Waardebepaling van ons nuwe blogs

November 8, 2012 in Uncategorized

Ek dink die huidige blogtuiste is beduidend swakker as wat ons gehad het. Die werking is baie moeiliker en die instruksies in Afrikaans klink vreemd, byvoorbeeld: Die forumskomponent is nog nie opgestel nie. Nou wat sou dit nou beteken?

Dit is net so gebruikersonvriendelik soos Afrikaanse instruksies op ‘n selfoon, of die kitsbank. Dis amper soos briek, clutch en welding rod. Die Engelse weergawe is lekker in Afrikaans

Voorheen het ons lekker gekuier, nou is dit vreemd en kil. Dit is hoekom ek so lank wegbly.

As ek vir die ou gewaad nege uit tien gegee het, kry die huidige een net een uit tien. Wat dink julle?

Groete

ouboet

13 antwoorde op Waardebepaling van ons nuwe blogs

  1. Ek stem daar is goedjies wat pla maar -:) – sowaar jy darem lekker oordryf!

  2. @louisna – Ag nee wat, dis nie so erg nie. In die begin was dit ook vir my ERG hoor, het soos ‘n graad 1tjie gevoel. Maar hoe meer jy karring en speel hoe meer leer jy. 🙂

    So: moenie vir sulke lang tye wegbly nie!

  3. maryna het gesê op November 8, 2012

    Elke silwer randjie het ‘n donker wolk. Ek hoor MWEB en die M&G het hulle blogs net geskrap, iemand doen baie moeite sodat ons nie haweloos sit nie.

  4. Ouboet, die ou platvorm was baie primitief tegnologie gewys. Verandering/vernuwing/groei is nie altyd maklik nie, maar om te stagneer is ook nie goed nie. Instede van skop teen die prikkels sien dit as ‘n avontuur en ‘n leerkurwe 🙂

  5. lora2me het gesê op November 8, 2012

    Ja, ek oefen ook maar nog. My probleem is dat ek baie vinnig kan tik en lees, maar eintlik ietwat BC is wat enige tegniese goed aanbetref. Miskien is dit maar net tyd dat ek leer. Wat ek nie verstaan nie is waarom as daar ‘n boodskap van iemand goedgekeur word, ek ook hul e-posadres kan sien. Is dit nie veronderstel om anoniem te bly nie? Ek voel saam met jou, ouboet.

  6. ‘tyres’ in Afrikaans is mos ‘outside bands’

    ek is ook beswaard en het op my eie blog klaar daaroor gekerm

    darem het karakters soos Johan Pienaar ens ens ens nog nie weer openlik hul drek-emmers oor die wandelpaaie van hierdie nuwe webwerf kom uitgooi nie .

  7. Ouboet,hier is te veel funksies en dit maak dit ingewikkeld.Mens moet egter maar gewoond raak daaraan,want dit is nou waar ons is.Ek gaan definitief nie dat dit my afsit nie.”Adapt or die” ou vriend!

  8. Eendag, iewers in die (verre) vakansie, as ek genoeg energie het, gaan ek jou nog antwoord op jou blog oor Afrikaans. Op die oomblik net een vragie: is dit goed vir Afrikaans as sy (goeie) bloggers Ingelse instruksies verkies?

  9. Ouboet, jy trek geen traffic. Dalk skryf jy stront

  10. This is one awesome blog.Really thank you! Great. [url=http://www.authentic-jordans.com]authentic jordans[/url] authentic jordans

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.