Uitdaging: Mooi sinoniem vir lykswa

Januarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Die pleidooi vir Afrikaans op die blog is uiters positief.

Ouboet like julle inkoop in ‘n wenesep.

Sorry, ek is tegnologies gestremd. Ek kon nie bevestig wie het die briljante sinoniem vir doodskis (houtjas) gemunt nie.Dus:

Het julle ‘n mooi sinoniem vir lykswa?

Iets soos: Langboomwa of nog beter koebaaikoets.

Response word afgewag

24 antwoorde op Uitdaging: Mooi sinoniem vir lykswa

  1. Persoonlik sou ek ‘n waardiger woord wou sien as koebaaikoets? Maar alles waaraan ek kan dink, klink soos spot, soos sieleskip. Dis ‘n hartseertyd in mense se lewens en ek sou nie iets ligs daarvan wou maak nie.

  2. En dan gebruik jy “like”? A nee a!

  3. moet ook asb nie vir “sorry” miskyk nie

  4. Haai, hierdie blog wemel van die spykers vir Afrikaans se doodskis.
    Hoe de heng ons dit suiwer gaan hou, weet ek nie. Hierdie volksvreemde woorde glip al te lekker in

  5. Pass….

  6. TS het gesê op Januarie 21, 2012

    Ek het al die jare soos aasvoël sit en wag dat ek die kinders kon aanspeek – ek het aangedring op motorhuis en motor! Nou glip ek die die ou woordjies in net om my vryheid ten toon te stel! Ek is te trots dat ek ‘amazing ‘ kan spel!

  7. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Baie woorde doen myns insiens nie afbreuk aan die taal nie, soos cool wat die kinders so baie bebruik

  8. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Nooit man. Jy is mos vindingryk.

  9. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Taal ontwikkel maar, so ek kan saamleef met mooi volksvreemde woorde hier en daar.

  10. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Sorry

  11. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Julle spot nou met my taalgebruik.

  12. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    OK, eintlik is die pos maar tong in die kies

  13. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Dis nou ‘n mooi een.

  14. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Ja, hy is goed

  15. lora2me het gesê op Januarie 21, 2012

    Huistoeboks, sesvoethuisie, plant-my-nou, kluitekassie, kluitekissie – vir doodskis. Huistoekar, laastelimo, paradyskar, swartkar (met apologie aan “squad car”) langkar – vir lykswa. Exiperfexi het ‘n oulike naam.

  16. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Baie dankie vir die ruim bydrae. Sjoe, die kreatiwiteit het behoorlik oor jou vaardig geraak

  17. as hulle die houtsuit innie grafkar laai,
    moet jy weet dissie laaste koebaai…

  18. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Pragtig. Dankie vir die bydrae en inloer

  19. louisna het gesê op Januarie 21, 2012

    Watch my laaste (nuutste) pos.

  20. Gesien ja!

  21. Ek sien nou eers dat jy n inskrywing oor my uitdaging vir n beter woord gemaak het, dankie dis oulik en hier was oulike terugvoer!

  22. louisna het gesê op Januarie 23, 2012

    Yes, die skare het gepraat.

  23. Linguis het gesê op Oktober 2, 2014

    Die taal is n huis se dak en sambreel wat die skrynende koue koester in keel

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.