Stukkie hartseer uit die verlede

Januarie 24, 2013 in Uncategorized

Ek en Attie was saam matriekafskeid toe, hy met Helena en ek met Laura wat in dieselfde tyd as ek op Tukkies was en die die graad B Cur in Verpleegkunde geswot het.

Ek het ‘n mooi foto van die matriekafskeid. Ek haak by Laura in en nie andersom soos dit eintlik hoort nie. Hoe met ‘n ongekunstelde boerklong wat op die plotte groot geword het dan nou van etiket en sulke goed weet. By ‘n deftige geleentheid is ek eenkeer ‘n afveelappie met ‘n silwer tang aangebied. Ek het gedink dit is ‘n pannekoek en het my bord vir die kelner gehou. In elk geval, op daardie stadium het my suit waarin ek die vorige jaar aangeneem is, al effens knap gesit, maar ‘n nuwe valletjieshemp en swart das met die pêrel (boe tie) het die kort moue van die baadjie so effens geneutraliseer, of liewer gekamofleer.

Een oggend in die vroeë of middel negentigs toe ek, soos elke oggend my koerant op kantoor lees, vang my oog ‘n berig, die begrafniskennisgeweing van Laura, (getroude van vergeet) Ek was onseker of dit die regte Laura was, en skakel toe die begrafnisondernemer, as ek reg kan onthou in Klerksdorp. Volgens haar jaar van geboorte en beroep in die hospitaalwese, moes dit beslis sy wees. Die meisie by die ondernemer was baie vriendelik. Sy was eers onwillig om my enige inligting te gee. Ek deel haar toe mee dat dit moontlik my matriekafskeid-metgesel kan wees. Die husky Benson & Hedges-stem word sagter. Sy deel my toe ook mee dat Laura haar eie lewe geneem geneem het. Die meisie met die verruklike stem laat val ‘n traan.

9 antwoorde op Stukkie hartseer uit die verlede

  1. tina10 het gesê op Januarie 24, 2013

    Ag dis tog jammer

  2. Stukkie tyd gedeel in ‘n lewe

  3. tina10 het gesê op Januarie 29, 2013

    Daar is ‘n probleem by jou blog vandag. Daar is geen plek om kommentaar te lewer nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.