Resitasietjie

Julie 24, 2013 in Uncategorized

 

Kan iemand my help om die spasiering reg te kry asb.

Klanklaan

 

Van sprokie vir ‘n stadskind

van Koos du Plessis

deur memory lane se

gange tot by 

die slawekoor uit

Nabucco van Verdi

het wysies se woorde

my teen die horisonne

van môres vasgedig

met hernontdekte gisters

wat verskiete verlanges

herroep en

in die wandelgange

bly neurie

11 antwoorde op Resitasietjie

  1. mooi … ook die met die spasiering en tipografie is daar niks verkeerd nie

  2. Baie dankie Exi. Ek plak enkelspasiering dan wys hy dubbel.

  3. ek-myself het gesê op Julie 24, 2013

    Bly om te sien jy kan nog.

  4. Het jou gemis hier rond.Moet nou nie weer so lank wegbly nie!

  5. Hallo Ouboet, dis lekker om jou hier rond te sien. As ek ‘n stuk in die inskrywingspasie plak, spring die spasiering ook van enkel na dubbel – dan verander ek dit maar ewe gedwee terug na enkel voordat ek die inskrywing laai…

  6. tina10 het gesê op Julie 24, 2013

    Welkom terug… ek wonder heeltyd hoe gaan dit met jou en die seuns…

  7. maryna het gesê op Julie 25, 2013

    Skryf jy in MS Word en copy en paste dit dan direk op jou blog? Ek dink jy en Hennie het dieselfde probleem daar. Copy dit eers van MS Word en paste dit eers in Notepad of Wordpad. Copy dit dan van Notepad en paste dit dan op jou blog.

    Ek hou van jou resitasietjie. Ek het gister in die Wimpy ook iets geskribbel op die koerant. Winter blues en somer verlange

    Net nie hier waar woorde vuiste is,
    geklemde gedagtes
    wat nooit vergewe of vergeet nie

    nie hier waar almal doof is vir Beethoven
    waar tonge en lippe die vaal taal
    van leë vlaktes praat nie

    lê my neer in die groenste blou,
    die blouste grys
    van jou stil oë

    waarmee jy elke dag deur vensters kyk
    hoe groen bome
    ryp word in die son

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.