Jy blaai in die argief vir 2013 Januarie.

Ai hoe lekker het ons voorgeslagte gevry.

Januarie 29, 2013 in Uncategorized

Hier is ‘n kostelike stukkie uit PW Grobbelaar se boek Boerewysheid wat ek in my familiekroniek aanhaal:

Grobbelaar (1977) werp meer lig op die saak en beskryf ‘n ou vrygebruik waarvolgens kêrel en nooi voor hul troue ‘n nag saam op die bed deurgebring het. Daar was egter ‘n insiggewende beperking: die een was onder die kombers en die ander bo die kombers. Hierdie beperking was waarskynlik ook op die jongeheer se hande van toepassing. ‘n Dik verekombers versag wel die kontoere maar neem nie die gedagtes en begeertes weg nie, en ongekarteerde landskappe stuit geen soektog nie.

Die kêrel sal op ‘n gegewe nag die venster van die huis oopmaak, daardeur klim om “bij de dochter op het bed boven de deken te gaan liggen en op die manier een praatje te houden, de vrijagie voort te zetten en aldaar te blijven tot een uur voor sonsopgang, wanneer hij wederom in stilte vertrek en de venster sloot……” Onthouding is inderdaad ‘n besonderse gawe, en na hierdie emosionele en fisieke foltering was die paartjie gereed vir die eise én wettige voorregte van die huwelik.

Stukkie hartseer uit die verlede

Januarie 24, 2013 in Uncategorized

Ek en Attie was saam matriekafskeid toe, hy met Helena en ek met Laura wat in dieselfde tyd as ek op Tukkies was en die die graad B Cur in Verpleegkunde geswot het.

Ek het ‘n mooi foto van die matriekafskeid. Ek haak by Laura in en nie andersom soos dit eintlik hoort nie. Hoe met ‘n ongekunstelde boerklong wat op die plotte groot geword het dan nou van etiket en sulke goed weet. By ‘n deftige geleentheid is ek eenkeer ‘n afveelappie met ‘n silwer tang aangebied. Ek het gedink dit is ‘n pannekoek en het my bord vir die kelner gehou. In elk geval, op daardie stadium het my suit waarin ek die vorige jaar aangeneem is, al effens knap gesit, maar ‘n nuwe valletjieshemp en swart das met die pêrel (boe tie) het die kort moue van die baadjie so effens geneutraliseer, of liewer gekamofleer.

Een oggend in die vroeë of middel negentigs toe ek, soos elke oggend my koerant op kantoor lees, vang my oog ‘n berig, die begrafniskennisgeweing van Laura, (getroude van vergeet) Ek was onseker of dit die regte Laura was, en skakel toe die begrafnisondernemer, as ek reg kan onthou in Klerksdorp. Volgens haar jaar van geboorte en beroep in die hospitaalwese, moes dit beslis sy wees. Die meisie by die ondernemer was baie vriendelik. Sy was eers onwillig om my enige inligting te gee. Ek deel haar toe mee dat dit moontlik my matriekafskeid-metgesel kan wees. Die husky Benson & Hedges-stem word sagter. Sy deel my toe ook mee dat Laura haar eie lewe geneem geneem het. Die meisie met die verruklike stem laat val ‘n traan.

Soetwees

Januarie 21, 2013 in Uncategorized

PG het een van die mooiste metafore in Afrikaans gemunt. Die gawe van onthouding. Dit laat my dink: Soet wees seun. OK ouma. Julle wat mos ook baie soet, veral in die Victoriaanse tydperk. Ons kan by julle leer.

Gerbrecht

Jou somber beeld
ets pyn af teen die
dowwe kiekiemuur

Jou hande wys die
was en aanhou
was in kouewater

Jou oë is strak, vol goeie
evangelie: genegawes
van jou groot familie

Jou tenger lyf was
eenmaal jonk, so
lees ek in die boek

Kort-kortverhaaltjie

Januarie 17, 2013 in Uncategorized

Op pad huis toe dink hy aan die songs wat hy vir haar gaan speel. Begin dalk met iets neutraals, soos Rondo ala Turka. Die song wys vroeë meesterskap, maar verklap nie intensies nie. Tog is die vinnige note uitlokkend. Dan Fur Elise, effens nader aan die tema, maar nie so intens nie. Gooi dan ‘n vinnige Sting om die eerste gewaarwordings van die spel te beklemtoon. Sting verpersoonlik ook iets van mooi girls met asembenemende rondings wat op tafels dans en die manne se meelewing opjaag. Hierna volg tegniese meesterskap. Polonaise in A.

Dan die grand finale: “Verbeel jou jy en jou geliefde is vir ‘n naweek weg. Julle kamp uit bo in die berge en jy sit in ‘n plas water onder ‘n waterval, langs die stroompie. Jy hoor die water langs jou kabbel. In die agtergrond hoor jy die sagte dreuning van die waterval. Jou geliefde sê jy moet net so sit, terwyl hy net gou die sjampanje gaan haal. Jy skuif af in die water. Jy voel hoe die water jou liggaam saggies streel. Wanneer die song ophou, voel jy die koue glas teen jou wang.” Hy trek los met Schubert se Impromptu in A. Die vinnige siklus van fyn note en dan die die vol druk met albei hande. Dit word opgevolge met ‘n paar soortgelyke passasies, net elke keer meer subtiel en meer harmonierend.

Meteens sien hy ‘n engel voor hom.

Vrye keuse

Januarie 9, 2013 in Uncategorized

Verdien hom laag
en dra hom hoog

die brandmerk-pouveer
tooisel van die hoof

Ja of nee se kuns
van keuses maak

ken van uiterstes
ken ook die geheim

van lê of nee sê, van
die skulpie en die boor

Maanlanding. Nog ‘n inside job?

Januarie 2, 2013 in Uncategorized

Almal van julle het seker al gehoor van bewerings dat die 1969 maanlanding ook ‘n inside job was. Ek het lank daaroor geGoogle, en ja, ek dink dit was soos 9/11 ook ‘n inside job. Hoekom?

Die Amerikanrs het hard gesluk aan die feit dat die Rus Yuri Gargarin in 1957 die eerste ruimtevaarder was. Vat aan Amerika se ego, en hulle wil ‘n punt bewys

Baie fotos is as fakes uitgewys. Absolute fakes. Selfs mik-en-druk-amateurs het gelag

Al die foto’s het dieselfde agtergrond/horison. Op een maan?

Die “gehop” op die maan is uitgewys as ‘n fake. Teen ‘n sesde van die aantrekkingskrag van die aarde het Armstrong en Aldrin effe snaaks “gehop” op die maan. Toe kom hulle agter die stunts is op die aarde gedoen en teen 50% van die spoed gewys. Kenners reken dit is de moeder van fakes.

Hoe is dit moontlik? Teen flieks soos Titanic is die skepping van die maan in ‘n Hollywood-ateljee ‘n piece of cake.
Kan julle aan nog fakes dink?

Groete
ouboet

2013

Januarie 1, 2013 in Uncategorized

Vrede, voorspoed en waar nodig ruim nektar uit die wingerd