Jongste se 21st vanaand

November 16, 2012 in Uncategorized

Vanaand word Kleinboet se 21st gehou, alhoewel hy eers op 4 Desember verjaar. Hy wou die partytjie hou voordat die universiteit sluit sodat al sy maats wat ver bly kan bywoon. Hy het ons die versekering gegee dat hy vermoed die aantal gaste gaan nie meer as 70 wees nie.

Omdat parkeerplek hier teen die berg skaarser as piesangpitte is, reel ek toe met die skool 300 meter bult af, dat die kinders se karre onder toesig van ‘n wag daar toegesluit word. Ek vermoed die opstap gaan hulle dors maak.

Die kontrakteurs sou gister klaar gewees het met die vervanging van seilkkappies van die huis en afdakke om die stoep. Nou hoor ek net elektriese bore, rivitmasjiene, snotklappe en f-woorde wat ruim uitgedeel word. Ek twyfel of fulle voor 8-uur vanaand gaan klaar wees. Gelukkig is my ooreenkoms met hom dat finale betaling slegs op 16 November geskied, mits die werk klaar is.

Intussen kan die gras nie gesny word nie, die stoele nie uitgedra word nie,die speakers nie geinstalleer word nie en die caterers nie hulle toerusting op site kry nie.

Gelukkig is my speech klaar. Ja, 77 Powerpoint slides gaan die mooi oomblikke oor 21 jaar saamvat. Van ‘n foto direk na sy geboorte tot by sy aanvallige vaste meisie van drie weke wat in Bethal woon gaan aan die skare op die big screen voorgehou word. Hy het by sy meisie gespog dat sy voorsate haar tuisdorp gestig het en so ‘n paar punte verdien. Sy versoek: Pa, vertel ook van die stigter van Bethal, en van Philippe Naude (sy 7x groot-oupagrootjie wat ‘n professor in wiskunde in Berlyn was en met Leibnitz gekorrespondeer het.)

Ek sal ook die reels aankondig. Die tuin is beskikbaar vir amper alles, behalwe urinering. Gaste wat meer as 2 lemonades gedrink het mag nie die perseel verlaat voordat hulle hulle babelaas afgeslaap het nie. Daar word ook nie van die hoë braaiplak in die swembad geduik of gespring nie, want bloed mag net dalk nie nuwe marbelite vlek.

Met die drankaankope het Kleinboet vermoed 25 bottels Vodka gaan dalk genoeg vir die punch wees. Om moontlike laatnagdors te voorkom gaan koop ek toe ook 10 bottels tweeliter rooiwyn. Na my speech gaan ons en die bure lank uiteet om oordrom-irritasie bietjie uit te rek. Gelukkig is sy ouboet van 26 dan in charge. Vyf jaar gelede was hy deur ‘n soortgelyke gefuifery en is dus volkome vertroud met die uitdgings (en ongelukkig ook geleenthede.) maar wie weet, dalk ontmoet hy sy trougirl vanaand en ouboet word in die afsienbare toekoms oupa.

Geniet julle naweek

Stoepgroete,

ouboet

14 antwoorde op Jongste se 21st vanaand

  1. Grinnik… die opstap is ok maar met die afstap kan ‘n probleem wees as hulle verdwaal.
    😉 hou tog maar die toespraak kort – vandag se jong mense is so aandagafleibaar!

  2. Jul moet lekker party vanaand…gaan groot…wel ek dink Kleinboet gaan dit doen

    Geniet dit Ouboet

    Het jy toe al geloer na die aktiwiteitsblad…daar waar ‘n mens kan sien wat alles gebeur orals

  3. Gelyk en voorspoed met die pardy, Ouboet.
    Hoop dat als sonder enige voorvalle sal afloop.

  4. my kinders het nie een te veel van ‘n fuss gemaak met hulle mondgwording nie – telkens lekker informele braai en helaas harde raserige musiek

  5. maryna het gesê op November 17, 2012

    Jou seuns waardeer jou seker baie Ouboet. Dit klink feestelik, baie geluk!

  6. Teen dié tyd is dit seker al verby!Hoop dit was ‘n sukses sonder voorvalle!

  7. Nie een van my seuns wou ‘n partytjie hê nie. Ek weet tot vandag toe nie of ek moet hartseer of verlig voel daaroor nie.

  8. I think you have noted some very interesting details , thankyou for the post. [url=http://www.authenticairjordans.us]authentic jordans[/url] authentic jordans

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.