Jy blaai in die argief vir 2011 Julie.

Wat dink julle van die rugby?

Julie 23, 2011 in Sonder kategorie

Ai, wat ‘n vernederende nederlaag. Die B-span het slegter as ‘n swak C-span vertoon.

Wat dink julle van die spelpeil van die nasionale kaptein op die vooraand van die Wêreldbeker?

I rest my case.

Geniet julle aand en Sondag.

Stoepgroete,

ouboet.

Die trippie was buitengewoon besonder erg lekker

Julie 7, 2011 in Sonder kategorie

Dag een was net effe teleurstellend toe vroulief siek daar aankom.  Erge sinus, verkoue en griep.

Die naaste apteek is in Graskop, maar toe ons daar aankom is hy reeds toe.

Jongste bied aan om na die naaste kliniek toe te ry. Hy boots ma se simptome mooi na, en na ‘n deeglike ondersoek verlaat hy die kliniek met ‘n sak pille. Dit werk baie mooi en kort voor lank is vroulief haar ou self.

Oudste seun het Sondag 25 geword en ons hou groot fees.  

Die ou Oos Transvaal is verseker ‘n erg onderskatte bestemming.

Totsiens tot later

Julie 1, 2011 in Sonder kategorie

Ek neem die gesin bietjie weg.

Ons was lanklaas in die ou Oos Transvaal en gaan vir ‘n week ontspan by Blydepoort.  

Vandaar sal ons die gebied verken en seker ook ‘n draai of twee in die wildtuin maak.


Geniet julle vakansie.


Stoepgroete,


ouboet.