Mooi storietjie

Februarie 3, 2013 in Uncategorized

Kan iemand my help asb. Daar is nie spasie om op my blog te skryf nie. Ek het dit gerapporteer, maar dit het niks gehelp nie. Baie dankie

Nadia: Hoofstuk een.

Hy kom by Dippenaar en Reinecke aan ongeveer vyf minute voordat die winkel toemaak. Sy oog vang dadelik die lang meisie met haar langerige bruin hare. Iets sê vir hom iets gaan gebeur. Sy kyk in die spieël en sien dat die toga mooi sit. Jonk vir ‘n M dink hy toe sy die twee bande mooi opvou en in die groot plastieksak sit. Lettere en Wysbegeerte is ‘n groot fakulteit, en hy wonder in watter vakgebied hierdie aanvallige nooi gaan leer het. Hy gaan staan agter haar en wag vir die transaksie om klaar te kry voordat hy sy bestelling plaas. Hy wonder of hulle ‘n toga het wat groot genoeg sal wees. Hy weet die vorige kere het hy gesukkel.

Vir sy M moes hulle spesiaal een laat maak, en hierdie keer is hy in nog ‘n kleiner populasie. Hy raak bewus van die feit dat sy hom reeds opgemerk het. Fyn dophou is een van die gawes wat hy eers later aangeleer het, maar veral in die laaste twee jaar het hy die gawe bemeester. “Goed, kom ons handel net gou die administrasie af” sê die verkoopsdame wat seker al in haar veertigs is, maar nog steed verbasend goed lyk. Haar sagte stem graveer elke stukkie detail in sy brein. Nadia van Wyk. Chebema 308. Sunnyside. 447458.” Sy bly ‘n klipgooi van sy vorige blyplek af. Hy verbeel hom so half en half hy het haar een of dalk tweekeer in die omgewing gesien. ‘n Ander dame kom aangestap en vra of sy kan help. Kan jy glo, die rooi toga wat hy eerste aanpas, sit nogal verbased goed. Hy sien hoedat Nadia by die deur uitloop en terugkyk. Bliksim ouboet, sy kyk terug. Hulle maak oogkontak, en amper asof sy iets verkeerd gedoen het, stap sy haastig weg. Effense vollerige bene, maar tog verbasend goed gevorm, dink hy toe sy parmantig wegstap, oor die straat en haar pakkie in haar ligbruin Colt laai.

“Nadia hallo”, hoor hy haar pragtige stem. “Haai, ek is Koos. Ek het jou vanoggend in die stad gesien toe jy jou toga gaan huur het.” “Waar kry jy my nommer? Yes, kan ek help?” Hy merk ‘n tikkie onsekerheid by haar. “Jy vra twee vrae in een sin, meisie met die mooi bruin hare. Goed, kom ons begin by vraag een. Luister het ek tot kuns verhef. Ek het bloot na jou soet stem geluister. Met my korttermyngeheue skort daar niks. Om ses nommers te onthou is geen kuns nie. Buitendien, Sunnyside se eerste twee nommers ken almal. Ek moes dus net 7458 memoriseer. Piece of cake. Vraag nommer twee. Ja, jy kan my help. Gee my gou ‘n kode 5”, se hy ferm. “Luister hier, skeur jy gek of wat? Wat is ‘n kode 5?”, vra sy haastig, maar hy merk tog ‘n effense skalksheid in haar helder stem “Ek sien jy hou daarvan om issues kompleks te maak: twee vrae gelyk.

Goed, issue nommer een: Ek skeer nie gek nie. Ek het dit laas in standerd ses gedoen en tweede gekom. Issue nommer 2, ‘n kode 5 is ‘n kernopsomming van tersaaklike feite. Kom ek gee ‘n voorbeeld, of liewer 2, want ek sien jy hou van 2. Voorbeeld een: Ongetroud, onbetrokke, bly alleen. Voorbeeld 2: Gaan vas uit, geen vaste voorneme om gou te trou nie. Dus ‘n kode vyf bevat essensiele inligting oor jou as mens, wat die kern van my oproep weerspieel. Jy sien, Nadia, eintlik is ek buitengewoon gespanne hier waar ek nou sit. Ek sien ‘n pragtige meisie, maar ek weet hoegenaamd niks van haar af nie. Met die genade van bo, laat sy klein ‘n spoortjie: ‘n telefoonnommer, heel toevallig. Iets sê vir my ek moet krampagtig aan hierdie spoortjie bly klou. Nou wonder ek, moet ek of moet ek nie bel nie. Sien, om ‘n wildvreemde meisie te bel het risiko’s, veral as as jy nie ‘n kode 5 het nie. Dalk is sy getroud en maak jy ‘n jaloerse man die donner in. Vra my, ek weet. Dalk is sy en haar verloofde bymekaar as jy bel. Sien, girl, die onsekerheid maak my gespanne. OK, ek het so geredeneer.

Met jou looks en ‘n voltooide M is jy onwaarskynlik alleen. Of as jy alleen is, is daar iewers iets fout.” “Luister hier, langman, daar is niks fout met my of my omstandighede nie. Ek ken jou gladnie. Ek dink jy is voorbarig en onbeskof. Ek bespreek nie my private sake met vreemdelinge nie” sê sy kortaf en hy wil hom verbeel haar nekkie word weer styf. “Luister hier, meisiekind, ek dink jou verstand is dalk meer omlyn as jou pragtige uiterlike, en dit wat ek gesien het het my na my asem laat snak. Punt nommer een. Jy het my raakgesien. Ja ek is lank. Thanks dat jy my raakgesien het. Punt nommer twee. Ek bedoel nie daar is fout met jou omstandighede nie. Al wat ek wou suggereer is dat iemand met jou looks én stem én jou verstand nie as ‘n reël alleen is nie, en as hulle alleen is, is daar gewoonlik ‘n goeie rede met ‘n treurige ondertoon. Dis maar al. Ek wou jou nie offend nie. Maar ek weet darem nou dat jy onwaarskynlik getroud, verloof of totaal buite die mark is.”

Word vervolg

8 antwoorde op Mooi storietjie

  1. Ouboet,jy moet kyk onderaan die raampie waarin jy skryf,is ‘n pyltjie in die regterhoek.Klik daar en trek jou blograampie groter.Ek het ook daarmee gesukkel en per ongeluk dit teggekry!
    Ek kan nie wag vir die res van jou verhaal nie!

  2. Ek het weer gaan kyk..eintlik is dit twee diagonale strepies in die regterhoek onderaan.As jy daarop kliek,word dit ‘n pyltjie en jy kan jou raampie groter trek.Hoop dit help!

  3. tina10 het gesê op Februarie 3, 2013

    Gaan na Paneelbord en dan kyk jy onder die gedeelte waar daar staan hoeveel blogs jy geskryf het ens. hoeveel % jy gebruik het.

    Hoe het jy dan die storie geskryf as jy nie kan nie? Ek vra maar net?

  4. Ai, the sweet joys joys of youth!

  5. Hiya. Very cool website!! Man .. Excellent .. Amazing .. I will bookmark your website and take the feeds also…I am satisfied to find so much helpful information here in the post. Thank you for sharing.. [url=http://www.authenticcheapretrojordans.com]authentic jordans[/url] authentic jordans

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.