Mammy blue

Julie 27, 2013 in Uncategorized

Florescentligte het jou wit bloes
daai aand voller gemaak,
ver verby die metafore
van my moedertaal.
As childhood memories fill my mind,
you never miss the water ’til the well runs dry.

In my matriekjaar ontstaan jy in Frans;
na veertig jaar en tien tale,
spreek jy steeds,
ontstel jy steeds;
trek jy immer trane,
laat jy my voortdurend nog verlang.

Helaas, wig jy leuens
tussen waarhede in,
maar daai aand in Hillbrow
– met sy ex-post-facto
gewetensgewigte –
bliksem, daai aand met sy
skerp florescentligte.

8 antwoorde op Mammy blue

  1. tina10 het gesê op Julie 27, 2013

    mmmmmm … dit laat my wonder

  2. uitstaande!

  3. ‘n Aand vol vermaak

    Hi daar OuBoet

  4. Jy moet ‘n 80’s kind wees…Florescentligte het jou wit bloes, dit kom mos uit daai tyd.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.