Hou verby “tree aan”

Junie 26, 2011 in Sonder kategorie

My beter helfte koop verlede week vir ons kaartjies vir dubbel-Hertzogpryswenner Deon Opperman se stuk Tree aan in die Staatsteater.  Wat ‘n teleurstelling. Oordrewe en botterbedrupte resensies het toe ‘n eenvoudige toets gedop

.

‘n Kwartier se storietjie word in ‘n drie-uurlange “OK, what’s next?” ingewurg. Die gesingery en flou lirieke was vervelig.

Hier en daar het ‘n los opmerkingkie my aan my dae by SAW & seuns laat terugdink. Die emosiebelaaide stukkie op die grens met ‘n enkele sarsie AK 47-geweerskote was swakkerig.

Dialooglose stiltes is nie strelend op ‘n vol blaas nie.

Hou verby “tree aan.”

Geniet die dag.

18 antwoorde op Hou verby “tree aan”

  1. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Dalk is jy meer kultuurbedeeld as ek, maar ek dink die stuk is baie swak.

  2. pasella het gesê op Junie 26, 2011

    More Ouboet!

  3. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Hallo lewies. Mooi dag

  4. TS het gesê op Junie 26, 2011

    Jy is nie die eerste een wat so reageer nie. Ek sal maar nie spesiaal daarvoor ry nie. Ek is egter jammer ek het ‘Mannetjies Roux’ gemis.

  5. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Thanks. Jy gaan niks mis nie. Vroulief en ‘n vriendin was ook nie baie gelukkig met Mannetjies Roux se stuk nie.

  6. loudavisi het gesê op Junie 26, 2011

    Nee, maggies!
    As mens voor ‘n gehoor optree, moet mens kan vermaak.
    Dankie vir die skrywe.

  7. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Thanks Lou. Jy gan niks mis nie

  8. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Toevallig ken ek die tydvak en is daardeur. Emosietjies lostorring werk nie vir my nie. Punt.

  9. jeanihess het gesê op Junie 26, 2011

    !:))

  10. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Thanks vir die inloer

  11. sommer bly om die kommetare van Mannetjies Roux ook te lees. Wou kaartjies kry maar het gewonder of dit die moeite werd sou wees. Manlief egter (?gelukkig) uitstedig terwyl hulle nou hier in die Kaap is

  12. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Na meer as 3 dekades saam vertrou ek my vrou se oordeel. Sy het die opvoering nie geniet nie.

  13. frikve het gesê op Junie 26, 2011

    Hi Ouboet,
    Ek wou nie na die stuk gaan kyk nie en nou is ek bly ek het nie – dankie. Ek was ook deur die weermag en hoewel ek mooi en lelike herinneringe daarvan oorhet, het ek geen begeerte om daardie ou spoke weer wakker te probeer maak nie. Ek verkies om die mooi vriendskappe wat ek daardie dae opgebou het, te vertroetel en die weermag te onthou as een van die beste tye in my jong lewe – onthou soos ek self verkies om dit te onthou – jy verstaan wat ek sê.

  14. louisna het gesê op Junie 26, 2011

    Thanks vir die inloer Frik. Ja, die armydae was lekker, maar die stuk komplimenteer nie my mooi herinnerings nie. Ek vermoed jy gaan die stuk allesbehalwe geniet.

  15. eros01 het gesê op Junie 26, 2011

    Het oorweeg om dit te gaan sien, maar kan nie besluit nie.Het oorweeg om Wynruit saam te neem.Dankie vir jou opinie. Lyk my mans hou nie van die gekrap aan daardie tyd nie.xR

  16. louisna het gesê op Junie 27, 2011

    Smaak verskil, maar ek glo nie julle gaan dit geniet nie.

  17. Modigliani het gesê op Junie 27, 2011

    Ek (net my eie persoonlike opinie) dink dat Deon Opperman te gereeld dieselfde “cast” gebruik. Hulle is skaars klaar met een produksie dan begin hulle met die volgende een en daar is nie genoeg tyd vir hulle om regtig aan die teks en hul karakters te werk nie.
    En, hy probeer lately heeltemal te “weird” wees.

  18. louisna het gesê op Junie 27, 2011

    Baie goeie punt

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.