Jy blaai in die argief vir 2012 September.

Veels geluk bokke

September 30, 2012 in Sonder kategorie

My vermoede was toe reg. Die geskiedenis van ons en OZ op Loftus is toe herhaal.

 

Baie interessant is dat die Stormers in die span so ongelooflik goed gespeel het (Habana, Etsebeth, Louw & kie) Habana se 46ste drie in die groen trui is nogal indrukwekkend. Hy is nou oortuigend ver by Joost met sy 38 verby.

 

Selfs die Vrystaters in die span was beter as die Bulle. Lyk ook vir my of die bloubulslotfabriek ‘n duik gevat het.

 

Well done. Lyk my asof ons vir ‘n slag weer vorentoe kan kyk.

Wie se kas is geraamteloos?

September 29, 2012 in Sonder kategorie

Soms wonder ek hoeveel mense het geen geraamtes in die kas nie. Goed, daar is seker ‘n paar. Kom ons salueer hulle sonder om te wonder wat hulle gemis het. As ons die gebooie letterlik interpreteer, glo ek baie min van ons pass die toets onvoorwaardelik.

 

Vergun my kortliks ’n hipotesetoetsing aan die hand van ‘n voorbeeld. “Jy mag nie jou naaste se vou begeer nie” As twee mense dalk vir ‘n paar sekondes tydens brose oomblikke van toevallige oogkontak beheersde “sinnigheid” in mekaar ervaar, kwalifiseer dit as “begeer?”

 

As telg van die korporatiewe bestel vir baie lank het ek gesien hoe geraamtes tydens wegbreeksessies, seminare, kongresse en dies meer gekoggel word.

 

Een van die burokrate het een aand die opmerking gemaak dat hulle wat nog nooit enige bagasie gedra het nie, nie geskik is vir enige pos wat verandwoordelikheid verg nie. Toe antwoord ‘n “gatkruiper” hom: So meneer sê eintlik mens is nie wat jy dink nie maar waar jy al wakkerword het.

 

Oor die rugby. Ek stem saam met Naas oor die geskiedenis. Die All Blacks het ons nog nooit in PE gewen nie, en ons rekord teen Oz op Loftus tel in ons guns. My skatting? Ons vlak in die dertigs en hulle 15 of minder.

 

In elk geval, lekker naweek.

Die woord boks of sy meer taalkundig korrekte sinoniem?

September 28, 2012 in Sonder kategorie

Ek het ‘n onderwyser gehad met die bynaam DikDup.  Hy was die eerste onderwyser wat die ou orde verbreek het en ‘n modeuse ligpershemp aangetrek het. Gekleurde hemde en bont breë dasse, meestal saam ‘n sellofaanbedekte boks verpak, was daardie tyd hoog in die mode.

(Die woord boks is in die HAT opgeneem, blykbaar om verwarring te voorkom, aangesien die eens meer aanvaarbare en suiwerder sinoniem verwys na meer as net kartonhouers).

Lekker naweek. Ek is bly Morne kry ‘n “ruskans”

Ouboet praat met ‘n ou flame na 40 jaar

September 27, 2012 in Sonder kategorie

Na jare se onsuksesvolle gesoek na ‘n ou skoolvriendin om na die reunies uit te nooi, stuur iemand gister vir my haar nommer. Heel toevallig. Ek bel haar en ons praat seker vir ‘n uur oor gisters en die ou tye

Sy was mateloos beindruk met my geheue oor ons laaste kuier. Ek was in Potch in die army in 1972 en sy het daar geswot. Toe gaan kuier ek vir haar in die Kasteel koshuis. Ek het my stepout aangetrek en mooi probeer lyk, wat ek het mos ‘n crash op haar gehad. As ek Olivia Newton John se Banks of the Ohio hoor dan kom die army (en ou flame) by my op.

Dit was nou die lekkerste telefoongesprek in dekades. Ek kon nie aflei of sy destyds besef het ek het ‘n crash op haar gehad nie. Sy onthou wel die roos wat ek vir haar in die naaste tuin gepluk het.

Grepie uit ‘n martiek-reunieopstel getiteld: Paal se song.

September 26, 2012 in Sonder kategorie

In April 1969 is Paal saam met ‘n skoolgroep per trein Kaap toe. Dit was sy eerste besoek aan die Kaap en die treinrit het ook vir sy eerste werklike vry gesorg, een van daai ondefinieerbare grootshede waarvoor woorde tekort skiet.

 

Hulle het buite Stellenbosch in ‘n tipe vakansiedorp langs die rivier gebly en vandaar per bus die hele Weskaap besigtig. Die seuns en meisies het beurte gemaak om dieselfde badkamers te gebruik. Hulle was eerste in die aand aan die beurt en die seuns tweede. Soggens was dit net andersom. Een aand het of Paal, of een van die skoonstes onder die skones, of albei, hul tye verkeerd gehad.

Die eerste volaansig van die felste waarheid in die heelal het Paal half onkant gevang, maar die verruklike beeld en grenslose gadeslaan het geen blywende skade aan sy gemoed en toekoms aangerig nie.

Rest in Peace Corrie

September 24, 2012 in Sonder kategorie

Nog ‘n groot man het deel van SA se statistiek geword. Tydens ‘n familiefunksie by ‘n restaurant in Britz is hy doodgeskiet.

Sy eksvrou het albei my seuns in die laerskool onderrig en die kere wat ons mekaar by skoolfunksies of in die omgewing raakgeloop het, het hy my beindruk as nederige mens.

Selfs ‘n groot wereldkampioen is nie bestand teen die vuurwapenskoot van ‘n lafhartige swakkeling nie.

RIP ou grote.

Garageparties.

September 20, 2012 in Sonder kategorie

Wie onthou nog daai gargeparties van die sewentigs?

“Julle moet soet wees ouboet” OK ma, almal is van die KJV, so moenie worry nie.

Heerlike tye. Ai, daai florescent-ligte wat die wit goedjies so mooi laat lyk.

Daai bottel gedokterde cream soda in die Volla se boot!

Dit was werklik goeie tye.

Die meisies het van appleteiser gehou.

Sommiges het van ‘n fondamentjie vodka onder die appelsappie gehou.Hulle het veral lekker gedans.

Closedans was lekkerder as jive

Mooi dag.

 

Kallie en Mike

September 19, 2012 in Sonder kategorie

 Van hierdie flou grappies het al op die blog gefeature, maar kom ons plak hulle weer vir die sports.

1)    Mike en Kallie gaan skryf ‘n noodhulpeksamen. Moeilike toets, sê Mike na die tyd, maar ek het darem een vraag reg. Watter een, vra Kallie.

 

Mike: Daai een waar hulle vra, vul die korrekte letters in by die volgende vraag: Aan watter deel van ‘n meisie sal jy voel of sy nog leef na ‘n ongeluk? Die leidraad is P..S. 

 

O ja, pols natuurlik, sê  Kallie. Ek het hom ook reg.

 

O shit, skree Mike, dan het ek hom ook verkeerd.

 

2)    Mike vra Kallie se raad omdat sy meisie kwaad is vir hom. Vat haar uit vir ‘n pizza, gee Kallie raad. Nee wat sê Mike. Ek pizza sommer by die huis.

 

3)    Mike, wat is die naam van die wit poeier wat jy elke oggend oor jou eiers gooi? Die chemiese naam daarvoor is natriumchloried. Mike antwoord heel kordaat: Johnsons Baby Powder

Nog ‘n mooi flou grappie

September 18, 2012 in Sonder kategorie

Drie tweedejaarstudene (die slimste mense op aarde) stry wie kan die langste terug onthou.

Pietie: Ek onthou my eerste verjaarsdagpartytjie soos gister. Ons het ouma se tjoklitkoek geëet en dit was baie lekker.

Kosie: Ag dit is niks. Ek onthou met my geboorte het die dokter se tang gegly en kyk hier sit die merk op my voorkop

Jannie:Nee wat, dit is nog niks. Ek onthou ‘n piekniek baie lank gelede. Ma se dit was die lekkerste piekniek in haar ganse lewe. Van die piekniek self kan ek nie veel detail onthou nie. Wat ek wel baie goed onthou is dat ek saam met Pa piekniek toe gegaan het en saam met Ma teruggekom het.

Lekker dag

Nog ‘n flou grappie, maar eintlik ‘n pragtige een.

September 15, 2012 in Sonder kategorie

‘n Man van die tappet triangle (Benoni, Boksburg en Springs) tree op 65 af en hy besluit hy stick homself ‘n treinrit Kaap toe. (Die tappet tringle-metafoor is nie my eie nie, maar ‘n vriend s’n wat vir ‘n plek werk wat baie aktiwiteite in die trangle het)


In die coupe langs hom is ‘n meisie van die nag (wat ook bedags sake doen) wat ‘n paar rand wil verdien. Sy vra of sy by hom in sy coupe kan kom sit en gesels en hy stem in.

By die eerste stasie skree die kondukteur: NIGEL. Meisie dink dit is ‘n vraag en antwoord terug: “Nee ons gesels net.”

Nietemin, meisie sien ‘n geleentheid en begin haar bloes stadig en sensueel oopknoop. Toe sy haar denim se boonste knoop begin losknoop sê sy” “Ek hoor iemand kom, ek maak net gou die deur toe.”

Die tergery gaan ongestoord voort en toe sy omtrent spelgereed is, vra sy: “Watter deel van my liggaam beïndruk oom die heel meeste?

Oom Katoolsie antwoord onmiddelik: “Jou ore juffie.” “Hoekom my ore oom?” Omie bely: “Jy het netnou iemand hoor kom. Wel dit was ek gewees.”

Lekker naweek en sterkte met die bokslagting. Ek vermoed ons gaan met ten minste 15 punte wonde lek.  Die debat oor die nommer 10 trui loop helaas ten einde.