Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Ouboet verloor gewig en pass ‘n paar toetse

September 20, 2011 in Sonder kategorie

Ek het dit maar stil gehou, want netnou dink die mense ek brag.

Voor ek begin blog het, het ek gereeld die skaal oor 140 kilogram getrek. My maksimium gewig was 146 kilogram seker so in Julie 2007.

Vanoggend klim ek op die skaal en wat sien ek? 116.8 kilogram.

Wat is die geheim? Gewig word deur die mond gevoed. Hoe minder mens eet, hoe meer gewig verloor jy.   

Ongelukkig kon alle broeke se pensmaat nie “ingevat” word nie, en ek moes hulle vervang.  Dit is ‘n klein prysie om te betaal vir gesondwees.

Ek het nou die dag (op vroulief se aandrang) alle moontlike toetse by die GP (en patoloë) laat doen  en almal gepass.  

EKG: No problem.

GP se opmerking dat my lewer lyk soos iemand s’n wat nog nooit gedrink het nie, het my goed laat voel, maar my uiteraard nie as ‘n geheelonthouer geklassifiseer nie.   Inteendeel.

Ongelukkig kon ek nie GP se middelvingertoets sidestep nie, maar ek het die PSA (prostaattoets) flying colours gepass.

Dog ek lig julle maar net in.

Mooi dag verder.

Stoepgroete,

Ek slaap ook beter noudat ek weet ek is nog soort van OK.

Gonsende ouboet


Ouboet gons weer.

September 19, 2011 in Sonder kategorie

Kan mens dit glo. In ‘n tyd wat ek laaglê, gons die stoep.

Dit is heerlik. En lekker. Doen niks en kry vermelding, wat dit ook al mag beteken.

In elk geval, die rugby lyk OK en ons moet maar wag en kyk. Ek lag tot die volgende wereldbeker as Henry se magtige swartspan weer in die hek duik.

Geniet julle aand en bly voorbeeldig.

Gonsgroete van die stoep af

ouboet.

Dis heerlike lente

September 18, 2011 in Sonder kategorie

Nuwe blaartjies, nuwe lewe.

Iets oor die rugby. Mens kry weer respek vir die groen trui.

Danie Rossouw was briljant, so ook ‘n paar ander.

Ek dink ons staan werklik ‘n goeie kans.

Mooi so Iere.  Julle was voortreflik.

Imagine hoe gaan Henry se gesig lyk as sy span weer nie wen nie?

Ek vermoed dit gaan weer gebeur.Gereeld soos klokslag na 1987.

Mooi dag verder.

Gautrain complaint. Ware verhaal

September 8, 2011 in Sonder kategorie

Ek deel met julle iets wat ek so pas by Gautrain complaints gepos het

Yesterday 7 August I was on my way to OR Tambo around 13:00. At Marlboro station we waited (on the train for departure) and were instructed that due to technical problems we should use the bus.  

With our entire luggage entourage we moved all the stairs up and down to the bus terminus and waited there for at least 40 minutes but no bus arrived. We were then instructed to move back to the train, which we did again up and down all the stairs. After waiting 20 minutes in the train, we were instructed again to move back to the bus terminus.  Why shunting people around like rail trucks in the shunt yard?

Utter confusion broke loose since we did not know which bus to take. At last we commenced with the long journey in a grossly overcrowded bus to ORT. Nobody apologized and we were dropped off far away from the departure hall. WHY??  I know that private bus companies are allowed to drop off people at the gate of the departure hall. Why did the Gautrain bus not drop us there?

As a transport economist with 3 decades’ experience in public transport, I know the realities of technical difficulties, but indecisiveness and a total lack of control is unforgiveable. Nobody appeared to be in charge of the Marlboro station where the unfortunate incident took place. Why sending people from the train to the bus while there is no bus? Why sending them back to the train while the train is not working?

I arrived 10 minutes after boarding time at ORT and had to negotiate like a bright politician to secure my seat on the aircraft at the scheduled time. In the background I heard  a message over the public address: “Passengers XY& Z who are delaying the flight to Durban, please report immediately at gate C 14.

Why doing all these unfortunate things without an apology? I cannot recall a worse customer experience in my whole life.

I demand a written apology and a credit of at least R 310 for the ill-fated trip on my Gautrain gold card.

Die krag van die sosiale media

September 2, 2011 in Sonder kategorie

Ek skryf ‘n artikel: “The application of social media in the public transport industry.” Dit is nogal interessant. Ek het gedink Facebook is net vir kinders, maar al die vername vervoeroperateurs, Gautrein ook, het Faceboek-bladsye (nee, eerder massiewe sites) en baie vriende. Marmite byvoorbeeld, het etlike duisende vriende.

 

Wat is die toepassings? Seer sekerlik bemarking en inligting. Die sosiale media is besonder ryk aan inligting wat effektief heen en weer beweeg. Geen ander bron verskaf meer inligting oor jou as die sosiale media nie. Waar jy bly, wat jou voorkeure is ens.

 

Hierdie bron van inligting word baie goed uit ‘n besigheidsoogpunt gebruik. Sosiale media vorm deel van groot maatskappye se korporatiewe strategie.

 

As daar ‘n vertraging in die vervoerstelsel, ongeluk of wat ook al  is, laat Twitter jou weet.  Inligting trek teen die spoed van lig.


Een van die interessantse bevindinge is dat nuwe tegnologieese ontdekkings aantoon dat “as far as the  future of social media is concerned, we ain’t see anything yet”.

Intussen skryf ek maar rustig voort. Net soms maak die tegnologie my bang. Mobiele tegnologie (Blackberry’s en ander) gaan die kredietkaart  vervang, ens ens.

Geniet julle naweek

Stoepgroete,

ouboet

Ouboet en Gidivet MOB

September 1, 2011 in Sonder kategorie

Verlede week Vrydag het ek en Gidi gaan koffie drink en gesels asof ons mekaar jare ken. Hy het Suid-Afrika toe gekom vir die viering van  sy dertigste matriekreunie in Malmesbury.  Toe kuier ons so bietjie voor die Magaliesberg.


Toe ek by die restaurant instap, sien ek ‘n ou vriend Pieter. Hy en Gidi, wat ek  toe nog nooit gesien het nie, sit en koffiedrink. Pieter is ‘n dominee en sy vrou  een van vroulief se groot vriendinne, was Kleinboet se onderwyseres in Engels.  Toevallig het hy vir Gidi en sy beter helfte in die heilige eg verbind. Toe gesels die drie van ons heerlik.


Gidi is ‘n man van karakter.  Ons gesels oor sy beroep as veearts oor die waters, hoe my familie en sy familie se paaie “kruis” en sy heerlike gemobbery met verskeie ander ander bloggers in die Kaap ejn Pretoria.  Hy vertel my breedvoerig hoe die ander bloggers (Flenters, Therina, Kammakazi, Jan Twak, Roosdoring, Voz Sola en omtrent nog tien) lyk en sonder hulle persoonlikheidstrekke een vir een uit. Ons kuier uitsonderlik lekker.


Ons kom tot die konklusie dat bloggers oorwegend slim en stylvolle mense is. Die tyd loop uit en ons kry koers. Ons besluit om beslis weer saam te kuier, veral in sy land. Ek groet hom en vra hom om  my groete persoonlik aan Modderkoekie oor te dra.

                Gidi, sommer met die Blackberry geneem.

Stoepgroete

Obboet