Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Heerlike naweek oppad vroeg in Oktober

Augustus 31, 2012 in Sonder kategorie

My beter helfte verjaar op 6 Oktober en daar is eenstemmigheid in die huishouding dat ons vir ‘n paar dae moet weggaan.

 

Met jongste vol verskonings oor sy verpligtinge in Potch kom ons agter dat daar nie veel van die kort vakansietjie oorbly nie en tegnies tot ‘n naweek of wat beperk is. Ons sou Dullstroom of Clarence toe gaan, toe kom ons agter die lang ritte gaan nog meer van ons tyd in beslag neem.

 

Toe Google ek en kom op ‘n forelplaas net buite Magaliesburg af, soort van presies halfpad tussen Pretoria en Potch. Die foto’s op die web lyk te pragtig. Ek bespreek toe vir die “langerige” naweek. Meer as 8 ure se ry heen en weer verskraal toe tot omtrent twee uur in totaal (jongste se trip ingesluit).

Vroulief en die seuns is heel gelukkig en kom agter dat ouboet nie te sleg beplan nie.

Lekker naweek.

Wat gaan verkeerd as…..

Augustus 27, 2012 in Sonder kategorie

….die 14-jarige meisie wat op Goeie Vrydag saam met haar ouers in hul plaashuis naby Griekwastad vermoor is, is vermoedelik voor haar dood deur haar moordenaar seksueel gemolesteer (Rapport)

 

Ai mens wonder wat het verkeerd geloop? Verder: “Dit lyk of die aanvaller haar agternagesit en haar talle kere met ’n stomp voorwerp (vermoedelik die gesin se pistool) oor die kop geslaan het.”

 

Ek slaan my asem saam, want wat elk lees kan ek as mens bloot nie snap nie. Wat dink julle?

 

Is daar ‘n groter vernedering vir ‘n jong meisie as seksuele molestering? Voeg aanranding by….en moord…..en dit alles vermoedelik deur ‘n band van bloed. I rest my case.

 

Groete

 

ouboet

Arme Solly,

Augustus 25, 2012 in Sonder kategorie

Interessant hoe seekoei Solly in die swembad die volk se verbeelding aangegryp het. Ek dink die absolute onaanvaarbaarheid van wreedheid teenoor diere, soos renosterstroping, het baie daarmee te doen.

 

Toe sterf die arme dier van spanning/stress. Toe gaan staan die veearts bo-op Solly toe die hyskraan hom uit die swembad lig. Ek dink dit was uiters swak smaak.

 

By the way, vandag is my 33ste huweliksherdenking. Op 25 Augustus 1979 het ek voor die kansel in Vereeniging gestaan. Koshuisvriend Cas het ons in die heilige eg verbind. Ons was die eerste inskrywing in sy huweliksregister.

 

Daardie aand in die stadsaal het ek my eerste toespraak van statuur gehou. Bles Bridges was toe ‘n relatief onbekende local en een van prokureur skoonpa se kliente. Hy het gesing.

 

Vanaand trakteer ek die hele gesin by die smart Portugese restaurant. Kleinboet is oppad van Potch af. Ons het die arme kind meer as ‘n maand laas gesien.

 

Groete,

 

ouboet

Ouboet se nuwe taak

Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie

Vroulief-hulle vier volgende jaar hulle veertigste reunie. Meteens besef sy die waarde van ‘n goeie toespraak en willig in om die feesrede vir die groep te doen. Sy vra nederig of Ouboet haar sal help.

 

Natuurlik liefie. Ek het meer toesprake geskryf (en baie daarvan gemaak) as wat die gemiddelde oumens in 80 jaar in die kerk was.

 

Na 5 pogings op reunies het ek ‘n gevoel gekry waarvan die skare hou. Laai die PowerPoint met memorabilia, lei die temas pittig in en los die res vir die skare. ‘n Halfuurtoespraak groei maklik tot meer as ‘n uur en ‘n half met al die tussenwerpsels.

 

Vroulief gaan Vereenining toe ry en nog fotos neem van die skool en vriendinne wat in die omgewing woon besoek. Ouboet sal vir die samestelling van die aanbieding en die meevoerende musiek uit die onderhawige tydperk wat tussenin gaan speel, sorg.

 

Ek is dus die regisseur en sy die spreker.

 

Hierdie versoek het die res van my jaar gemaak.

 

Groete,

 

ouboet

 

 

Iets oor die rugby

Augustus 21, 2012 in Sonder kategorie

Dit oorwinning teen die Argentyne was allesbehalwe oortuigend.

 

Ek dink Morne is amper weer terug waar hy was maar nog nie op die peil om lofliedere oor te sing nie.

 

Hoekom word Bismark se besering as so ‘n absolute ramp beskou? Goed, hy is puik, maar ek dink Strauss stap met gemak in die posisie in. Inteendeel, ek dink hy sal nie ‘n slegte keuse as Springbokkkaptein wees nie.

 

Estebeth is myns insiens die vonds van die dekade. Dink net hoe gaan hy speel op 25 of 28 as hy op 20 reeds begin koning kraai oor die hardebaarde. Alberts is ook uitstaande.

 

Tot later

 

Stoepgroete,

 

ouboet

Thanks Maryna

Augustus 11, 2012 in Sonder kategorie

Jou bydraes is werklik puik. Die een oor Verwoerd se dood was werklik uitstaande. So ook die stuk oor Orania en die brandewyn & coke-squad.

Jy het die gawe om die waarheid (Later bygevoeg: of dan eerder gebeure of selfs afleidings/bewerings) so treffend in woorde uit te druk. Doet so voort.

Ons sien uit na jou bydrae oor FWdeK. Dalk verwys jy na een van die fights van die eeu waarvan die uitslag reeds weke voor die eerste rondte selfs deur oningeligtes voorsien is (Meyer vs swaargewig Rhamaphosa)

Ek vermoed jy mag dalk ook verwys na begrippe soos oorgee vs veg.

In elk geval, geniet die res van jou naweek. By the way, ek geniet die skattejagprogram oor Barney Bernato, wat grootliks in jou mooi stad afspeel, baie.

Groete

Welgedaan seun

Augustus 9, 2012 in Sonder kategorie

Jongste was nou die aand seremoniemeester op

Potch se merietefunksie.

Sterkte Sharks

Augustus 4, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees vanoggend in Beeld: “Vir menige Suid-Afrikaner is die Sharks hul “tweede rugbyspan”. Hulle en ander rugby-ondersteuners wie se gunsteling-span in die Superrugby-reeks in die slag gebly het behoort hulle almal vandag agter die KwaZulu-Natallers te skaar.”

 

Die manier waarop die “vlugvoos” Sharks die Stormers oorrompel het, bewys dat die span karakter het. Ek dink dit is ook krakter as alle suid-Afrikaners vandag vir die Sharks skree . Hulle verdien om te wen.

 

Geniet die naweek verder. Oor ‘n uur of wat gaan ek voor kanaal 201 vasgenael sit.

 

Groete,

 

ouboet