Hulp aan ‘n “vreemdeling” oor die waters

Junie 29, 2011 in Sonder kategorie

Ek kry nou die dag ‘n oproep uit New Zealand.  ‘n Veearts wat op Onderstepoort geswot het en nou in Kiwiland woon, het gehoor ek het ‘n boek oor die Naudé-familie geskryf. 

 

Sy skoonpa en my vangenoot  is ‘n afstammeling van  Bethal-dopstigter Petrus Johannes Naudé, my grootoupagrootjie se jonger broer .

 

Skoonpa word binnekort 80 en veearts moet ‘n speech maak.  Nou soek hy familie-inligting. Sy beter helfte se oupa was Rooi Japie en toevallig het ek ‘n ruim stuk oor Rooi Japie geskryf.

 

Ek epos my boek vir hom en na ‘n opvolgoproep of drie hy sit die Lazyboy in overdrive toe hy Rooi Japie mooi raaklees.

Veearts is dolgelukkig. Ek het hom nog nooit met ‘n  oog gesien nie, maar ons gesels soos bloedbroers.

Ons deel ‘n grappie of twee oor WB 2011 en sê koebaai asof ons mekaar binnekort weer gaan “sien”


Ai, hoe klein is ons wêreldjie tog nie.

Sulke nice gebeurtenisse maak ouboet se dag.

6 antwoorde op Hulp aan ‘n “vreemdeling” oor die waters

  1. TS het gesê op Junie 29, 2011

    eish… en jy sal hom na die wêreldbeker moet gelukwens… sug!

  2. louisna het gesê op Junie 29, 2011

    Ja, dis ‘n ander storie daai.

  3. die wêreld “krimp”

  4. louisna het gesê op Junie 30, 2011

    Baie.

  5. Modigliani het gesê op Junie 30, 2011

    Oh wow – daai is REGTIG super cool!!!!!
    Ek het sommer hoendervleise!

  6. louisna het gesê op Junie 30, 2011

    Thanks Jeanne. Jy maak my dag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.