Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

Cheers Fanus

Januarie 31, 2011 in Sonder kategorie

My pad het tweekeer met Fanus Rautenbach gekruis.

1.       Die korporatiewe burokrasie waar ek werksaam was, besluit om eenkeer ‘n party te hou en alle oudstryders daarnatoe uit te nooi. Iemand moes ou staaltjies op skrif sit en Fanus Rautenbach word toe aangestel. Hy kom voer toe ‘n onderhoud met ouboet en ek lig hom in oor dit wat ek onthou. Uiteraard begin ek toe met alles wat ek “bokant die belt” onthou….ensovoorts. Toe skryf hy ‘n verhaal wat ons die aand vir almal uitgedeel het.

 

2.       Die korporatiewe burokrasie waar ek werksaam was het ‘n baasburokraat gehad.  Hy was ‘n woordtraag burokraat en ek moes  al sy speeche en voorleggings skryf en dus burokratiese poepe in technicolour verf.  Hy het van My oom se motor is ‘n ou masjien gehou.  Toe hou ons een aand ‘n party in die bosveld met Mannetjies Roux, Laurika Rauch en Fanus teenwoordig.  Hulle sing en vertel stories en ouboet doen die bedankings.

 

Cheers Fanus ou maat.  Jy kon ‘n grap vertel. Jy kon jouself met grasie in die kak inpraat, en kleurvol daaruit praat.

 

Volgende keer rapporteer ek oor een van die grappe wat daai aand vertel is.

Flou grappie vir die Kapenaars

Januarie 31, 2011 in Sonder kategorie

Faan gaan vir die eerste keer Kaap toe en haak sy Venter-waentjie om genoeg wyn saam terug te bring Benoni toe.  

As Klipdrifdrinker ken hy nie juis wyn nie, maar hy het gehoor mense met styl drink Kaapse wyne. En after all, hy is mos ‘n man met styl

Sy buurman Koos, ook ‘n  Klipdrifdrinker,  vra of hy vir hom ‘n paar bottels kan saambring.

Yes, se Faan, maar watter soort?

Koos: Ek weet nie, maar hulle se Cabernet en Pinotage is lekker. (Duidelik is sy uitspraak van hierdie vreemde terme nie lekker op spec nie. Iets soos KABBERNET en PIENOTIETSH)

Faan: OK, wat wil jy hê? Wit of rooi?

Koos: Maak dit maar so ‘n kas van elk. Maar sê my, hoe drink mens die goed?

Faan: Ek weet nie. Seker met lemonade.

Hallo

Januarie 30, 2011 in Sonder kategorie

Alles is mooi groen na die reen

Kleinboet met sy laptoppie voor sy haarsny

Die koshuiskamer is maar beknop

Mammie is terug. Dankie tog!


Madiba en “Die kind”

Januarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Madiba is die grootste boorling en held wat Suid-Afika ooit opgelewer het. So sê my jongste en ouboet ondersteun sy opinie en heldeverering heelhartig.

In 2008 doen Kleinboet ‘n Afrikaans-Ekspo-navorsingsprojek oor Madiba en Ingrid Jonker se gedig “Die kind” wat Madiba in die parlement voorgelees het.

‘n Vername skrywersforum gee hom ‘n tamaai snotklap toe hy hulp vra, en hy begin google en “groot name” se raad direk vra.  

 

Hy spreek hulle links en regs as oom en tannie aan en kry 49 puik response, insluitende puik kommentaar en aanmoediging deur Antjie krog, Abraham de vries, Etienne van Heerden, John Kannemeyer, Joan Hambidge, Patricia de Lille en baie ander. Vyf Professors aan vooraanstaande Universiteite regeer.

 

Al die grootmeesters is dit eens dat Madiba se gebaar om ‘n Afrikaanse digteres se gedig in die parlement voor te lees, ‘n meesterlike versoeningsgebaar was.

 

Vir meer inligting, volg hierdie skakel:

 

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=53600&cause_id=1270

 

Die stoep is leeg, want mammie kuier die naweek by Kleinboet op Potch

 


Pitkossie vir Roosmaryn

Januarie 28, 2011 in Sonder kategorie

 

Jy weet seker jou naam feature in myns insiens die heel beste gedig in Afrikaans. Toe laat dit my dink aan Kleinboet se navorsingstuk vir Afrikaans-Ekspo.

 

Hy vra toe die volgende vraag aan kundiges:

 

Vraag: “Maar soveel beendre lê onder die roosmaryn ….” Hoe sal u Opperman se insig in hierdie veelseggende versreël beoordeel?

 

Dr Taljard plaas baie klem op simboliek: “Vind eers die simboliek van die roosmarynstruik. Hierdie is maar EEN van sy vele simbolieke: “Rosemary: Included in funeral wreaths as a symbol of remembrance and in wedding bouquets as a symbol for fidelity. It’s said that if you touch a lover with a sprig of rosemary, they’ll be faithful”. M.a.w. word dit verbind met sowel die dood as die sluiting van ‘n liefdesband en getrouheid. Watter simboliek lê bv. daarin opgesluit?

 

Dit verwys dus eerstens na die baie bloed wat (tevergeefs) in hierdie land gevloei het, na almal wat dood is, maar ook op die liefde (vir die naaste) en op lojaliteit. M.a.w. kan ons dalk aanneem dat die digter bid vir ‘n nuwe bedeling waarin die haat omgesit sal word in liefde (of: die dood die begin sal wees vir ‘n nuwe soort liefde)? Hierdie is maar EEN ENKELE interpretasie. Daar behoort nog tientalle ander interpretasies te wees wat soos palimpses op dié een lê en die weefsel verdig, want hierdie is ‘n baie digte gedig, juis vanweë sy diggeweefde struktuur en die betekenislae wat dik bo-oor mekaar lê.

 

Bron: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=74531&cat_id=163

Moet nooit ‘n brug brand nie

Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie

So het ek oor dekades ook al agtergekom

 

Hoekom ek nie van kontreimusiek hou nie

Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Smaak is relatief. Nie almal hou van dieselfde tipe musiek nie. 


Kontreimusiek is beslis nie bo-aan my lys nie.

 

Hoekom nie?

OK, as ek moet buk vir ‘n drag slae, dan doen ek dit met grasie. Onthou net, as ek buk, lyk dit soos ‘n kameelperd by die suiping.


  • Baie lirieke het min om die lyf. Vergelyk byvoorbeeld Boesmanland se lirieke met Kinders van die wind s’n. ‘n Puik gedig wat in Groot Verseblik opgeneem is, en natuurlik briljant getoonset is vs. iets wat ek nog nie kon agterkom nie.
  • Die wysies is nie vir my mooi nie en soms voorspelbaar-verrassingloos.  OK, ek weet die vergelyking is dalk verspot, maar Gee haar ‘n roos en Yesterday sal onwaarskynlik op dieselfde liefhebber se rak wees.
  • Baie kontreiskeppings is three-cord-songs. Kan ek hieruit aflei dat dit dalk makliker is om kontreimusiek te komponeer as songs met minors, diminished akkoorde ens?  Jammer, ek kan nie komponeer nie.
  • Oor die skares wat kontreimusiek trek? Volgende vraag asb.

OK,  een kontreistukkie het eens op ‘n tyd my hart geroer.  

Die geleentheid was groter as die skare en ander perspektiewe wat te berde gebring is.

As julle sports is, luister saam.

 

Song vir almal

Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Is daar ‘n song wat (in ons tyd) meer gespeel

of uitgevoer is?

Seker nie veel nie. (Ons tyd) verwys na die ouer garde

Let wel, ouer garde verwys nie

na meisies in die omtrek van 50 nie.

Hulle is nog bloedjonk.

In elk geval, geniet kom.

 

Modderkoekie

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Jy sit in jou land

Ek sit in my land

Jy verlang na jou mense hier…

…en na beesbiltong, Ouma-beskuit en Mrs Balls

Ek verlang na die mooi scenes in jou land

en na daai lekker gemmerkoekies

in die blik wat mens by die lake districts koop

(Naam net gou vergeet)

Hoe nou gemaak?

Kom ons geniet ‘n single malt

en luister na ‘n mooi song

 

Aan ouers van eerstejaars

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Baie sterkte met julle kinders se volgende

paar jaar in die eerste werklike stadium van

volwassewording.

My laatlam is nou daar en dit lyk lekker.

Is daar ‘n lekkerder tyd in mens se lewe?  

Ek wonder. 

Toe ons daar was, was dinge anders, maar wat

die basiese dinge aanbetref tog so dieselfde.


In my tyd moes ‘n skrander Chinees toestemming

van die Senaat kry om te swot vanwee sy “velkleur.”

Ai, hoe siek was die sisteem tog nie.

 

Een van my jongste se beste maats is ‘n swart

student en hy spreek my as oom aan.  

OK, wat is dieselfde? Kampusse is popparadyse. 

Is daar enige plek in die land waar mens mooier

meisies kry as op universiteitskampusse?  

Ek wonder.

 

Ek hoor gisteraand ‘n nuwe een. “Pa, ek was

gisteraand op busdiens” Nou wat is dit ou seun?

“Eerstejaars mag nie met maer meisies dans nie.

 

En niemand van hulle mag oorgeslaan word en

teen die muur bly sit nie.

 

Toe fokus ek maar op die lywiges.”  

 

Dit is ‘n term wat grens aan haatspraak seun. 

Moenie dit ooit voor enige meisie gebruik nie.

 

“OK Pa, ek moet nou gaan band oefen vir

die eerstejaarskonsert. Bye.”

 

In my tyd was time is tight die beste closedancesong

op boljolle. Hy het mens af van skaam af gemaak.