Alzheimer

Februarie 6, 2013 in Uncategorized

Môre is ‘n mooi dag
Ongelukkig is dit gou oor
Hierdie vae gevoel van f.k.l
weet en heelwat meer sê
is meer as ‘n illusie
wat onwetend
insluimer as die drif dun raak
en siestogs oor die kens rand kots

Bliksem Ouboet
die oes is skraal
die tref genadeloos
in die one-way skemer wat
onaangekondig
onwetend
oor ons vaardig raak
Môre was ‘n k.k dag
Ongelukkig gebeur dit weer

8 antwoorde op Alzheimer

  1. @louisna
    Jy’s netjies met woorde Ouboet! As woorde by my meer as net die woorde se betekenis oordra, dan raak jy goed.

  2. tina10 het gesê op Februarie 6, 2013

    Eish – sowaar nie vir sissies nie

  3. Jy klink bietjie depressief,Ouboet!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.