Hoekom ek laaglê

November 12, 2012 in Uncategorized

Die huidige blogsisteem werk myns insiens gladnie. Die lese en kommentare het beduidend afgeneem en dit voel of ek op ‘n vreemde plek is elke keer wat ek probeer inloer. Hoekom bestaan die statistiek nie meer nie?

Nee wat, ek gaan kyk eerder rolbal of jukskei as om my tyd hier te mors.

Groete

ouboet

12 antwoorde op Hoekom ek laaglê

  1. Dirkie het gesê op November 12, 2012

    @louisna wat statistieke betref – gaan in by paneelbord- links kliek op Tools- kyk op lysie van tools is Mobile analictics…syfer is daar van besoeke.
    Mense lees, maar dit is nie so gerieflik om kommentaar te lewer, ek blog ook by WordPress.com en dit is daar ook maar die geval. Wat daar geriefliker is, mens kan darem sterre uitdeel en ‘like’ druk as jy nou nie altyd wil kommentaar nie, mens raak gewoond aan veranderinge, Nee wat skryf maar blogstukkie, ek lees en menige ander ook.

  2. Dirkie het gesê op November 12, 2012

    @louisna – jammer vir die spelfout Paneelbord – tools- mobile anlaytics en dan sien jy daar te lese – local analaytics.

  3. Watse statistiek?

  4. Hoop jy wen, met die rolbal/jukskei. Dit klink na jou koppie tee {-;

    Ek moet saamstem. Dit is vir my erg baie effort om rond te kuier op die nuwe blogs. Het in die ou dae so halfuur hier sit en koffie drink dan het ek vir almal gekuier en gelees waar ek wou…en gesels. Vanoggend se inskrywing alleen het my 40 minute geneem want die foto’s het aanhou vreemde dinge doen/verdwyn as ek hulle probeer insit. Maar dis regtig baie harde werk om rond te beweeg, en baie tydrowend. En dis nie net omdat die platform onbekend en ek tegnologies gestremd is nie…alles is net meer omslagtig.

  5. MariS het gesê op November 12, 2012

    Ouboet ek stem saam.. ‘n Mens voel amper ontuis op jou eie stoep!

  6. @louisna, verwys jy na elke afsonderlike blad se bladlese as jy van statistiek praat? Ek sal in my bloginskrywing van vandag uiteensit hoe mens statistieke op jou blog kan sien. Groete, Naomi M

  7. Die hele proses is beslis meer omslagtig en nie meer lekker spontaan nie, maar iets is altyd beter dan niets

  8. so by the way,
    Nogal laas week baie aan jou gedink. loop in Cavour straat en onthou hoe min het ek belanggestel in geskiedenis. (ons geskiedenis onnie was mnr Schoeman – jou huis se vorige eienaar)

  9. @louisna : op jou vorige blogplasing wag 2 van my eie kommentare om gemodereer te word, voordat dit as “traffic” sigbaar sal word vir jou medebloggers om dit op jou eie blogwerf te kan lees …..?

  10. Byt maar vas. Ons sal jou mis!

  11. Hello I like your blog. Do you need to visitor publish on my very own at some point? If so please inform me by means of e-mail or perhaps reply to this kind of opinion since We enrolled in notifications and will understand should you choose. [url=http://www.jordan2013outlet.com]authentic jordans[/url] authentic jordans

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor