Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

SKOPPENSBOER

Maart 27, 2012 in Sonder kategorie

I

‘n Druppel gal is in die soetste wyn;

‘n traan is op elk’ vrolik’ snaar,

in elke lag ‘n sug van pyn,

in elke roos ‘n dowwe blaar.

Die een wat deur die nag

ons pret beloer

en laaste lag,

is Skoppensboer.

II

Gewis en seker is die woord:

die skatte wat ons opvergaar,

ondanks die sterkste slot en koord

word net vir mot en roes bewaar.

Net pagters ons

van stof en dons

om oor te voer

aan Skoppensboer.

III

Die heerlikheid van vlees en bloed;

die hare wat die sonlig vang

en weergee in ‘n goue gloed;

die dagbreek op elk’ sagte wang

en oë vol van sterreprag

is weerloos teen sy groter mag.

Alreeds begint die rimpel sny;

oor alles hou die wurm wag

en stof en as is al wat bly:

Want swart en droef,

die hoogste troef

oor ál wat roer,

is Skoppensboer.

IV   L’ENVOI

Gewis is alles net ‘n grap!

Ons speel in die komedie mee

geblinddoek met ‘n lanferlap

wat selfs die son ‘n skadu gee.

Wat treur ons tog?

Viool en fluit maak nog geluid,

en lank die nag wat voorlê nog.

Al kan ons nooit volmaaktheid raak,

nog blink die oog en gloei die huid

wat heel die winter blomtyd maak.

Dus onverlee

lag ons maar mee

met elke toer

van Skoppensboer!

(Eugene Marais)

Hoekom trek dom bloggers die meeste bloglese?

Maart 24, 2012 in Sonder kategorie

Moeilike een, maar die feit dat ouboet, wat tans bykans driekeer die hoeveelheid bloglese as die tweede skrywer op die lys het, laat mens inderdaad wonder.

 

Dalk kry lesers hom jammer, wie weet? Maar hoekom selfgeassesseerde intellektuele reuse soos identiteitsoekende Madmoon dom bloggers lees is nie voor-die-handliggend nie.

 

Hoekom ander trolle ouboet lees is dalk ‘n poging om objektiewe lesings oor hulself te kry.  Dalk voel hulle oorgeslaan


oekom

Kan iemand my inlig asb?

SidTheSloth word bekroon met skeppende prys van die dekade

Maart 24, 2012 in Sonder kategorie

Pryse vir uitmuntende skeppende werk oor die afgelope dekade is gisteraand op ‘n luisterryke funksie by Sun City aan LitNet-bloggers toegeken.

Die skeppende werk wat loshande die meeste lof deur die beoordeelaars toegeswaai is, is die volgende stukkie blogkommentaar deur grootmeester SidTheSloth.

Warped sense of humor you have, Johan. Anyone can plainly see photo 1 is not a real baby, its a piece of afterbirth posing as a baby.

Ever heard of facewash for that nasty pocked marked acne prone skin of yours? Guess not, well that beard hides nothing. Not the fact that you are a neckless spot-prone doos, nor the fact that you are ugly as sin.
 

Tydens die oorhandiging het die Minister van Kultuur die volgende kommentaar deur die beoordeelaars aangehaal:

1    ‘n Kompliment van hierdie metaforiese diepte word nie deur ‘n beginner gemunt nie
2    Hierdie kunswerk laat ‘n karakter in techninicolour leef
3  Briljante werk sonder weerga in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis. Wenner moet  beslis internasionaal bekroon word.

 

Naas kategoriewenner in blogkommentaar vir 2012 is SidTheSloth ook bekroon as algehele skeppende woordkunstenaar van die dekade.

Watter gedigte is die veiligste om altyd in Groot verseboek te bly?

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Groot Verseboek is ‘n barometer van goeie Afrikaanse gedigte, alhoewel Groot Verseblik (die nuutste weergawe) sommige verassings bevat. Nietemin, ek dink die volgende gedigte behoort altyd in te bly. Ek kan my nie die mooiste taal in die wêreld voorstel sonder hierdie meesterstukke nie:

Gebed om die Gebeente van DJ Opperman. Jammer hy is bietjie lank om volledig in te sit. Dus net die slotstrofe:

“- dat ons as een groot nasie in die gramadoelas
met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel,
en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas
ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieël.”

Sproeireën (DJ Opperman)

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand …. iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand …… iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

Ma (Antjie Krog)

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
‘n kaalvoet gedig-

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde

jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste Bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie

Winternag (Eugene Marais)

O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!

 

Wys My Die Plek (C Louis Leipoldt)

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see        
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het – of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif (Breyten Breytenbach)
 

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

Mooi aand vir julle

Tandarts

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Baccalaureus, honores, magister,

doktor, professor. Vyf jaar verder is

hul skielik dokter, en dus tegnies

nog so half en half heel onder

 

Tog, elke bekoopmaak herinner,

adverteer en herbevestig status:

dokter, dié allersoetste (simpel)

woordjie uit ‘n vol bek tande

 

Dokter, jy skep afstand van die

peupel, want jy noem almal

bloot mevroue en menere,

selfs doktore en professore

 

Geagte dokter…dalk tegnikus?

hou jou nederig by jou lees:

jou jobkaart, want jy kan nie

titels véél hoër as jou eie lees

 

Jou statusstempel wil-wil swig….

hy’s net-net tussen jou witjas,

boor en tang, en o ja, jou enkel

Baccalaureus-graadjie ingewig

Perfeksionisme

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

Toe die Venesiese glasmaker sy glase

klaar gemaak het was hulle perfek  

100% simmetries en baie duur

Toe die rekenmeester die state

foutloos en perfek opgestel het

was die deal lank reeds opgeraap

 

Toe die torakschirurg

die are perfek gelas het

was die pasiënt reeds dood

Toe die loodgieter dieselfde doen

het die stront reeds myle

ver in die straat afgeloop

 

Die bemarker gooi die 1200 dpi

beeld op ‘n screen so groot soos Loftus

Die budget is so pas in sy moer

Mammie rig Jannie se haaksgestrykte

onderbroeke met militêre presiesheid

salig onbewus van ‘n ernstige onderliggende

 

gestremdheid 

by hulle

altwee

Mammie dixie die hoeke skerp en

spog by die kerk met Jannie die perfeksionis

haar veelsydige Jannie wat werksku is

Nog genealogiese uitdagings en geleenthede

Maart 21, 2012 in Sonder kategorie

Die boekmaak was groot pret, maar daar is ‘n paar uitstaande takies wat ek eendag nog sal wil afgehandel , soos om:

  •  ‘n Paar weke in die Kaapse argiewe te gaan rondkrap. Die meeste van my inligting is in die Pretoriase argief gevind.  Ek dink in die Kaap lê daar nog ‘n paar stukkies inligting rond. Ek sal graag meer oor Adriaantjie van Katrhyn, ‘n  kleurlingvoorsaat uit Ma se familie wil weet
  • Pa se Iteliaanse roos in Italië se spore te gaan soek
  • Sy volledige reis deur die oorlog te gaan “wandel.” Ek het redelike volledige inligting oor die bewegings van 4/22 Artillerieveldregiment, maar ek will die points of impact self gaan besoek.
  • ‘n Tydjie in die Franse stad Metz te gaan rondkrap. Die eerste spore oor die familie gaan terug tot by die muurbouer Jean Nadel in 1520 van Metz.
  • My 6x Grootoupagrootjie Philippe Naudé se spore te gaan soek in Duitsland. Hy was Professor in Wiskunde by die  Joachimstal Gimnasium in Berlyn

Groete en lekker dag..

Advies op die blogs is soms puik. Thanks Papeslaai

Maart 21, 2012 in Sonder kategorie

Papeslaai het voorgestel dat ek die dowwe fotos by Q Photo laat oordoen en hier is die resultaat:

Duidelik lyk oupagrootjie JJ en sy gesin veel beter op die onderste foto wat oorgedoen is

Groot oupagrootjie Louis Johannes van Wyk en sy dogters lyk ook veel beter as op die oorspronklike foto

Groot-oumagrootjie Johanna Maria links bo lyk ook veel beter op die onderste foto

Mooi dag verder

Die jaar 2020

Maart 20, 2012 in Sonder kategorie

My beroep word daagliks deur ‘n horison genaamd die toekoms gevoed, gestreel en soms ook gekoggel.

Ek deel graag nog iets uit my aanbieding oor strategising by die vrouekonferensie in Mei.

Ek haal die futuris Alvin Toffler, een van die skerper lede van die homo sapiens, aan:

  • In die laaste 50,000 jaar was daar 800 leeftye van gemiddeld 62 jaar elk.  
  • Van hierdie 800 het 650 in grotte geleef.
  • Slegs gedurende die laaste 70 leeftye was dit moontlik om sinvol tussen leeftye met mekaar te kommunikeer omdat skryf dit toe eers moontlik hemaak het .  
  • Slegs gedurende die laaste 6 leeftye het mense die gedrukte woord gesien.
  • Slegs gedurende die laaste 4 leeftye is tyd akkuraat gemeet.
  • Slegs in die laaste 2 leeftye het ons elektriese motors gesien
  • Die meeste materiele goedere is eers in die laaste leeftyd (ons s’n) ontwikkel.
  • ‘n Bekende ekonoom het in 1990 gesê: Ek is in die middel van die mens se geskiedenis gebore. Net soveel het gebeur sedert my geboorte as voor my geboorte.  

 Die tempo van verandering neem skrikwekkend toe. Dus, hoe gaan 2020 lyk?

  • Bietjie vroeg om te sê, maar dit gaan effens anders lyk as nou
  • “Social media” gaan krities belangrik in die sakewêreld wees
  • Die selfoon het ten minste die kredietkaart vervang
  • Die “growing middleclass” gaan die meeste koopkrag in die ekonomie hê
  • Die groen agenda gaan oorheers
  • Wêreldwyd word mense baie ouer, te spyte van Vigs
  •  Volgens ingeligte bronne gaan Koning se sport steeds nommer een bly

Geniet julle dag. Ek ry netnou Oos Rand toe en keer hopelik voor die middagspitsverkeer terug.

Hoekom is vroue-entrepreneurs beter as mans?

Maart 19, 2012 in Sonder kategorie

Ek is gevra om ‘n groep vrouens tydens ‘n konferensie toe te spreek oor “Women and strategising.”

Tydens die voorbereiding kom ek toe af op ‘n stuk navorsing af wat gefokus het op  redes hoekom vroue-entrepreneurs beter as mans is. Jammer ek plak sommer  een van die PowerPoint slides wat ek gaan gebruik:

What makes women entrepreneurs different from men?

•    They have a  stronger focus on values.
•    They will ask for help. Men normally don’t
•    They focus more on the working environment
•    Male entrepreneurs see their businesses as a machine, while female   entrepreneurs see it as a living organism.
•    Many male entrepreneurs may overlook the fact that the “parts” are going bad because the machine as a whole is not in great condition.
•    Women entrepreneurs focus more on making sure the work environment is comfortable to obtain the best performance from their employees, rather than expecting the best from their employees despite the work environment.
•    Women entrepreneurs tend to focus on building a business so strong that it could function completely and successfully without them.
•    Women entrepreneurs are more like the “conductor of the symphony – the person who doesn’t make the noise, but pulls it all together.”

Geluk aan die meisies.

Mooi dag verder.