Jy blaai in die argief vir 2013 Februarie.

Nuutste uit Potch

Februarie 26, 2013 in Uncategorized

Ai hoe pragtig. Jongste speel in ‘n orkes naas al sy ander dinge. Links voor.

Die water was lank af, maar hulle kan weer bad/stort

Beminde in stort

Februarie 14, 2013 in Uncategorized

Tieneroë tuur deur riffelglas en stoom
en volg die kurwes van die vlees
So staar ek na jou my lam

sien ek jou soos gister toe ons
liefde verbode was
die begeerte warm
vlees op vlees was
die eerste drif hom in ‘n stil uur uitgewoed het

die jare van eensaamheid aangebreek het
elk, afgesny van mekaar, hul
in die donkerte van afsondering
van drif en pyn verlos het

In hierdie eerste repies lig van
die nuwe begin staar ek na jou
my lam, word die wasigheid
van gister weer helder lig

Soos tieneroë deur riffelglas
na die spatsels van ‘n droom bly staar,
tussen stoom na die kurwes
van die vlees bly soek

So staar ek na jou
my lam

Herinneringe uit my kuis jeugjare

Februarie 8, 2013 in Uncategorized

Klief

‘n Gestolde vlug en ‘n wens
is soms, vir ‘n klieflike oomblik,
skrikwekkend eenders

Jy trek jou aan met al my strewes
ligbloubloes met sagte repies wit
vir vlugte saam Onthou dat eerste
klief soms vreemd en skugter is

Vir my voorjaardrome deurvatdiepblou
outfits met jou malssag half skugter agter
skanse van virlaterbêre toegesluit Tog
sien ek die najaar in jou diepruin oë

Die strewe om jou waardig bo te kry
het jy geruisloos-plooiloos aan my streel
vermoed Nou speel jy hard to get met
polonek, bodyshirt en skurwe jeans

Jou mooi motifies gaan nog opstyg
voor my oë Ek wonder wie, ek of jy,
die boonste groot knoop motiefloos
sonder wantroumosies los gaan kry

Later as ons by die twee aftrek presstuds
kom bliksem Ounooi dan dink ons in gelid
en vat vreemde hoogtes soos die kuiken
wat val met sy ma wat hom vinnig vang

Vind

Februarie 8, 2013 in Uncategorized

Vind

Die metafoor van vind
vind iewers plek
soos op ‘n oorvol tafel
fyn gedekte eertgerei
en hompe lekker kos
Elke bakhand vind ‘n volte
elke stulp sy holte
metafore, messe, monde
paar en rym en eet se beste
vind, soos met dig,
die metafoor van vinnig vind
selde
op ‘n silwer skinkbord

Alzheimer

Februarie 6, 2013 in Uncategorized

Môre is ‘n mooi dag
Ongelukkig is dit gou oor
Hierdie vae gevoel van f.k.l
weet en heelwat meer sê
is meer as ‘n illusie
wat onwetend
insluimer as die drif dun raak
en siestogs oor die kens rand kots

Bliksem Ouboet
die oes is skraal
die tref genadeloos
in die one-way skemer wat
onaangekondig
onwetend
oor ons vaardig raak
Môre was ‘n k.k dag
Ongelukkig gebeur dit weer

Mooi storietjie hoofstuk 2-4

Februarie 4, 2013 in Uncategorized

Nadia Hoofstuk 2

“Luister hier, ek is besig. Jy is verwaand en onbeskof. Tatta, en geniet jou dag.” Sy sit die telefoon neer, en dit maak hom net meer vasberade. Hy skakel weer en die telefoon lui agt volledige luie voordat sy optel. Sy bly stil. “OK Nadia, ek is jammer. Ek is uit die diepte van my hart jammer.” Hy wag vir haar om te reageer, maar sy bly stil, en sit nie die telefoon neer nie. “Kan ek jou vra om vir een minuut te luister, please. Dan sal jy nie weer van my hoor nie. Jy sien girl, toe ek jou vanmiddag sien, het iets vir my gesê ek moet kontak maak. Iets obsessiefs/kompulsiefs het my jou nommer laat memoriseer. Ten spyte van die risiko’s wat ek netnou omskryf het, bel ek jou, maar ek loop teen een soliede betonmuur vas. Weet jy wat girl, op pad huistoe het ek vir jou ‘n mooi blom gekoop, ‘n geel krisant. Weet jy wat sou my dag gemaak het? As ek net die voorreg gehad het om dit vir jou te gee. ‘n Dankie met jou mooi stem sou genoeg gewees het. Anyway, ek hoop jy kom tot jou sinne. OK, ek is nie Nostradamus, Siener van Rensburg of Moses nie, maar iemand het jou seergemaak. Nou haal jy jou woede op my uit. By the way, ek het geen kinminele rekord nie. Sien jou oor ‘n uur by die Grapevine. As jy nie opdaag nie, sien ek jou ‘n vyf minute later by jou woonstel.”

Sy hou die gehoorbuis ‘n lank vas en begin saggies huil. Wie en wat is hierdie vreemdeling wat haar so ontstel het? Wat weet hy van haar af? Mens kan mos nie net sommer uit die vuis uit sulke waarhede kwytraak nie. Shit, hoekom nou juis vandag. Sy moes reeds gery het. Pa-hulle sal wonder hoekom sy laat is. Sy gaan sit en skryf ‘n kort briefie. Voor sy ry sal sy dit gou by die Grapevine aflaai en vra hulle moet dit vir die langman gee. Nee, los dit op die deur van haar woonstel. Dit sal dalk beter lyk. “Skobbejak. Ongelukkig is ek op pad na my ouers toe. Dankie vir die krisant, wat seker soos ‘n stuk droë kakiebos sal lyk teen die tyd dat ek terug is. Nadia.”

Ek dink ek is iets so halfpad tussen onskuldig en ‘n eerste oortreder, het sy hom veel later vertel. En en Albert het twee jaar uitgegaan. Voor hom wat daar ‘n paar ouens wat hulle luck probeer het, maar met die genade van bo het niemand voluit gegaan nie, maar dit was amper, veral eenkeer. Tydens ‘n joolbladtoer het ‘n vierdejaar-ingenieurstudent haar (sensor). Sy het gewonder of sy daarna nog ‘n maagd was, en na ‘n paar maande het sy op “at least in theory” konsensus met en berusting in haar skuldgevoelens gekry.

Haar en Albert se verhouding het vrek stadig begin, alhoewel hulle groot maats was. Soms het sy begin wonder of hy haar nie fisies aantreklik vind nie, en lateraan het sy doelbewus toenadering begin soek. Daarna het Albert vryerig begin word maar geensins vatterig nie. Toe hulle 9 maande vasuitgegaan het, het sy een hom een aand gekonfronteer. Stel hy belang in haar of nie? Al haar vriendinne wat vasuitgegaan het, het toe reeds seksuele verhoudings met hul minnaars gehad. Wat was dan met haar verkeerd? Albert het besef hy moes iets doen en het haar gereeld begin betas. Hy wou nooit dat sy aan hom vat nie. Hulle het ‘n paar keer probeer, maar Albert was nooit werklik paraat nie. Eenkeer het hy half (sensor) en sy onthou dat dit effens seer was. Na hierdie halfhartige poging het hy agter skuldgevoelens begin skuil en weer aan die fisiese verhouding begin onttrek.

Albert was skrander en het baie vriende gehad. Hulle het gereeld saam uitgegaan en werklik goeie tye saamgehad. Sy het op ‘n stadium gemerk dat Albert en die skraal vefrynde ou wat kuns geswot het baie gesels, maar nooit werklik iets vermoed nie. Maar daardie aand toe sy hulle toevallig saam by die toilet sien ingaan het, het haar ergste vermoede waar geword. Albert was gay. Hy stel nie seksueel in vrouens belang nie. Ofskoon sy vir ‘n lang tyd diep seergemaak was, het sy haar getroos by die feit dat nie een seksuele bevrediging uit die ander gekry het nie. Tegnies het sy dus nog nie juis ernstig oortree nie. Dink jy daar is iets soos ‘n halwe maagd, het sy eenkeer gevra? ‘n Halwe poging halfhartig uitgevoer deur ‘n gay met geen werklike sensasie nie is mos nie werklik ‘n oortreding nie. En after all, hulle het toe reeds bykans twee jaar lank vasgesleep.

Het sy dan oortree? Nee seker nie. Maar hy het oortree. Om ‘n heteroseksuele meisie te probeer verlei en as dit by die presteerslag kom die aftog te blaas is onregverdig, en eintlik onverskoonbaar. Om ‘n warmgevryde meisie soos ‘n vrot vel te los is die ergste skending van ‘n vrou se waardigheid. ‘n Man met ‘n bepaalde voorkeur moet in sy eie league fight. Maar eintlik is hy bly ‘n fyn mannetjie het haar 2 jaar buite die bereik van die roekelose en jagse straights op die kampus gehou. Sonder sy vrugtelose aanslag sou sy beslis by ‘n ander parate klong geswig het. Die verhouding het dus sy tyd en plek gehad. Albert is langer uit die closet gehou, en sy het die harde swingels genadiglik vrygespring. Jool is by gebrek aan ‘n beter beskrywing springety, en hy het haar tydens twee jaar se jool vir ‘n soekende boerseun bewaar. Kom ons salueer die fyn mannetjie. OK, hy is nie ingenome met die feit dat hy gedoen het wat hy gedoen het of probeer doen het nie. ‘n Uitsonderlike mooi lyf soos hare is gemaak vir een man om na te kyk, te bewonder en te verken. Ja, dit maak hom die moer in dat hy haar kaal gesien het, betas het, en emosioneel gevange gehou het. Maar hierdie rugridder het ‘n volmaakte plek in dit wat hier en nou saakmaak.

Hoofstuk 3

“So by the way, watter getroude man het jy kwaad gemaak”, vra sy en hy merk die eerste sweempie van werklike belangstelling, of dalk eerder die Act one, Scene one van jaloesie. Girls wat uitvra, reageer. Hulle gee die eerste beton van die fondament aan waarop selfvertroue gebou word. Shit, en wie wil nou nie deur ‘n skoonheid soos dié uitgevra word nie? “Eintlik is dit ‘n lang storie. Ek het by XYZ gewerk en ‘n stew van ‘n job gehad, maar in breë trekke was een van my uitsette ‘n belangrike inset vir die salariskantoor. Ek werk die behuisingsubsidie uit en sy trek die balans van die paaiement van die salaris af. Sy was mooi, seker so 35 en ongelukkig getroud. Die salarisadviese het later dekbriefies bygekry, en voor ek my kon kry was daar spontane toenadering, sonder dat ek ooit daarvoor gesoek het. Ons het mekaar net een aand so skrams gegryp in my kamer in die AJO, toe ‘n groot vriend wat so pas sy admissie-eksamen geslaag het daar opdaag en ons owerspelerige speeltyd kortgeknip.

Daardie jaar se afskeidspartytjie was by die Helenic Club. Uiteraard vra ek toe die girl vir ‘n dans, en by die tweede draai word ons brutaal uitmekaargeruk deur haar bedonnerde man. Die Hoofbestuurder en sy vrou was toevallig langs ons op die dansbaan. Die girl wat saam met my daar was, was “tot in die afgond toe verneder”, die Hoofbestuurder het my vir weke daarna nog aangegluur, en die bedonnerde man en sy mooi vrou is in die spinnende rooi Ford Fairlane daar weg. Die soms bevange ruimte van die huwelik het nie plek vir derde partye nie. Filosofiese woorde uit die mond van ‘n mens wat nie die huwelik se binneste ken nie. Anyway, het ek jou vraag korrek beantwoord?” “Ek merk ‘n spontane eerlikheid in jou komiese vertellings galante heer, en ofskoon ek dink jy verdun die feite, glo ek jou so more or less. Jou verlede het in elk geval niks met my te doen nie”, en ek merk die eerste formulerings van hipotesestellings. Hierdie girl is somehow besig om my te toets met hipoteses, en sy wag vir interpretasies. ‘n Goeie, maar half bedreigende idee. “Jy reken” reageer ek instinktief en kyk haar sekuur in die oë. “Wat bedoel jy?” vra sy half verdwaas oor my spitsvondigheid. “Jy sien, juffrou, ‘n dag gelede, het ek deel van jou verlede geword, en jy deel van myne. Oor die toekoms kan ons nie nou praat nie. Ek belowe jou, oor veertig jaar sal ek hierdie dag onthou, al los jy my nou soos ‘n sak stront voor die hoofpawiljoen. Ek dink jy ook. Jy sien juffrou, mens hoef nie met die helm gebore te wees om ‘n vibe op te tel nie. Toe ek jou gister vir die eerste keer sien, het ek ‘n vibe opgetel.

Hoofstuk 4

Lang meisies soos jy kan nie kort outjies vat nie. Daarvoor is julle ego’s te groot. Dus is jy beperk tot die boonste kwadrant van die populasie, die lang manne. Die lang manne is wat betref hul ander eienskappe, ook uitgelewer aan die realiteite van die normaalkurwe. ‘n Klein persentasie het goeie kwalifikasies, sterk persoonlikhede, mooi gesigte en lywe, ensovoorts. Dus, al is ek hoegenaamd nie jou gunsteling keuse nie, durf jy my nie miskyk nie. En ek sien jy is reeds besig om my aan die hand van subtiele hipotesestellings te toes. Wil seker maak ek is nie op parool uit vir verkragting of so iets nie. Eintlik behoort ek te lag, maar eintlik maak jy my intens die donner in, en vir die eerste keer hoor ek ‘n vloekwoord uit haar goedgevormde mond. En op hierdie punt strike die k.k die fan. “Eintlik is jy ‘n windgat sonder weerga. Eintlik is jy die woordeboekdefinisie van ‘n male chauvenist pig. Loop jy ook en spog oor die meisies op jou lang kerfstok?” Luister juffrou, ek hou van jou uitbarsting. Dalk goed dat jy my leer ken. Jy sien my dilemma. Vra jy my of ek ‘n manlike maagd is, sal jy op my gesig sien ek lieg. Sê ek toevallig nee, wil jy weet, met wie, waar, hoeveel keer, etcetera, etcetera. Goed, ek het by enkele geleenthede selektief ‘n draai of drie deur die dorp geloop, MAAR:

 Ek het nooit ‘n meisie onteer vir wie ek nie lief was nie, en daar was enkele verdienstelike geleenthede.
 Ek het nooit die son, maan en rose beloof vir gunsies nie.
 Ek het nooit enige buitestaander vertel waar en met wie ek geslaap of wakkergebly het nie.
 Alle gevalle was mutually agreed, give and take a few acts of normal persistence here and there.
 Ek het nooit enige onredelike druk toegepas nie. Onthou mens weet wanneer ‘n sagte “moenie” eintlik ‘n ferm “ja” is. Sorry vir die een.
 Ek het nog nooit vir enige guns of gawe betaal nie. In elk geval nie in kontant nie.
 Na die beste van my wete het ek one-night stands vermy. In the unlikely event van ‘n toevallige walkover van my kant wou ek nie toesien dat die girl dalk sleg sou voel die volgende dag nie. Gaan ‘n keer of wat terug en taper die situasie behendig af. Lei Poon koud as hy warm is, anders sit jy met komplikasies.
 En finally, ek het nooit in enige redelike geselskap die tag van ‘n rond..eker gehad nie.

Jy se jy het ‘n draai of drie deur die dorp geloop, en jy haal agt of tien karegoriee onvoorbereid en in meticulous detail aan. Wie bullshit jy nou eintlik meneer die rokjagter? OK, girl, ek sien die rough edges van my patriargale opvoeding op die plotte naby die spruit kom deur, maar een ding belowe ek jou: ek het geen intensies om jou teen jou wil bed toe te sleep nie. Ek het geen intensies om die fyn mannetjie se onvoltooide werk af te handel nie. Vlees is volop. ‘n Aand in die Zillerthal en jy word die volgende oggend met ‘n lied in die hart wakker. OK, jy is pragtig en het die mooiste kurwes in plek. Ek glo ‘n geleentheid met jou tussen verruklike wit lakens sal ‘n onvergeetlik ervaring wees. Maar kyk na die price tag, all inclusive natuurlik. Ek het ‘n vermoede ek sal jou die een of ander gepaste tyd more ‘n piksoentjie kan gee.

Word vervolg

Mooi storietjie

Februarie 3, 2013 in Uncategorized

Kan iemand my help asb. Daar is nie spasie om op my blog te skryf nie. Ek het dit gerapporteer, maar dit het niks gehelp nie. Baie dankie

Nadia: Hoofstuk een.

Hy kom by Dippenaar en Reinecke aan ongeveer vyf minute voordat die winkel toemaak. Sy oog vang dadelik die lang meisie met haar langerige bruin hare. Iets sê vir hom iets gaan gebeur. Sy kyk in die spieël en sien dat die toga mooi sit. Jonk vir ‘n M dink hy toe sy die twee bande mooi opvou en in die groot plastieksak sit. Lettere en Wysbegeerte is ‘n groot fakulteit, en hy wonder in watter vakgebied hierdie aanvallige nooi gaan leer het. Hy gaan staan agter haar en wag vir die transaksie om klaar te kry voordat hy sy bestelling plaas. Hy wonder of hulle ‘n toga het wat groot genoeg sal wees. Hy weet die vorige kere het hy gesukkel.

Vir sy M moes hulle spesiaal een laat maak, en hierdie keer is hy in nog ‘n kleiner populasie. Hy raak bewus van die feit dat sy hom reeds opgemerk het. Fyn dophou is een van die gawes wat hy eers later aangeleer het, maar veral in die laaste twee jaar het hy die gawe bemeester. “Goed, kom ons handel net gou die administrasie af” sê die verkoopsdame wat seker al in haar veertigs is, maar nog steed verbasend goed lyk. Haar sagte stem graveer elke stukkie detail in sy brein. Nadia van Wyk. Chebema 308. Sunnyside. 447458.” Sy bly ‘n klipgooi van sy vorige blyplek af. Hy verbeel hom so half en half hy het haar een of dalk tweekeer in die omgewing gesien. ‘n Ander dame kom aangestap en vra of sy kan help. Kan jy glo, die rooi toga wat hy eerste aanpas, sit nogal verbased goed. Hy sien hoedat Nadia by die deur uitloop en terugkyk. Bliksim ouboet, sy kyk terug. Hulle maak oogkontak, en amper asof sy iets verkeerd gedoen het, stap sy haastig weg. Effense vollerige bene, maar tog verbasend goed gevorm, dink hy toe sy parmantig wegstap, oor die straat en haar pakkie in haar ligbruin Colt laai.

“Nadia hallo”, hoor hy haar pragtige stem. “Haai, ek is Koos. Ek het jou vanoggend in die stad gesien toe jy jou toga gaan huur het.” “Waar kry jy my nommer? Yes, kan ek help?” Hy merk ‘n tikkie onsekerheid by haar. “Jy vra twee vrae in een sin, meisie met die mooi bruin hare. Goed, kom ons begin by vraag een. Luister het ek tot kuns verhef. Ek het bloot na jou soet stem geluister. Met my korttermyngeheue skort daar niks. Om ses nommers te onthou is geen kuns nie. Buitendien, Sunnyside se eerste twee nommers ken almal. Ek moes dus net 7458 memoriseer. Piece of cake. Vraag nommer twee. Ja, jy kan my help. Gee my gou ‘n kode 5”, se hy ferm. “Luister hier, skeur jy gek of wat? Wat is ‘n kode 5?”, vra sy haastig, maar hy merk tog ‘n effense skalksheid in haar helder stem “Ek sien jy hou daarvan om issues kompleks te maak: twee vrae gelyk.

Goed, issue nommer een: Ek skeer nie gek nie. Ek het dit laas in standerd ses gedoen en tweede gekom. Issue nommer 2, ‘n kode 5 is ‘n kernopsomming van tersaaklike feite. Kom ek gee ‘n voorbeeld, of liewer 2, want ek sien jy hou van 2. Voorbeeld een: Ongetroud, onbetrokke, bly alleen. Voorbeeld 2: Gaan vas uit, geen vaste voorneme om gou te trou nie. Dus ‘n kode vyf bevat essensiele inligting oor jou as mens, wat die kern van my oproep weerspieel. Jy sien, Nadia, eintlik is ek buitengewoon gespanne hier waar ek nou sit. Ek sien ‘n pragtige meisie, maar ek weet hoegenaamd niks van haar af nie. Met die genade van bo, laat sy klein ‘n spoortjie: ‘n telefoonnommer, heel toevallig. Iets sê vir my ek moet krampagtig aan hierdie spoortjie bly klou. Nou wonder ek, moet ek of moet ek nie bel nie. Sien, om ‘n wildvreemde meisie te bel het risiko’s, veral as as jy nie ‘n kode 5 het nie. Dalk is sy getroud en maak jy ‘n jaloerse man die donner in. Vra my, ek weet. Dalk is sy en haar verloofde bymekaar as jy bel. Sien, girl, die onsekerheid maak my gespanne. OK, ek het so geredeneer.

Met jou looks en ‘n voltooide M is jy onwaarskynlik alleen. Of as jy alleen is, is daar iewers iets fout.” “Luister hier, langman, daar is niks fout met my of my omstandighede nie. Ek ken jou gladnie. Ek dink jy is voorbarig en onbeskof. Ek bespreek nie my private sake met vreemdelinge nie” sê sy kortaf en hy wil hom verbeel haar nekkie word weer styf. “Luister hier, meisiekind, ek dink jou verstand is dalk meer omlyn as jou pragtige uiterlike, en dit wat ek gesien het het my na my asem laat snak. Punt nommer een. Jy het my raakgesien. Ja ek is lank. Thanks dat jy my raakgesien het. Punt nommer twee. Ek bedoel nie daar is fout met jou omstandighede nie. Al wat ek wou suggereer is dat iemand met jou looks én stem én jou verstand nie as ‘n reël alleen is nie, en as hulle alleen is, is daar gewoonlik ‘n goeie rede met ‘n treurige ondertoon. Dis maar al. Ek wou jou nie offend nie. Maar ek weet darem nou dat jy onwaarskynlik getroud, verloof of totaal buite die mark is.”

Word vervolg