Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Oor rugby en die troue

April 30, 2011 in Sonder kategorie

Geluk met jou span se oorwinning Kammi. Hulle was werklik puik. Jou gedig noop my om my voorraad rooiwyn te gaan aanvul.

Hou duim vas vir die Blou span wat vanmiddag in rooi uitdraf.

Ek gaan nie voorspel nie, maar ek glo nie die kampioen gaan weer struikel nie. Ek vermoed die Sharks gaan koning kraai oor die vyand.

Ek is geen aanhanger van royalty nie. Hierdie klug het lank reeds sy rakleeftyd oorskry, maar Kate was pragtig. Daai trourok gaan nog lank oor gepraat word. Absoluut stunning.

William het ‘n vrou gekies ten minste in haar oorlede skoonma se league. Net jammer Charles kon haar nie waardeer nie.  

Ek vermoed William gaan sy pa se statuur met ligjare oorskry.

Geniet julle naweek. 

Onthou, rooiwyn verdryf die koue en laaf die siel.

Stoepgroete,

ouboet

Gedagte vir die naweek

April 29, 2011 in Sonder kategorie

Sjoe, dis amper weer naweek. 

Today's Inspirational Quote:


"It's better to be an optimist who is sometimes wrong than a
pessimist who is always right."

-- Unknown

Mag julle naweek oorvloedig besaai wees met alles
wat vir julle kosbaar is.


Stoepgroete,



ouboet


Ouboet is eerste

April 28, 2011 in Sonder kategorie

Met die jaar wat so teen asembenemende tempo

voortstu, is ouboet eerste.

Mooi aand

Stoepgroete,

ouboet

 

Wat ek van blog geleer het

April 28, 2011 in Sonder kategorie

.....is so mooi saamgevat in die volgende stukkie waarheid:

Today's Inspirational Quote:


"The key is to keep company only with people who uplift you,
whose presence calls forth your best."

-- Epictetus

Hier in Gauteng is dit koud, selfs aan die noordehang
van die Magaliesberg.

In die middel van die nag moes ek opstaan om nog komberse
te gaan haal.


Mooi dag verder.

Stoepgroete,


ouboet

Lekker res van die week vir julle

April 27, 2011 in Sonder kategorie

Mooi res van die week

27 April 2011 het aangebreek en is aanstons oor

Die gesin was vir 5 dae voltallig

Dit was heerlik

More is ‘n nuwe dag

Carpe diem

Stoepgroete,

ouboet

 

Mooi gedagte vir die dag

April 27, 2011 in Sonder kategorie

Today's Inspirational Quote: 

"Nobody can go back and start a new beginning, but anyone can
start today and make a new ending."

-- Maria Robinson

Mag julle dag buitengewoon, besonder erg lekker wees.


Stoepgroete


ouboet

Hartverskeurende nuus

April 23, 2011 in Sonder kategorie

Die Bulls het weer verloor.  Nee wat, die kampioen is nie naastenby wat hy was nie. Groot helde van weleer val voor die hoofpawiljoen. 

Hoeveel  groenes in blou span in die WB gaan speel is onseker, maar vandag het nie een juis sy hand opgesteek nie.

Geniet die res van julle naweek.

Geniet die song

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Geniet ‘n song met mooi memories

 

Oorgeslaandes

April 19, 2011 in Sonder kategorie

Vir die van julle wat die afgelope 3 jaar navraag gedoen het oor wat ‘n oorgeslaande beteken, gaan lees Anha se laaste pos.

Die boks was leeg daai dag toe totties uitgedeel is. Life’s not fair.

Veels geluk ouboet. Well done.

April 16, 2011 in Sonder kategorie

Jy was toe reg met jou Bulls-voorspelling teen die Reds.

Niks maak so seer soos die waarheid nie.

Eina.

Dalk moet ek ‘n voorliefde vir ander balsporte ontwikkel, soos rolbal of om jouself raak te sit.

Lekker naweek verder.