Opinie oor Verraaiers

Maart 5, 2013 in Uncategorized

‘n Tyd gelede het ek Die Wonderwerker besing as die beste Afrikaanse fliek wat ek ooit gesien het. Dit was voordat ek Verraaiers gesien het.  Hierdie is nou ‘n meesterstuk sonder gelyke. Dalk is ek effens bevooroordeeld omdat ek iets van die hensoppers en joiners weet omdat ek baie oor die ABO tydens die boekskryf nagevors het.

Alles is puik kwadraat: Toneelspel, fotografie, draaiboek , musiek. en selfs die minder vleiende kaaltoneel (van agteraf).  Verraaiers is ‘n absolute moet om te gaan kyk. Die verhaal is plek-plek skokkend maar ongelooflik goed.

Lekker kyk. ,

15 antwoorde op Opinie oor Verraaiers

  1. blikskottel het gesê op Maart 5, 2013

    Ek wonder net wanneer gaan Eilers nou die balans bring deur ook die dapper en goie dinge wat die Boere gedoen het in ‘n movie wys? Soos ek hom kyk is hy heelpad net daarop uit om die slegte uit te wys en dit is ooknie reg nie.

  2. dankie vir die aanbeveling . sal moet gaan kyk om saam te kan praat . verraaiers was uiteindelik net moeg vir die oorlog , maar hanskakies het munt geslaan deur hul eie landgenote in die rug te steek vir eie voordeel tydens die oorlog – watter soort ‘hensoppers’ word in die film uitgebeeld ?

    • @exionperfexi

      Jy sal dit baie geniet.

      In kort: Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ’n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg. Sy vrou, Gerda van Aswegen (Rika Sennett), beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

      Die teregstellings is erg skokkend.

  3. Ek het dit baie waardeer maar wel kritiek gehad.

  4. madhatter het gesê op Maart 11, 2013

    Sal moet gaan kyk voordat ek my mond rek!

  5. mf het gesê op Maart 20, 2013

    het niks van die fliek gehou nie. Niks positiefs of goed in nie. Eensydige indruk word geskep, veral vir mense wat nie al die kante/verhale en feite van die boere enstryde tydens die tyd ken nie. Daar is beslis beter verhale uit ons ryk geskiedenis wat eerder verfilm kan word met dieselfde passie en emosie.

  6. Ou grote het gesê op Junie 9, 2013

    Ek stem saam. Dis eintlik ‘n baie eensydige en beslis eietydse interpretasie van die dinamiek van daardie tyd. Die film probeer nie ‘n gebalanseerde oorsig gee van die gebeure nie, maar speel eerder deterministies af om ‘n baie spesifieke anti-konvensionele indruk te skep van wat gebeur het.

  7. AVZ het gesê op Augustus 5, 2013

    Ek dink nie dit was ‘n swak fliek of storie nie. Ek dink dit was skitterend. Dit vertel nou nie die heeltyd van heldhaftige boere krygers nie, maar jy kan duidelik uit die film agterkom dat al die boerekrygers dapper was. Dit vertel die verhaal van ‘n man en sy gesin en hoe die omstandighede om hulle, hulle hele lewe beinvloed het. Dit bring dinge soos lojaliteit na vore – wat hy nooit opgese het nie. Hy het neutraal gebly teenoor die oorlog, maar hy sou sy eie mense wat wou aanhou veg nog steeds ondersteun deur voedsel etc. Die punt is in die begin van die storie waar Genl de la Rey se seun Adaan op sterwe le gemaak. Was die prys te hoog? Ek dink nie baie sou met my saamstem nie, maar in retrospeksie, was die stryd werklik die tienduisende vroue-,kinder-, en ander lewens werd?Was die prys nie in elk geval te hoog nie? Seker burgers het verder gedink en die wysheid gehad om te sien hulle veg ‘n verlore stryd. Dink net waar sou die land as geheel gewees het as die klein bietjie bestaande infrastruktuur staande gebly het nie. Genl de Wet was geliefd in 1st oorlog, maar in die tweede oorlog het hy die wind van voor gekry – miskien het hy in sy ouer jare gesien, die Britte kom om die land te vat ten alle koste, en hy was reg. Slim Jannie Smuts aan die ander kant was jonk en ambisieus – hardkoppig soos altyd. Waar hy instrumenteel in die dood van burgers was het hy later ‘n Engelse veldmaarskalk geword. Hy het die rebellie teengestaan (ek staan om gekorigeer te word) – interresant om sien wat die tyd vir jou wys na 20j. Wie was die werklike verraaiers, want oor ‘n lang tydperk gebeur snaakse dinge. Aan die ander kant kan jy nie in die hede ‘n oordel vel teenoor die tydsgees van die verlede nie en daar was tog baie elemente van verraad te bespeur. Miskien moet mens na de la Rey se optrede kyk. Hy was ‘n sagmoedige leier met begrip en repsek vir wat sy mense deurmaak en nie ‘n universiteitsgeleerde van Cambridge nie en hy het hulle verskoon. Hy het die individu verstaan. DIt is net ‘n storie oor ‘n gesin wat wou oorleef in ekstreme omstandighede as jy in ag neem Bloem en PTA het geval teen die tyd wat hy ophou veg het en die Verskroeide Aarde was oppad. Hy het besef – Verskroeide Aarde beteken die einde, stop dit voor alles ten gronde gaan. Maar hy en enkeles was alleen in die stryd voor dit begin het – ten einde laast het Verskroeide Aarde ons land tot vandag toe gevorm. As al die burgers voor die tyd besef het wat verskroeide aarde beteken dink ek baie meer sou terug gekeer het. Maar tyd is ‘n gerieflike plek om in nabetragting te hou.

  8. maryna het gesê op Augustus 5, 2013

    Ek wou dit nie kyk nie. Tot dusver het ek dit vermy. Sal dit nou beslis oorweeg, dankie vir die aanbeveling.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.