld…(sorry julle tweetjies) en verkies nogsteeds my ou vriende as gesonde, intellektuele stimulasie…

As tiener het ek en my intense kamermaat Ruette (wat Drama as vak geneem het en my bekendgestel het aan Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, Die Vrye Weekblad en Dagga) gepeins… snags in ons donker koshuiskamer…Ons het selfs beurte gemaak om die bybel vir mekaar tydens Stiltetyd in engels te lees… (engels het net soveel slimmer geklink in die Vrystaat…. )  Sy was bytheway baie impressed met my toe ek haar meedeel ek gaan my studies aan ‘n engelse universiteit (Rhodes) voortsit na matriek….en ek wou haar so graag beindruk…

Tydens ons intellektuele gesprekke oor the meaning of life…het ons tot die slotsom gekom dat dit ‘n kruis is om soveel oor die lewe te dink….was dit nie maar beter om soos ander meisies van sestien die till by Shoprite te slaan nie….hulle lyk so idioties gelukkig?  Ai tog…die hoogmoed van ‘n tiener…

Ek het my ou kamermaat tien jaar na skool opgespoor…sy was pas weer uit rehab…ek vermoed die dinkery het aan haar begin knaag…

My ma waarsku deesdae…ek moenie so baie oor goed dink nie….”Mop maar die vloer, my kind…was die skottelgoed….en al die kleintjies se vuil kleertjies”….

”Onthou…daar’s genade in werk”…en….I suppose…. sy het ‘n punt beet….it takes your mind off things…maar mens kan ook net soveel keer die Huisgenoot (apparently ook die arm-mans-universiteit?) …lees van hoek-tot-kant…

Ek het vanaand ‘n goue ster teen die voorkop gekry toe ‘n man my vertel dat hy mal is oor hoe ek dink…en ek het sommer anders na hom begin kyk…want dis ‘n brein wat my laat tick…en nie ‘n sixpack nie…maar daar gelaat…

Dis vir my wonderlik (en ‘n wonderwerk) om te aanskou hoe die kleintjies se koppies werk…Hoe hulle twee-en-twee figuurlik bymekaar probeer sit…en om verwonderd na die wereld te kyk met ‘n hele nuwe perspektief….”Weet liewe Jesus dat kinders gaan die wereld al meer verstom?”…het die ander Koos soveel jare gelede gesing…

“Ma….hoekom vra sy so baie dom vrae?”…het my geirriteerde kleinboet gereeld gevra as ons in die motor gery het….dan het my ma gewoonlik trots geantwoord…”Los haar maar…dis ‘n teken van ‘n gesonde brein”

En so draai die wiel tot noudiedag toe ‘n mede-ma my berispe omdat Kleinsus se mondjie so oop hang….is sy dan dom?

Ek het haar (verontwaardig) net daar en dan kortgeknip met ‘n “Shush…..kan jy nie sien sy dink nie?”

Profile photo of maraja

by maraja

Uit die Oog…uit die Hart…

March 7, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

 Uit die Oog…uit die Hart…

Twee dae na my man se begrafnis het ‘n vreemde man sommerso in die verbygaan die volgende vreemde woorde (in ‘n lang donker gang) aan my gefluister….”Remember Maraja…Death is for the Living…”  Maar alles het so vinnig-stadig en in slow-mo gebeur op daardie moment….dat ek sy wyse woorde eers maande later sou onthou…

Want wat gebeur as die kis in die graf ingesak het en die laaste treurige gesang weggesterf het op die wind…. nou eintlik met die jong weduwee en haar twee dogtertjies?  Die werklikheid is eenvoudig en kil…hulle word alleen agter gelaat in die kerkhof van die lewe…

Vriende of kennisse sien jou dalk op straat…en met ek-weet-nie-eintlik-wat-om-te-se-nie gesiguitdrukkings skraap hulle die moed bymekaar om innigemeegvoel te betoon…of skarrel in ‘n ander rigting…”een-twee-drie-blok-myself” sou ons geroep het toe ons klein was…veilig en verlig…maar nouja….ons is nie meer klein nie ne?

Oor die algemeen is ek sterk en blymoedig en probeer ‘n sonstraaltjie vir Jesus en die twee kleintjies wees….maar almal kry ook tog sekere bewolkte dae…..Ek het ‘n moeilike week agter die rug….in mediese kringe staan dit seker bekend as ‘n “insinking”…Hoekom?  My komeet het begin uitbrand…om blymoedig te bly is harde werk hoor?  Ek wou so graag weer aanvaar word in die samelewing…ten spyte van my melaatsheid…want dis hoe die skrywer CS Lewis dit beskryf in sy boek “A Grief Observed” nadat sy vrou oorlede is…Net soos hy…kan ek ook aanvoel dat mense my nou anders behandel…ek het nou ook ‘n kiem wat dalk aansteeklik kan wees…die kiem van mortaliteit…selfs my getroude vriendinne beheen my met agterdog as hul mans my net te jammer kry….Are you serious mev?  Kry ‘n lewe asb….

Dis seker my eksentrieke ma se skuld dat ek begraafplase nog altyd as mooi parke gesien het….Toe ek klein was het ons soms gaan piekniek hou met ‘n mandjie in ou begraafplase…Ons het foto’s geneem van antieke marmer engele en stories opgemaak van mense se lief en leed wat ‘n eeu gelede geleef het…en vir vyf jaar as tiener, het ek een keer per jaar (op ‘n koue wintersoggend as die yl sonnetjie oor die Vrystaatste vlakte opkom) buite Bloemfontein gaan kranse le op Emily Hobhouse se graf om dankie te se vir wat sy vir al die vrouens en kinders gedoen het in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere oorlog…

Tydens my pelgrimstog deur Europa was ek verstom oor die begraafplaas-parke met die mooiste blomme en tuinier op sy pos…want hier in my eie land is begraafplase ‘n baie hartseer storie….ons is so allergies vir die dooies wat daar rus….dat ons die arme siele daar plant onder ‘n ses duim marmer praalgraf sodat hulle tog netnie by ons kom spook nie…

En so kom ons by my eie dilemma van ‘n klein tien sentimeter houtboksie wat ek liefderik orals met my saamneem op vakansies (skelm)…Vir kersfees het ek my man se naam en geboorte en sterfdag daarop uitgekerf met my houtsnee messies…want sien, netnou maak ek ‘n ongeluk en dan weet niemand wie is daar binne-in nie?

Verlede sondagaand (toe ek nie eens kerk toe was nie omdat ek so moeg was vir al die gejubel en trompetgeskal) het ek grafskending gepleeg om sy kissie met een van sy eie tools oop te skroef en gefassineerd na sy fyn gebeendere te staar…ashes to ashes….

Om argeoloog te wees is toe gladnie so romanties as wat ek as kind gedink het nie…sorry oom Tuthenkamen…

Toe ek dit vandag vir Ant Raaitjie (die cleaner) by die skool vertel wat ook soms haar man se graf besoek…het sy my vertel sy dink dis tyd dat ek ‘n gaatjie by daai muur van die witmense se kerk gaan koop….

Ek het gelag en vir haar gevra : “Soos ‘n posbus Ant Raaitjie?”  Ja my kind….nes ‘n posbus…

Profile photo of maraja

by maraja

The Agony and the Ecstacy….

March 3, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

The Agony and the Ecstacy….

“Is aardse geluk ons dan nie beskore nie Ma?”….het ek gehuil-vra by my arme ma in die diep donker nag van my man se dood….My dierbare ma wat altyd met ‘n wyse woord of ‘n kwinkslag of twee gewapen is….was daardie nag egter ontwapen van woorde…. en ook stil-stom van skok…

My hart is al jare besig om ryp te word…maar het letterlik oop…. gebreek…. verlede jaar soos ‘n ryp granaat…en soos enigiemand wat Biologie op skool gehad het weet…kom groei in die natuur saam met geweldige meegaande pyn…Is die simboliese blom en woord bloei-sel dan nie ‘n pragtige voorbeeld daarvan nie?

Van skooldae af was ek aangetrokke tot Van Gogh se lewensverhaal, kwashale en kleurgebruik…en het die jaar na matriek al my jeugkunswerke verkoop om genoeg geld vir ‘n vliegtuigkaartjie na Amsterdam bymekaar te skraap sodat ek sy werk in lewende lywe kon sien….En daar staan ek toe…minder as ‘n meter van hierdie man wat ‘n eeu voor my geboorte geleef het…en wat ek gesien het…het my totaal verstom…

“Hoe kon iemand…wat so swaar gely het in sy lewe…die wereld om hom so mooi en kleurvol verbeeld?”…het ek by myself gewonder…

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was wou ek met Jesus “trou”….Wou selfs op ‘n keer ‘n Bybel vir my verjaarsdag he…en toe ek die klavier begin bemeester het…was ‘n gesangenpsalm boek my volgende versoek….Soos Van Gogh was Jesus ook vir my ‘n voorbeeld van “ a Man of Sorrows”…’n alleenloper wat deur ‘n ander bril na die wereld om hom gekyk het…en die meeste van die tyd nie verstaan is deur sy tydgenote nie…en hulle heeltemal te lief gehad het vir sy eie beswil….Ek het heel braaf vir my familie vertel ek gaan ‘n non word…maar nadat ek gesien het dat nonne eintlik klein, verrumpelde, vaal ou engelse tannies met blou of grys rokkies aan was…het ek stilweg gehoop almal het vergeet van my kinder droom…

Ek het lekker vir myself gelag toe ek laasweek  vir die dominee (30 jaar later) my nuwe ring aan my trouvinger wys en verklaar…ek is nou met God getroud…hy moenie oor my worry nie…(hy worry seker nou eers…en dink seker eks nou heeltemaal van my trollie af…)

My melancholiese middelboetie vra my ook noudiedag vies :  “Hoekom moet jy altyd so deksels happy wees?  Jy het oorgenoeg om oor sad te wees?”  “Ek het soveel om voor dankbaar te wees”…het ek hom geantwoord….

Hy noem my nou deesdae “Jesus se sonstraaltjie”…en ek weet nie of dit sarkasties is of nie….but who cares?  Ek kan nie anders as om blymoedig te bly nie…en sien die snaaks…die mooi…en die ironie…. oral om my rond…

maar tog…ook netsoveel die pyn….die lyding…en die hartseer…(en ek blameer stilweg die ryp granaatpitte hiervoor… want le hulle nie nou my hele wereld vol nie?)

Dis vir my baie baie moeilik om deur die vensters van die mense om my se oe te kyk…want ek sien die pyn en hartseer vlak daaragter le…en wat moet ek met hierdie nuwe skill van my doen?  Dit het my baie gepla…maar na hierdie week by die skool waar ek by die gedenkdiens van een van ons leerlinge moes praat…het ek eindelik verstaan wat my ma jare lede vir my gese het toe ek haar tydens een of ander eksistensiele krisis gevra het hoekom ons op aarde is…

”Om goed te wees vir ander… my kind….”

Ek kon nie toe my vinger daarop plaas nie…maar vanoggend…oppad skool toe…het die trane oor my wange gerol toe ek eindelik na meer as 20 jaar besef wat Van Gogh vir my deur sy kuns soveel jare gelede gewys het…die klimaks en kontras van die lewe….die agony en die ecstacy daarvan….en ook die ironie…

want ek het nie meer gehuil omdat ek so hartseer was nie, maar omdat ek so gelukkig was…hier….op aarde….

Profile photo of maraja

by maraja

Agter elke Man…

February 21, 2017 in Uncategorized

 

Mens is nooit te oud om te leer nie…

 Agter elke Man….

 Vroeg vanoggend…oppad skool toe…word ek afgetrek buite die dorp deur vier vriendelike polisiemanne in blou (en geel)….”Toemaar mevrou…dis net ‘n roetine ondersoek” verduidelik die een verboureerd toe hy sien my gesig is sopnat gehuil…en terwyl ek lag deur die trane en soeksoek my rybewys vind en dit deur die venster aangee….dink ek aan hoe musiek ‘n mens darem wonderlik kan terugneem na ‘n era (goed of sleg) in jou lewe….en hoe die trane sommerso vanself oor ‘n mens se wange kan rol….

So was ek teen 120km per uur vanoggend besig om na Steve (my man se cd wat ek in die cubbyhole ontdek het) se “Agter elke man” te luister…en al het ek nie gestaan nie….het ek gesit…en die trane het soos Jana s’n gerol….”saggies oor my wang”….want sien…my man was ‘n musiekman….en ek mis sy diep stem wat my en die kleintjies saans aan die slaap gesing het….in Afrikaans….my hart se taal…

Saam het ons tente gepitch in die melkweg….na Jantjie in die Berge gaan soek…’n Sprokie vir ‘n Stadskind vertel…vir die Spookmeisie ‘n lift in die Karoo probeer kry….vir Sarah help visvang by Hentiesbaai…gehelp oppak by Skipskop…vroegoggend op Bloubergstrand geloop….”Goeiemore my sonskyn…Goeiemore my kind…..” ….en vir Heidi en Peter help bokkies aanjaag….

Dit was ‘n wonderlike musikale reis saam met hom…en al het hy geen BMus graad gehad van Pretoria se Musicon nie…het hy al die liedjies van my kleintyd woordvirwoord geken….en het ek nog nooitooit iemand anders ontmoet wat selfs die “Vlaglied van Jong Suid-Afrika” so mooi (en op aandag) uit volle bors kon sing nie… Selfs toe ou Steve sing van ‘n Bloubul wat niks van verloor af ken nie….het ek gehuil…want sien my man was ‘n ernstige Bloubulman…en daar sit “ou Joostie” ook nou in die hiernamaals…

Een van die laaste aande saam het ons by die kleintjies gele….en hy het vir ons gesing van die gezoem van die “Byeboerwa”….Ek het vir hom gevra om ook die tweede vers te sing, maar hy kon nie mooi die woorde onthou van tannie Marike nie.  Gougou het ek dit vir ons geGoogle op my selfoon en gelees van snaakse plekke (vir ‘n Kapenaar…. in elkgeval) soos Pelgrimsrus…Graskop…Baberton…Krokodilpoort en die Lebomboberge….en daar draai hy weg van ons en huil…

Nou mans hou mos nie van trane wys nie…veral nie hy nie….maar ek het hom gepols : “Wat is dan fout my skat?” ….en ek kon die hartseer en verlange in sy stem hoor toe hy later bieg hy mis al daardie plekke van sy kinderjare….

Nou soos die natuur dit wou he…..het sussie pappa se musikale oor en singtalent ge-erf…en al is ek nie haar pa nie…maak ek seker daar is altyd musiek in die huis…

Sy is ook die motivering vir my lui gemoed Sondae oggende om lipstiffie aan te sit vir kerk…want sy wil na die band gaan luister…en na die tyd gaan luister ons verder na die oom van Worcester wat met sy kitaar onder die bome by die restaurant op die dorp sing…

Sy sit dan by sy voete….. en luister….. woordvirwoord na sy songs….sing selfs in haar eie babataal saam….

Want dis soos dit is liewe Steve….agter elke man….is daar werklik ‘n vrou…of ‘n klein dogtertjie….wat luister…

Profile photo of maraja

by maraja

Huis is….waar die Hart is….

February 13, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Huis is…..waar die Hart is….

Iemand vra my die ander dag hoe dit gevoel het om my man een sonnige, Dinsdag middag…in die Herfs van laasjaar…te verloor….Gevoelloos? Dalk…..maar ook wonderlik terapeuties….om ‘n mens se gevoelswereld so in woorde te kan uitdruk….

“Hy’t net oorboord gebliksem!”…..het ek gelag tussen die trane deur….”en nou sit ek sonder ‘n kaptein…op ‘n klein roeibootjie met een spaan, die twee kleintjies op ‘n klein bankie agter my…en roei verbete…al-al in die rondte!”….want hoe anders beskryf mens die gevoel om jou man, die een wat jy blindelings gevolg het deur dik en dun (die hele Suid-Afrika vol), sommerso….binne sekondes te “verloor” aan ‘n hartaanval?

Ek het lank…..lank….. gestaar oor die kant van ons roeibootjie….na die bloep-bloep van klein borreltjies op die oppervlak….soos hy na die donker dieptes na benede gesink het….en ook gewens ek kon agterna spring….met die twee kleintjies in my arms….no jokes….die einde sou vinnig kom…en ons sou ewig by mekaar wees…. in ons watergraf…

Kan mens iemand so lief he? Ja….mens kan….Hierdie man was my Petrus…..my rots van Gibralter…die veilige hawe vir my eens dobberende roeibootjie met verwese seile van so lank gelede…Ek het soms geskrik vir myself en my totale liefdemetoorgawe vir hom….Ek sou enigiets vir hom doen….Gevaarlik? O ja…..baie…. Sonde? Miskien….Ek besef vandag, na amper nege maande waarin ek weer moes geboorte gee aan my ou self, dat ek myself totaal prysgegee het in die vyf jaar van my huwelik. Wie is ek nouweer? Waarvan hou ek? Wat eet ek? Watter musiek luister ek na? Ensovoorts…ensovoorts…..My geboorte aan myself het met baie groeipyne gekom….

Dit was twee weke gelede my verjaarsdag…en ek wou dit nie vier nie…Hoe kon ek gelukkig wees en aangaan met my lewe….en kersies doodblaas….en ouer word as wat hy was….sonder om skuldig te voel? Ek het die heeldag in my pers kamerjas gebly en in die huis rondgespook met ‘n lang gesig….die arme kleintjies…en toe….sommerso…..vanself….het my roeibootjie losgeruk tussen die rotse…. waar onsdrietjies al die afgelope paar maande gestrand was op ‘n onbekende eiland….die gety het begin inkom (seker oor al die dae en nagte se trane wat ek in die see ingeween het)….en daar gaan ons….so braaf…die oseaan van die lewe in!

Vir die eerste keer in amper ‘n jaar bly onsdrie in ons eie klein plekkie en is ons nie meer aangewese op die goedheid (lekker is mos maar net ‘n vinger lank?) van ander nie….

Ek het selfs my van laat verander en ‘n ou ring laat groter maak vir my ringvinger wat so kaal gevoel het…..Ek is nou “getroud”….nie meer met Rugby nie…..maar met myself….‘n laat verjaarsdag geskenk aan myself….

En al het sussie gevra of pappa vir ons wag in ons nuwe huis….weet ek dat sy foto’s aan die mure hom naby haar hart sal hou…want dis waar die ware Huis is….digby die Hart….

IMG00931-20131101-1036

Profile photo of maraja

by maraja

Engele om ons…

December 28, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Engele om ons….

Kom ek vertel jou van engele….want dis weer Krismis…..en met al die geglitter van kersfeesliggies word ons so maklik verblind deur al die JingleBells wat ons in winkels en huise aantref….Een ding weet ek verseker….daardie engeltjies wat selfs aan my eie groen plastiekboom hang….is slegs vir versiering….

Ons almal smag so om regte engele te sien…en vandat Touched by an Angel op TV soveel maal ge re run is….glo ons dat daar 3 engele om ons is met Amerikaanse aksente en gemake up en gemanicured to the teeth….maar ek weet dit is nie so nie, want ek het al tweemaal in my lewe ‘n engel gesien….Jy dink seker eks stapelgek….whatever….maar ek weet vandag hulle lyk nie soos die prentjies in die kinderbybel nie….

Die eerste keer was ek baie baie siek….en het ‘n hoe koors gehad….en ‘n engel het langs my op die bed kom sit en sy/haar hand saggies op my natgeswete voorkop gesit…ek het in ‘n diepe slaap geval….en ure later (sonder enige koors) wou ek by my huismaats weet wie die besoeker was? Hulle het my snaaks aangekyk….en my meegedeel daar was niemand nie….

Die tweede keer was baie baie meer dramaties…Ek was weereens liggaamlik gebroke…maar eintlik geestelik ook…met ‘n ernstige knie operasie in die vooruitsig….ek was diep in gebed met ‘n paar ander siele om my….en toe gebeur dit….Ewe skielik het iemand langs my gestaan….en ek sal nooit ooit die verblindende lig en liefde vergeet wat hy/sy uitgestraal het nie…dit was oorweldigend….Ek kon nie bepaal of dit ‘n hy of sy was nie…miskien was hy/sy beide? Hy/sy het ‘n wit kleed aangehad met iets wat agter sy/haar rug afgehang het…en hy/sy was een en ‘n halwe mens lank….wow…en dit alles het ek met toe oe gesien! Maar die mees wonderlikste en ook ongelooflikste ding was wat volgende gebeur het…Hy/sy het sy hand op my kop gesit….en ‘n kragtige elektriese stroom het deur my linkerkant geskiet….van kop tot toon….en my seer knie het saamgetrek met ‘n bo menslike krag….en toe was dit weg….en ja…ongelowige Thomas…my knie was genees…Kyk, vir iemand wat al ‘n hele paar kere met ‘n elektriese kragdraad haar Moses teegekom het, kan ek jou verseker dit was iets heeltemal anders….Ek het hierdie storie nog net met ‘n paar kundig uitgesoekte mense gedeel…en die reaksies wissel van….”Jy’t jouself genees”….”Jy’t jouself verbeel”…of… “Hoe sterk was die medikasie wat jy geneem het?” Ek voel vere….ek weet wat ek weet…en niks of niemand kan dit van my wegneem…of die knie operasie wat ek toe nooit gehad het nie…

Maar dit bring my by die werklike engele….daardie alledaagses wat ons so vanselfsprekend neem….maar soos die duiwel self….is hulle almal gevalle engele….net menslik… met baie foute van hul eie….en virseker met voete van klei…

Sommiges is vir ‘n baie lang tyd in jou lewe (soos ‘n dierbare pa of ma) ander kan dalk tel onder soutvandieaarde en sewesakkesout staatmaker vriende of vriendinne….
Dalk tel iemand jou langs die pad op om ‘n klein entjie op jou lewensreis jou te vergesel…en jou te seen met hul liefde en lewenswysheid…en as hulle die dag jou weer alleen los (soos my dearly departed man)…is dit moeilik om nie soos ‘n klein kindjie te huil, te sanik of in selfbejammering te verval nie….Just move on…en koester die mooi herrinneringe van ‘n engel op jou pad…

En laastens…. is daar die totaal vreemde Samaritane op ‘n mens se pad wat sonder eer of belonging ‘n klip uit jou pad sal rol…soos die vier mans van Graaff Reinet wat verlede week op ‘n snikhete middag moeiteloos en kosteloos…geswoeg en gesweet het vir meer as twee uur… om my motor weer padwaardig te maak….net sodat ek en die kleintjies Krismis op Colesberg by my ma kon wees….

en dit….. is beslis….meer bybels…. as enige plastiekboom of madeinchina engeltjie vir my….

Profile photo of maraja

by maraja

Soos ‘n Dief in die Nag…

December 12, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Soos ‘n Dief in die Nag….

Ek het altyd gewonder hoe mense nou juis hulle selfone “verloor”….en het dit afgelag (maar nooit in die storieverteller se gesig self nie)…as ‘n geval van “verstrooidgeid”….en by myself gedink…jip…jy verdien om dit te verloor as jy nie jou goed mooi oppas nie….en miskien het jy dit dalk te maklik gekry in die eerste plek?

Ek is seker elkeen van ons ken daardie yskoue water in die gesig gevoel van…..”Ek weet ek dit nounet hier neergesit…maar nou’s dit nie meer hier nie?” Dis ‘n terrible gewaarwording… nogmeerso as jy hard vir iets gewerk het…..en iemand het jou kom “liberate” daarvan….So het ek as student een vakansie hard gewerk om genoeg geld te spaar om vir my ‘n paar goeie boots (om universiteit toe te loop elke dag) te koop….dit was skaars aan my voete….toe is dit gesteel…So ook my grootwordjare se dikwielfiets….wat een nag uit my studentehuis gesteel is….Toe ek dit die volgende oggend by die polisiekantoor wou gaan aanmeld….wou die verveelde polisieman weet hoekom ek (wat so ‘n oulike meisie is) dan nie ‘n boyfriend het om my te beskerm in die nag nie….ek het die saak net daar gelos….en in trane uitgestorm….sexual harassment en diefstal in een dag was net een te veel….

Ek haat unsolved mysteries…..en hou nie van my goed soek nie…Die goue reel vir my is altyd….soos Juf. Delport altyd verklaar het as ons by haar tafel gaan staan het : ”Vra is vry….en weier daarby” …Ek gee dit met liefde, of maak ‘n ander plan, maar my hart is al soveel maal gebreek deur ‘n oulike skoonmaakmeisie of vriendin….wat ek met my karige aardse besittingkies toevertrou….en dan ons vriendskap en besitting in dieselfde asem verloor het….

Ek was nog nooit die tipe “material girl” nie….maar kyk….as jy my kwaste of verf steel….(soos my jongste closet-artist boetie gereeld doen) dan steel ek dit terug….dis my tools of my trade sien….en ek gebruik dit….Boeke is weer anders…amper soos skoolhandboeke…hou ek daarvan om dit te leen of uit te deel…en as jy joune nie lees of gebruik nie….gaan ek dit doen…ek sien die wereld van boeke soos ‘n groot biblioteek….boeke moet tog gelees word en kennis moet gedeel word….nie waar nie? Ek was nog nooit hartseer as my boeke verdwyn het nie, want ek weet…iewers….erens….is iemand besig om kennis op te doen…en dit bring my gemoedsrus…..en groot plesier….

Ek sit die ander dag vir die eerste keer in my lewe om ‘n ronde tafel tussen ‘n groep wildvreemde mense…met ‘n paar boeke (Bybels) tussen ons. As icebreaker moes ons op die ry afgaan en vertel van hoe en waar ons al ‘n kosbare besitting verloor het….wel….daar was stories van vermiste katte….en kosbare ge-erfde kettingkies en ook ‘n motor wat een Vrydagnag buite die dorp afgeskryf is…..en toe’s dit my beurt…

Ek het begin vertel van hoe ek die afgelope jaar al my aardse besittings verloor het….hoe erg dit was om al die mooi goedjies wat ek oor die jare versamel het agter te los…of te verkoop sodat ek die pad huis toe kon vind een oggend om 3uur…..
Ek het soos Lot se Vrou vir myself gese: “Moenie omkyk nie….Alles wat belangrik en kosbaar is…. is vannag saam met jou in hierdie motor….die res is net aards”

Daar was my man langs my….die twee kleintjies veilig in hul karstoeltjies agter my….ons nuwe klein katjie wat slaap tussen hulle….en die twee familiehonde in die oop boot heelagter….

Maar wat ek nie besef het daardie oggend nie….was dat die doodsengel soos ‘n dief in die nag….my toe ook sou kom beroof van een van hierdie kosbare skatte van my…..

…..en die blink oe om die ronde tafel….het my speechless aangestaar….want nie een van hulle het geweet waarvan ek praat nie….

Profile photo of maraja

by maraja

‘n Mens is ‘n Mens deur ander Mense….

December 1, 2016 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

‘n Mens is ‘n Mens deur ander Mense…

Ek het die voorreg om al vir 6 jaar skool te gee…Ek leer swart kinders meer van my taal en probeer vir hulle ‘n liefde daarvoor kweek….maar ek kon net sowel vir hulle Grieks of Latyns gegee het, want wat in die klaskamer daagliks gebeur het niks te doen met Afrikaans nie….

Ek het…..(met my vooropgestelde idees) ….gedink ek is daar om vir hulle iets te leer….maar vandag besef ek….ek is eintlik die een wat daagliks by hulle leer…Ook is dit dieselfde met my twee dogtertjies….as baba’s het ek hulle versorg en weg probeer hou van die wreedhede van die wereld, maar soos hulle groter word en groei, is hulle besig om my te lei op ‘n onbekende en wonderlike pad vol nuwe ontdekkings….al wat ek kan doen is om hulle te volg met doeksak (gepak met bottels, dummies en rooibostee) byderhand….ek moet darem aan iets veiligs vasklou sien? Dis ‘n onbekende maanlandskap wat ons betree het….en vandat hul pa oorlede is…voel dit of ons veilige ruimteskip daarmee heen is….maar waar ek alleen sit en tob en huil oor dit wat was….por die twee klein ruimtereisigers my aan om op te staan en saam met hulle ons nuwe wereld en lewe aan te durf…om sonder enige vrese die toekoms oop oe tegemoet te hardloop….want dis wat die tweetjies doen…elke liewe oggend….is daar ‘n nuwe avontuur wat wag…

Hulle behandel almal (vriende of vreemdes) met dieselfde opgewonde groet: “Hallo!”…maak nie saak wat hul velkleur is nie….elke klein mensie op ons pad is ‘n “maatjie”….Selfs grootmense word beskou as “maatjies” wat slim is….hulle het mos al geleef en het lewenswysheid? Hulle het geen idee van ryk of arm, swart of wit nie….en soos The Little Prince….het jy die potensiaal om vir hulle iets wonderliks te wys of te leer….en dit kan geen geld koop nie….

Net so het ek al geleer by die swart kinders in my klas van Ubuntu….almal kry ‘n gelyke kans in my klas…maak nie saak wat jou talente of tekortkominge is nie….jy is ‘n mens en jou insig of tekort daaraan het ‘n plek in hierdie wereld…Die meeste van hulle kom daagliks skool toe op ‘n groot, stokou bus….Hulle staan douvoordag op en stroom uit piepklein huisies deur verlate modderstrate om by ‘n busstop te wag vir die dag….om na my klas te kom….en dis hier waar ons stories uitruil….Ek is nooiooit kwaad as hulle nie hul huiswerk gedoen het nie, want die meeste meisies moet huisskoonmaak as hulle tuis kom…na klein sussies of boeties kyk….en dalk nog ook aandete voorberei….Ons het eenkeer lekker gesels oor die tegniek van die perfekte vetkoek maak (in Afrikaans)….en ek het tot vandag die aantekeninge erens in ‘n dagboekie van my…

Dan is daar die ware vergewings gesindheid wat ek by hulle geleer het….en as ek so na ons politici en president kyk…..verstaan ek waar dit vandaan kom…In my eie kultuur vind ek dit nie….Ons kan so maklik iemand beskuldig nogvoor hy of sy skuldig bevind is en voel so maklik ingedoen deur familie of ‘n vriend…maar in my klas smeek die kinders gewoonlik om iemand nog ‘n kans te gee….en dan luister ek….hoekom dan nie?

Die afgelope winter het ek een nag deur die trane gewens dat ek eerder ‘n Xhosa vrou was, want ek weet hoe word weduwees bygestaan deur ouma’s, susters en tantes….Ek het so alleen gevoel in my rou…en daar was niemand in my familie wat kon of wou handbysit met die twee kleintjies nie….Ek het selfs ‘n keer of twee by die Kinderhuis op ons dorp (ek weet…ek is gladnie trots daarop nie) verbygery…..en gewens ek kon hulle daar aflaai….net vir ‘n rukkie…totdat ek meer stabiel begin voel het….

My ma se ek moenie worry nie….. “In die Bybel staan daar die Here kyk na weduwees en weeskinders….” and I suppose sy het ‘n punt beet….want as ek so terugkyk na die 6 maande wat agter my le….was dit ‘n wonderlike reis…vol onverwagse verrassings….met nuwe vriende bygemaak…ou vriende weer opgespoor….en sekere dooie familietakke totaal afgesaag van my familieboom….

En dit laat my wonder…..is bloed werklik dikker as water?