Jy blaai in die argief vir 2012 Januarie.

Gesin sit songs by ouboet se speech

Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie

Ek is so bly ek het slim seuns op tegnologiese gebied. Hulle voel hulself geroepe om hul pa te help met sy reunie-speech.


Sit songs by pa. Ons vat die  amplifier en groot speakers saam om die skare behoorlik te trakteer

Vroulief sit hand by. Hulle surf youtube en stel die volgende musiek voor wat tussen die speech se metaforiek ingevleg  word. As pa praat sal daar heeltyd sagte relevante songs as agtergrondmusiek gespeel word. 

As pa ter inleiding die hoofmeisie bedank vir die speech-geleentheid, moet Lara’s theme speel. Ek vermoed tannie Sonja gaan ‘n traantjie wegpink.

Dan vleg ons die volgende songs wat karkter aan die sestigs en sewentigs gegee het by die speech in:

  • Cry to me
  • Don,t forget to remember me
  • Cotton fields
  • El Condor pasa
  • Words
  • Summer prayer for peace
  • Sproetjies
  • First of May
  • Heart  (Nie die beste keuse nie, maar hy roep matriekafskeid-memories op

En as pa die heildronk op die vrouens se goeie smaak (dis nou die manne)  instel, dan speel ons Mario Lanza se weergawe van die drinking song uit The Student Prince.

Ek o ja, pa se laaste slide is mos: Fluit fluit my storie is uit. Dan sit ons Fanus se  penny whistle full blast op as pa die podium verlaat.

 

Ek dink my beter helfte en twee seuns se kreatiwiteit spreek boekdele.

Stoepgroete,

Ouboet

Die oorgeslaandes

Januarie 30, 2012 in Sonder kategorie

‘n Oorgeslaande is iemand wat oorgeslaan is met een of ander menslike gawe of talent.  Oorgeslaandes kompenseer dan om teen ander te diskrimineer wat wel die gawes ontvang het waarmee hulle oorgeslaan is.

Mens kan baie van menswees en oorgeslaandheid leer, veral uit die verlede, en die Victoriaanse tydperk in die besonder.

Die tydperk tussen geslagsrypheid en die voltrekking van die huwelik was in daardie dae  baie korter as vandag.

Die tyd vir foute was dus minder, en tog het glipsies hier en daar soos ‘n dief in nag die ingesluip om die heersende orde en waardes van die volk te versteur.

Die oorgeslaandes van die lewe het die nuus van die oortreding soos ‘n veldbrand deur die kontrei versprei. Praat sag maar slaan hard met die tong is die onderliggende strategie, selfs vandag nog.

Normale mense wat voortydig met die verstommende krag van die vlees kennis maak het min begrip vir hierdie  gedrag, wat deurspek is met intense afsku én groot onderliggende verlange.

Mooi dag verder.

Stoepgroete,

ouboet

Vordering met die reuniespeech.

Januarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Sonja, ons hoofmeisie en voorsitster van die reëlingskomitee, stuur nou die dag vir my die volgende pos, en copy almal op die lys:

Liewe Louis, jy is beslis die ou met die “geheue” en die regte woord op die regte tyd – mag ek asb die onthou- en verteltakie weer aan jou delegeer???

Ek sal langs jou staan vir morele ondersteuning en die “tegnologie” hanteer as jy weer ‘n PP aanbieding wil doen – hoe klink dit??

Toe aanvaar ek die versoek met dank.

Hier is grepies uit die aanbieding van 94 slides:

Ek begin met 2 heildronke:

Heildronk1

  • Verruklike mooi meisies wat 57/58 jaar jonk is
  • Ruik lekker
  • Stylvol aangetrek
  • Mooi gegrimeer
  • Maak die digter in ons wakker
  • Breyten se Allerliefste en stuur vir jou ‘n rooiborsduif word dalk vanaand onttroon

Heildronk 2

  • Verruklike mooi meisies se goeie smaak

Dan die agenda met verwysings na die tydgreep:

Walk through memory lane

1953/4 Ons word gebore (Roger Bannister draf die myl onder 4 minute, Edmund Hillary oorwin Everest en Elizabeth Windsor bestyg die troon.)
1960: Graad een (Sharpville sit SA op die haatkaart van die wêreld)
1967: Gaan hoërskool toe (Sesdaagse oorlog)
1971: Matrikuleer (Begin van die digitale era (Mikro proseseerders)
1972: Manne trotseer SANW & seuns (Munchen Olimpiese Spele)
1976: Vyfde reunie (Concorde vlieg)
1981: Tiende reunie: Assembly Hotel (Charles en Diana trou)
1991: Twintigste reunie: Tukkies Proefplaas. (Jeffrey Dahmer word gevang)
2001: Dertigste reunie. Loftus (World Trade  Centre word ground zero. Bin Laden
2006: 35ste Reunie: Skool. Ons kuier heerlik
2012  : 40. Vanaand is die aand

Ons gesin gaan vanmiddag uiteet voordat Kleinboet weer teruggaan Potch toe

Stoepgroete

ouboet

Tips en bestemmings. Watter bestemming beindruk die minste?

Januarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Ongetwyfeld Egipte, ten spyte van die piramides, die luisterryke markte, museums  en die langste rivier in die wêreld. Hoekom? Hierdie is ‘n mengsel van twee vorige blogs om my punt te maak.

Ek het geen probleem met tips nie.  Maar as dit as ’n demokratiese reg beskou word en geen waarde toegevoeg word nie, raak dit ietwat anders.

Vir die Egiptenare het tip ‘n leefwyse geword. Selfs ‘n motorwag wat jou beduie hoe om te reverse maak jou nie halfpad die gillende bliksim in soos ‘n “nederige” Egiptenaar nie. By die toilet word jy ‘n enkelvelletjie single ply aangebied, met ‘n verwagte tip as teenprestasie natuurlik.

Wat maak ‘n man en sy bedeelde seuns met ‘n verspotte stukke toiletpapier by die krip? ‘n Pond vir ‘n pis! Dis effe dun vir ‘n daalder.  Ek dink dit is seker die totale onbevange arrogansie wat mens teen die dak uitdryf. Mense wat geen waarde toevoeg nie en hulself emosioneel teen jou probeer aftos verdien geen tips nie. End van prent.

By een plek gebruik ons ‘n toilet sonder dat die “lavatory guard” in sig was. Ons verlaat die plek en stap aan. Ewe skielik hoor ons ‘n verbouereerde bejaarde man skreeu om ons te laat terugkom. Hy is effens mank en begin gallop of hardloop. Ons ignoreer hom, want ons het mos niks kwaads gedoen nie.  Ek lei af dat hy ons behaaglik vloek, want ons het sy fasiliteit (of eerder die fasiliteit onder sy heerskappy) gebruik sonder om hom te tip. Foeitog!

Die Amerikaners is amper net so erg oor tips as die Egiptenare. Hulle is net meer brutaal-arrogant. In restaurante byvoorbeeld vra hulle sommer of hulle die tip by die voorafbetaalde rekening moet sit. Tip voordat die diens gelewer word! Bid jou aan. Dit is voorwaar Amerikaanse arrogansie op sy heel beste.

Matriekreunie

Januarie 26, 2012 in Sonder kategorie

 Op 11 Februarie vind ons veertigste matriekreunie plaas. Eintlik moes dit op 26 November laasjaar plaasvind, maar ‘n belangrike lid was oorsee.

Die grootste probleem met die reëlings is om die vroulike geslag op te spoor want ons ken nie hulle getroude vanne nie.  Enkele (slim) girls noem hulle nooiensvan ook, wat die Google- of Facebook-soektog beduidend vergemaklik.

Tot dusver het slegs  24 van die geselskap van 126 matrikulante van 1971 bevestig hulle kom. Gelukkig is dit die gesonde kern van die span.  Ek vermoed ons kan dalk dertig haal, en dan is die skare seker so vat-vat aan die sestig, beter helftes, kinders, kleinkinders  en aanhangsels ingesluit.

Seker so tien lede is nie meer met ons nie, onder andere my matriekafskeidmetgesel.

My speech is reeds 86 PowerPoint slides, foto’s ingesluit.  Ek wil dit verminder, maar wat laat mens uit?

Hier is ietsie oor die 5de reunie in 1976 wat ek op die dertigste reunie as ‘n lang opstel uitgedeel het:

Ek dog my geheue is goed, toe verras Attie my met meticulous detail uit die tuin van herinnering. Yes, van die 5-jarige reunie by die Fonteine onthou hy sekere grepe in technicolour, onder andere die gebeurlikhede op my Volla se agterseat, en wys my daarop dat die betrokke lede teenwoordig is. Soos met die eier en die ham wonder ons of hulle involved of committed was, en die een verlore geleentheid na die ander, asook die verdwaalde hit of twee, word uit die oeuvre van die gryse verlede opgediep.

Met mammies in die midde verskans ons elke greep in die Monavoni-idioom van destyds. Na ‘n Bells of drie (hy drink nie meer skuimkoppe nie want dit laat sy massiewe pens nog groter uitswel) konfronteer Attie die manlike heteroseksuele lid. Sy flink brein roep die gedagtes op, eers langsamerhand, maar ‘n helder oomblik tref hom en sy oë verklap alles, lock, stock & barrel.  

Ouboet (regs) en vriend Attie tydens die 35ste reunie met my beter helfte op die voorgrond.

Groete,

ouboet

Kuisheid. Toe en nou.

Januarie 25, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie pos vind aansluiting by my vorige inskrywing oor kuisheid. Meester Karel Schoeman skets die agtergrond in die eerste 2 paragrawe. Dan interpreteer ouboet.

Wat die vroulike liggaam en hofmakery betref, is Schoeman weer eens in die kol: “Die beperkte mag en invloed wat hulle (vroue) wel besit het, is meestal op ‘n indirekte wyse verkry- “a little weeping, a little wheedling, a little self-degradation, a little use of our advantages”, soos Lyndall dit beskryf – maar alhoewel trane en selfs histerie dikwels hierby te pas gekom het, is vleiery en koketterie in die algemeen verkies en oor die generasies tot ‘n kuns ontwikkel.  

Blikke, waaierspel en blommetaal is almal hiervoor ingespan en gebare soos die laat val van ‘n sakdoek of ‘n blom het wapens in die stryd geword;  maar bowenal het die vroue geleer om gebruik te maak van hul vroulikheid, en besonderlik hul liggame. In ‘n tyd waarin die vroulike liggaam selde blootgestel is afgesien van hande en gesig het daar ‘n geweldige erotiek uitgegaan van selfs die glimp van ‘n enkel onder die afskermende lae rokke en onderrokke.”  En verder: “ …..smeulende. erotiek wat geskuil het in die onverwagte aanskouing of selfs die blote áánduiding van enkel, arm, skouer of boesem.”  

Dus: hofmakery, en heel dikwels ook die gevolge daarvan, was in hierdie bevange tyd heel anders as in die permissiewe jare sestig en sewentig waaraan ons gewoond geraak het. Die oorbekende spel was lank reeds daar, maar met ander reëls, en tegelyk ook ander beperkings en geleenthede. Ofskoon die aanloop, plek en strategie dalk ingypend van vandag verkil het,  was die einddoel en waarskynlik ook die motief opmerklik dieselfde.

‘n Mens wonder onwillekeurig of die verliefdes of wellustiges in daardie jare nie lekkerder as die mense in ons tyd gevry het nie. Seer sekerlik was die brandende begeerte daar, maar die uitlokking was straks minder, fasiliteite beduidend kariger, die straf swaarder, en verkenning en vind dus skrikwekkend nader aan mekaar. Daar moes dus planmatig en behendig te werk gegaan word om vir daardie behaaglike oomblik tydelik van die oorbekende smal weg af te dwaal, en kreatiwiteit om die stelsel te fnuik en om die gewete te sus, moes hoogty gevier het.

Mens kan aanvaar dat die gemiddelde begerende jongmens van daardie tyd aangewese was op die gesteelde oomblik by die vetkers, of die drukkie, of selfs raakvat, agter die kraalmuur. Menslike feilbaarheid, morele beperkings, ‘n gebrek aan ander vorms van afleiding,  beperkte tegnologie en plek en helaas, die brute krag van die vlees, was dalk net genoeg om die ware ongeïnhibeerde menswees in die ontluikende en soekende jongmens van die negentiende eeu na vore te bring. Begeerte, soek en vind bly genadiglik met ons.

Die enigste sekerheid in ons huidige deurmekaar wêreld is die brandende feit dat die groot vlees die mens sal bly betower, ongeag tyd en plek, en dat die normale heteroseksuele man se taak nog lank onafgehandel sal bly.  Grobbelaar (1977, p 146) werp meer lig op die saak en beskryf ‘n ou vrygebruik waarvolgens kêrel en nooi voor hul troue ‘n nag saam in die bed deurgebring het. Daar was egter ‘n insiggewende beperking: die een was onder die kombers en die ander bo die kombers. Hierdie beperking was waarskynlik ook op die jongeheer se hande van toepassing. ‘n Dik verekombers versag wel die kontoere maar neem nie die gedagtes en begeertes weg nie, en ongekarteerde landskappe stuit geen soektog nie.  

Die kêrel sal op ‘n gegewe nag die venster van die huis oopmaak, daardeur klim om “bij de dochter op het bed boven de deken te gaan liggen en op die manier een praatje te houden, de vrijagie voort te zetten en aldaar te blijven tot een uur voor sonsopgang, wanneer hij wederom in stilte vertrek en de venster sloot……”

Onthouding is inderdaad ‘n besonderse gawe, en na hierdie emosionele en fisieke foltering was die paartjie gereed vir eise én wettige voorregte van die huwelik.

OP ‘N LIGTER TRANT

Januarie 24, 2012 in Sonder kategorie

Ofskoon pa ‘n redelike ernstige, beredeneerde en kalm mens was, was daar soms ook ligter momente aan sy sy. ‘n Insident tussen my en pa wat ek tot my sterfdag sal onthou was die keer toe ek vir ‘n mediese ondersoek moes gaan voor my militêre diens. Die ou voor my het dit nie gemaak nie vanweë verskeie ongesteldhede.

Die beampte het ‘n uitvoerige relaas gegee oor hoekom hy nie geskik is vir militêre opleiding nie. Toe hy die ou uiteindelik oortuig, het hy ‘n treffende slotopmerking gemaak: “Jou p.. ( die bekende drieletter woord vir urine) is al genoeg rede om jou uit die Army te hou.”

Toe ek pa die aand oor die insident inlig,  het hy gelag soos ek hom in my lewe nie hoor lag het nie. Hy het maande daarna nog oor die insident gelag. Hy wat kan lag het vrede, en dit is soos ek my pa onthou: ‘n vredemaker.

Pa was in vele opsigte ‘n uitsonderlike mens. As ek aan hom dink hoor ek die soet klanke van La Paloma, daardie mooi Italiaanse lied wat hy sonder enige opleiding meesterlik op die klavier kon speel.

Skreiende skande oor kuisheid

Januarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer kuisheid ter sprake is, is daar twee norms: Een vir vrouens en een vir mans. Dit is ‘n skreiende skande. Hoekom? Almal van ons is mos maar net mens.

Hier is ‘n aanhaling uit Karel Schoeman se meesterlike boek oor Olive Schreiner wat aantoon dat hierdie onregverdige diskriminasie reeds ‘n ver pad loop..

“A woman’s character is like gossamer”, deel haar kerkgaande tante haar mee,

when you once dropped in the mud and pulled it about, it can never be put right again. With a man it’s different.  People say, “Oh, he was young, he’s changed”; they never say that of a woman; but the soap isn’t invented that can wash a woman’s character clean.  

Opheldering:  Gossamer (spider silk), very fine spider silk used for ballooning or kiting by various species of spiders (Wikipedia)

Konklusie: It takes two to tango.

Hoe voel julle daaroor?

Dag drie van die wittebrood. Oupa kon nie staan nie

en ouma kon nie sit nie.

Geluk eksiperfeksi met jou kreatiewe woordskepping

Januarie 21, 2012 in Sonder kategorie

Die uitdaging om sinonieme vir die woord lykswa te skep het baie goeie en interessante skeppings opgelewer.

Eksieperfeksi het gewen met ‘n pragtige nuutgeskepte woord tattatêksie. Hy skik so lekker sag op die tong.

Terwyl ons oor die doderyk praat, hier volg ‘n flou grappie.  Pietie ontmoet ‘n nuwe maatjie Jannie en hulle lig mekaar in oor hulle doen en late, agtergrond, ens.

Pietie sê vir Jannie: Daar waar my pa werk is daar 5 duisend mense  onder hom. Jannie: Sjoe dan is hy seker die grootbaas van ‘n groot maatskappy.  Nee, sê Pietie.

Hy sny gras in die Wespark begraafplaas.

Uitdaging: Mooi sinoniem vir lykswa

Januarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Die pleidooi vir Afrikaans op die blog is uiters positief.

Ouboet like julle inkoop in ‘n wenesep.

Sorry, ek is tegnologies gestremd. Ek kon nie bevestig wie het die briljante sinoniem vir doodskis (houtjas) gemunt nie.Dus:

Het julle ‘n mooi sinoniem vir lykswa?

Iets soos: Langboomwa of nog beter koebaaikoets.

Response word afgewag