Jy blaai in die argief vir 2011 Junie.

Ek sien blou en oranje

Junie 18, 2011 in Sonder kategorie

Lekker kyk.

Mooi naweek verder

Stoepgroete.

ouboet

Lekker naweek

Junie 17, 2011 in Sonder kategorie

Alles is nog OK aan hierdie kant.

Net die rugby wat dalk mag pla.

Wat is die kans dat die Bulls die finaal gaan haal?

Ek dink groter as 50%

Nietemin, geniet julle naweek.

Ek was lanklaas hier

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Het ek iets gemis?

Lyk nie so nie.

Mooi dag verder

Stoepgroete,

ouboet

Song vir Voz

Junie 8, 2011 in Sonder kategorie

Sorry ek is bietjie laat

Geniet so tussen die koue

 

Nog iets oor oorgeslaandes

Junie 7, 2011 in Sonder kategorie

Ek het al ‘n paar keer oor oorgeslaandes geblog. Kortweg is ‘n oorgeslaande iemand wat in die proses van mensword iewers oorgeslaan is, hetsy dit voorkoms, persoonlikheidseienskappe, menswaardigheid, insig, respek, selftrots of wat ook al is.


Oorgeslaandes is by uitstek mense wat voortdurend fout by ander soek en die veelvuldigheid van foute in hulself miskyk.  


“Try to catch someone doing something right” is ‘n frase wat nie deel van hulle lewensagenda is nie. Om foute in ander mense raak te sien is seker die maklikste ding op aarde. Dit is selfs binne die begripsvlak van die eensellige Amoeba Proteus.


Om goeie eienskappe in ander raak te sien, is dalk veel moeiliker. Dit is hoekom ek deesdae kommentare en blogs wat my niks sinvols laat agterkom nie, gewoon oorslaan.


Geniet julle aand. Dit is besonder koud hier in Gauteng, selfs aan die voorkant van die skilderagtige Magaliesberg.

30 seconds

Junie 6, 2011 in Sonder kategorie

Vyf

Kleur

Saterdag

Pampoen

Einde in sig

Tawwe een

MaanKind se uitdaging

Junie 5, 2011 in Sonder kategorie

Ek was in standerd vyf. Die luidspreker gaan aan en die hoof ontbied alle onderwysers na die personeelkamer. Hy deel hulle die tragiese nuus mee van Dr Verwoerd se dood.


Mnr Weideman was my standerd vyf-onderwyser. Hy was ‘n baie kalm, gerespekteerde en besadigde mens. Hy kom die klas binne en is duidelik baie gespanne.Hy deel ons mee dat die groot kanon in die parlement dood gesteek is.


Hy was eenkeer op verlof en ‘n stokou man, Mnr Theron, het in sy plek afgelos. Hy was lank reeds in die sterk skemer van die laat post-aftreefase van sy gevorderde lewe. Hy het soos Dr Malan (die 1948- oorwinnaar) se ouer broer gelyk. Hy het elke dag van die week ‘n oudtydse bruin double breast-suit en ‘n sakhorlosie met die oudtydse ketting gedra. In die kunsklas het hy eenkeer ‘n enorme windskeef  tafel op die bord geteken om die effek van skaduwee en lig aan ons te gedemonstreer.

Song vir Modderkoekie

Junie 4, 2011 in Sonder kategorie

Ek probeer nie snaaks wees nie

Ek dink net jy en die song het 3 goed in gemeen:

1) Jou liefde vir melktert

2) Jou roots in ons mooi land

3) Jou kennis van en waardering vir gisters wat lank verby is

Die Brumbies en die Chiefs het ons ‘n guns bewys

Vandag skree ek Vrystaat

Jammer my Shark-vriende

 

Mooi aand en Sondag vir julle

Stoepgroete,

ouboet

Song vir Charlene

Junie 3, 2011 in Sonder kategorie

Mooi dag verder.

Gelukkig is dit nie “roses are red” nie

 

Vir Modderkoekie. Die geslagsregisters omlyn passie nie altyd haarfyn nie.

Junie 2, 2011 in Sonder kategorie

Jou mooi pos het my aan die genealogie laat dink en my oor ‘n kernvraag laat tob. Wanneer wil ‘n mens en wanneer kan jy, veral betreffende die manlike geslag? 

 

Sorry, eintlik het jou stuk oor oor ander meer sinlike  goedjies gegaan, maar dit het my nogtans diep laat dink.

 

Verskeie glipsies agter die kraalmuur is as vroeë geboortes verdoesel, selfs tydens haar mejesteit Victoria se erg konserwatief-behoudende monargie meer as anderhalfeeu gelede.

 

Kerkraadsnotules het sensuur vir sondes van die vlees noukeurig opgeteken. Kan het dus in alle waarskynlikheid geseevier.


Goed dan, wanneer wil ‘n man en wanneer kan hy? Ek dink wil bly daar totdat die laaste asem uitgeblaas word. Kan is meer spekulatief.

 

Kan bly onseker, tensy mens aanvaar die wettige vader het ‘n val tydens beseringstyd aangeteken. Om op 73 vir die laaste keer vaderskap te ervaar (my groot-oupagrootjie) laat my vermoed hy kon. Ongelukkig is ‘n foto van sy tweede vrou, 36 jaar sy junior, nie beskikbaar om oor ander alternatiewe te bespiegel nie.

 

OK, wat is my punt?  Die haarlyn is lank  voor ons geslag reeds by herhaling oorgesteek.

 


 

Mooi aand.