Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Modderkoekie se uitdaging: Paul Kruger

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Thanks vir jou uitdaging.

Die agtergrond is min of meer soos volg:

My oupagrootjie word bedonner met sy plaas wat te klein opgesny is. Hy gaan sien toe Pres Paul Kruger  oor die aangeleentheid by sy huis in Kerkstraat, Pretoria en na afloop van sy besoek skryf hy die volgende brief aan hom:

Tot dusver is dit ‘n ware verhaal. Ek vermoed die President laat weet toe soos volg per brief:

De heer JP Naude,

Poste restante

Bethal

2 Maaart 1893


Waarde heer Naude,

Goedkeuring van uw aanzoekt  oor plaats Driehoek


Baie dankie vir uw besoekt. Geliewe kennis te neemt dat uw aanzoekt door de Raad goedgekeurd is met kompensatie van 176 Pond.

Vele sterkte met uw plaats.

Vermaan toch uw jonge zoon oor zyn taalgebruikt. Zyn opmerking het tant Gezina erg ontsteld:

“Genade ant Siena, hier in de dorp bot oom Nabod se wingerd zeer geil.”

Stuur groete aan uw familie.

SJP Kruger

Staatspresident.

Spesiale week vir meisies oor 50

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Julle  kom uit ‘n verruklike era.

Ek weet waarvan ek praat.

Hier en daar het ‘n meisie onder 50 my aangevat en

gesê hulle like ook die musiek.

Nietemin, hierdie is julle week.

Geniet die song en cuddle die mans in julle lewens.

 

Aan al die meisies oor 50

Februarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Onthou julle hierdie song?

Lekker week vir julle

 

Rapport en nuuswaardigheid

Februarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Vroulief vra vanoggend ek moet gou vir haar die Rapport gaan koop en wat sien ek op die voorblad?

Eina!

Wat is nuuswaardig aan ‘n Springbokflank se beweerde onderonsie met sy huishulp?

Pleks word daar meer breedvoerig berig oor sy span se naelskraapse oorwinning oor die Lions

Wat ek wel erg leeswaardig gevind het is die objektiewe rapportering oor ou nuus:  die Bulls se welverdiende oorwinning oor die Cheetahs. 

“Bulls bly die meesters

As jy wil weet waarom die Bulls so ’n suksesvolle span in Super-rugby is, moes jy eergisteraand hier in die Vrystaat-stadion gewees het om te sien hoeveel keer wilskrag, werkverrigting en temperament die verskil tussen hulle en die Cheetahs was.”

Ter wille van my objektiwiteit oor die groen prentjie, die volgende: Brossouw se herstel is ‘n nasionale ligpunt en Juan se besering ‘n nasionale ramp.

Vir Kammi en ander Vrystaters. Perspektief op gister se rugby

Februarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Die Cheetahs het pragtig gespeel.  Die Bulle het gesukkel en generaal Steyn wat sy rugby in die Vrystaat geleer het, het nie ‘n goeie aand gehad nie. MAAR, as jy kampioenmateriaal is kan jy selfs met ‘n swak vertoning steeds wen.

Die tafel is gedek vir ‘n pragtige Super 15-skouspel.  Ek wonder hoe gaan die vyand teen die Leeus vertoon? Wat dink julle?

Mooi dag verder.

Sterkte aan die Cheetahs

Februarie 25, 2011 in Sonder kategorie

Sedert die ontstaan van  SuperRugby het die (huidige) Cheetahs nie juis waffers gevaar nie. Hulle kon die blouspan slegs eenkeer klop, en dit was nogal op Loftus.

“The team from Bloemfontein have managed only one victory in the history of Vodacom Super Rugby against the Vodacom Bulls, which was way back in 1997 when Free State defeated Northern Transvaal 35-23 in Pretoria.”

Dus is die statistiek teen hulle.

Maar, nou ja, statistiek werk soms, soms nie.  Vra maar vir Gatiepe.  Hulle huisie is so klein hy statistiek sy girl sommer in die gang.

Geniet vanaand se rugby.

 

Vir Voz

Februarie 25, 2011 in Sonder kategorie

Geniet die song.

Ek vat nou die pad op die grootste parkeergarage

in Afrika. (Die NI Johannesburg toe.)

Mag almal se dag heerlik wees.

 

?

Februarie 24, 2011 in Sonder kategorie

Hoe sou ons

paaie loop

en skik

as as nog

stokkies was?

In die ryper

uur wat hang

as môres

gisters word

ets sagte

repies lig

vaal kolle

op ‘n dice

 

Kuisvoos

Februarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Wat sal die mense sê?  Dit was die oorheersende bekommernis

in die eng Victoriaanse tydperk.

Maar onthou, toe het die meeste meisies tussen 16 en 18 getrou.  

Selfs toe was nie alle mense met die gawe van kuisheid bedeel nie.

Vandag trou mense heelwat later.

Die kuisheidsreël word dus heftiger getoets.

Dink julle nie ook die HAT kort ‘n nuwe woord nie?

Is dit OK as ons hom kuisvoos noem? Wat dink julle?

Sorry ek blog so ‘n ou song.

Ek kon netnie aan ‘n beter song dink om die punt te illustreer nie.

 

Hoekom ek van hierdie Elvis song hou

Februarie 22, 2011 in Sonder kategorie

Elvis is  in Augustus 1977 dood.

Daai aand luister ek na hierdie song

My pa is kort daarna dood

Toevallig speel hierdie song oor die radio

toe AVBOB hom by die huis kom haal

Kort daarna ontmoet ek die liefde van my lewe

Toe ek seker die derde keer vir haar gaan

kuier, toe speel hierdie song

Nou, meer as 32 jaar later

hou ek steeds van hierdie song

 

Sorry ek le bietjie laag deesdae

Werk

Werk

Werk

Stoepgroete,

ouboet