Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

Iets oor die rugby vir vriend Kammi en ander liefhebbers van die nasionale sport. Ouboet slaan sy hande saam.

Mei 29, 2011 in Sonder kategorie

Ja, toe wen my span en ek het nie nodig gehad om suurwyn te drink nie.  Die Cheetahs bly ‘n gedugte span maar op die dag was ons beter.

Kan ienand my asb vir my sê waarom Danie Rossouw meeste van die tyd die wedstryd op die bench begin?  Hoe langer daai man op die veld is, hoe beter speel hy, maar hy is “getag” as impakspeler. Nou word een van die beste spelers op die veld van ‘n helfte of meer se skitterspel beroof.  

My wereldbeker se beginspan van slotte is Rossouw en daai WP  “senter” Andries Bekker.  Ek hoop ook snorre sien Johnson van die Vrystaat en daai wakker baardman van die Lions raak.  Op losvoorspelers het ons tans die grootste diepte in die geskiedenis van Springbokrugby.

Praat ek stront of kan die nasionale afrigter iets by die TV publiek, wat “toevallig” iets van die spel weet, leer? Wat dink julle? Ek kan aan ten minste 5 manne in elke posisie in die voorry dink wat ons nasionale kaptein harpuis sal laat ruik, maar nee, hy word maande voor die wereldbeker-afskop reeds van sy posisie verseker.   Die brute gewig van die vaste vyf wen nie noodwendig wedstryde nie.

‘n CV met puik prestasies van die verlede werk dalk in die werksopset, maar nie in rugby nie. Jy is so goed soos jou laaste paar wedstryde. Punt.

My vuurtjie brand reeds

Mei 28, 2011 in Sonder kategorie

Dis so koud, toe gaan steek ek maar

solank die vuurtjie aan

OK, vandag se rugby. Well done Lions

Die Stormers het gesukkel, maar gewen

Ek wag vir die Sharks, en dan vir die groot een

As Blou wen, maar ek ‘n rooietjie oop

As die Vrystaat wen, sluk ek die

rooietjie af met nog een, maar ‘n suur enetjie

Sory vir die blare

Mens wil nie elke vyf minute vee nie

Mooi aand vir almal

Dis winter

Mei 28, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie Chinese Maple wys duidelik

dis winter hier in ons geweste

Hy is nou 32 jaar “in training”

In Augustus kom die groen blaartjies weer uit

Lekker naweek.

Ek kyk Super 15

Sterkte Bulls

Stoepgroete,

ouboet

Ek nip nogal oor more. Blou vs oranje

Mei 27, 2011 in Sonder kategorie

Weer eens is ek versigtig om ‘n voorspelling te waag, maar dit gaan ROF wees. Arme Div, ek hoop nie nog sterre word beseer nie.


Op papier, veral soos wat die manne deesdae speel, kan mens seker nie die beste span kies nie.


Wat die skare aanbetref, nou ja: The most intimidating crowd in world rugby vs. die bedeesde Vrystaters op Loftus.  Ek hoop net daai manne met die horings wat in blou bakkies opdaag met enorme blou ballasse wat tussen die agterwiele wieg, bly kalm.


Kammi ou maat, ek dink rugby gaan wen.

Geniet julle naweek.

My jongste kom die naweek kuier. Hy sê Potch bly ‘n kiteparadys. Die pragtige meisies daar intrigue hom baie.

Aan alle meisies 1-70

Mei 26, 2011 in Sonder kategorie

Ouboet dra ‘n song aan julle op

Geniet hom en HUG julle loved ones

Ek het ‘n verruklike beter helfte, geen dogters nie

en (nog nie) ‘n kleindogter nie

 

Stoepgroete,

ouboet

Song vir Anha

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Enjoy your last lap to 40

Hierdie song is seker voor jou ma

se geboorte opgeneem, maar hy bly special

 

Grepie op 32 jaar se liefde

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Terloops. Hierdie is ‘n greep op realiteit en geen gedig nie.

As die son sak en die

maan sy eerste spore gooi

oor gisters wat bly hang

in soeltes van onthou

hoe sag ons eerste

aaraak en omhelsing  was

bly alles  mooi so wondermooi

Selfs as kurwes  en paraatheid

dalk mag taan sal hierdie eerste

spore van onthou ons knussies

aan ‘n lewensfeit herinniner:

Ons is bly ons is na 32 jaar nog saam

Titanic

Mei 22, 2011 in Sonder kategorie

Min flieks het my so geroer soos die

1997-weergawe van Titanic.

Geniet die song

Oor gister se rugby. Welgedaan Cheetahs en Bulls

Net jammer julle het eers in Mei begin rugby speel

Geniet die dag.

Ek sit op die stoep en werk

 

MaanKind se song

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Spesiaal vir jou vriendin

Song vir tronkie

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Geniet.

Jammer die oorspronklike wou nie laai nie