Jy blaai in die argief vir 2010 November.

Vir Murphy

November 29, 2010 in Sonder kategorie

Murphy se puik skrywe het my diep laat dink. 

Sonder hartseer kan mens nie geluk mooi verstaan nie.

Selfs in die middel van die dag kan mens sterretjies sien
as jy diep in 'n donker put is.

Wat my beindruk van blog is die feit dat jou pos so ongelooflik
goed
ontvang is en dat soveel vriende julle onderskraag

Ek dra vandag se inspirational quote aan jou op:

"Spend eighty percent of your time focusing on the
opportunities of tomorrow rather than the problems of
yesterday."

-- Brian Tracy

Mooi dag verder. Mooier maand verder. 'n Briljante 2011
word julle toegewens.

Sterkte vir die nuwe week

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Die week is verby.

Hier van die stoep af sien ek hoe die son

in die weste gesak het

En ek dink aan my 85-jarige moeder se resitasietjie wat eindig met:

Is daar in hierdie groot heelal

‘n beter skeiding mens,

waarop jy wag

Heerlike oggend op die stoep

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Want die bokke het oortuigend gewen. Martin Johnson se gesig het aan Graham Henry s’n herinner die dag toe hulle in WB 2007 teen die Franse vasgeval het.

Lyk of hulle geniepsige buikwinde ruik.


Toe vier ons maar gisteraand die oorwinning en gaan slaap sonder om die stoep op te ruim.

Ek glo julle is ook bly oor my galbraak oor snorre en my verkeerde voorspelling.

Mooi dag

Ietsie ligs

November 27, 2010 in Sonder kategorie

Jammer, ek is vandag bietjie te besig om sinvol te blog, toe plak 
ek maar ietsie ligs, ....net so....
ter voorbereiding vir die groot rugby vanmiddag.


Today's Inspirational Quote:

"All mankind is divided into three classes: those that are
immovable, those that are movable, and those that move."

-- Arabian Proverb

Gaan hulle die destydse 49-0 teen Oz soos 'n oorwinning laat lyk,
of gaan hulle beweeg?


Lekker naweek verder.

Vir Modderkoekie. Is dit ‘n gawe of ‘n straf om te kan “sien?”

November 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek kan nie “sien” nie, maar kry soms kriewelings, soos:


  • Die keer toe ek nie wou saamgaan Da Res Salaam (spelling?) toe nie. Toe ontglip twee werksvriende die ewige lewe met ‘n close noodlanding. (My plaasvervanger was ruim 60 kg my junior)
  • Die nag toe ek nie kon slaap nadat ‘n nuwe intrekker in die Jeugsentrum my oorgenooi het om ‘n groot bottel Fanta grape saam met hom te kom drink nie.  Twee dae later kom haal sy pa sy goed. Doodgeskok in hoogspanningsdrade.

 

Suster sien almal se dood. Dr Verwoerd s’n toe sy nog ‘n skooldogter was, Chris Barnard s’n, Pa s’n, Oupa s’n, Ouma s’n, almal s’n.

 

Sy mag nooit in die verbygaan by ons kom kuier sonder om ons eers vooraf telefonies in kennis te stel nie.

 

Ek is bang sy kom groet my.

Laaste raaisel

November 26, 2010 in Sonder kategorie

OK, hierdie een is die laaste.

1                     Sy skryf pragtig en gevoelvol.  Een foto gesien: mooi verby. Sy is slim, maar swot nog iets. Sy byt vas en blogland ondersteun haar ten volle

2                     Haar wet laat mens wonder, maar sy skryf puik. Nie skaam vir betigtiging nie. Baie stylvol en mooi

3                     HAT definisie van deugsaamheid

4                     Die  ou anties van die verlede  is vandag se meisies van vyftig

5                     Beedskone girls is nie altyd met almal ewe vriendelik nie

Snorre se span gaan more die les van hulle lewe geleer word.

Antwoorde op die raaiseltjie

November 26, 2010 in Sonder kategorie

Goeie probeerslae maar geen wenner nie.

Dus:


1                     Die beste digter op die blog. Ongetwyfeld Kammi. Hy het ‘n unieke styl en slag met woorde.

 

2                     Die Magaliesberg het styl aan die Kaap afgestaan. Niemand anders as Rosie nie. Ons deel ‘n stukkie kultuur aflkomstig vanaf die noordehang van  seker die bekendste berg in Afrika

 

3                     Puik skrywer met ‘n aangebore talent vir woorde en humor. ( Nie altyd Sondagskool -materiaal nie maar uiters gevat). Jan, ons wag vir Viagra 2.

 

4                     Leiersfiguur in die gemeenskap met baie vriende. Woordskerp en kwistig met disspline (wat nie in Gauteng aangeleer is nie).  MaanKind, lekker daggie by die see. Hou Jan maar dop.

 

5                     Sy is mooi en verlief. Sandi natuurlik. Snaaks meeste het hom reggehad.

Mooi dag.

Nog ‘n raaiseltjie

November 26, 2010 in Sonder kategorie

Hier’s nog enetjie.

1                     Die beste digter op die blog

2                     Die Magaliesberg het styl aan die Kaap afgestaan

3                     Puik skrywer met ‘n aangebore talent vir woorde en humor. ( Nie altyd Sondagskool -materiaal nie maar uiters gevat)

4                     Leiersfiguur in die gemeenskap met baie vriende. Woordskerp en kwistig met disspline (wat nie in Gauteng aangeleer is nie).

5                     Sy is mooi, het baie styl en is verlief.

Mooi dag.

Raaiseluitslag. Geluk Jan

November 25, 2010 in Sonder kategorie

Jy was met die uitsondering van twyfel tussen Modderkoekie en MaanKind spot on. OK, albei het die beskrywing gepas. Ek wou iets oor ‘n meesterlike rughand bywerk, maar dan was die raaisel veels te maklik.

Veels geluk Jan.

Die alfabet lees dus KLMNO en die uitslag is:

1 Wie anders as vriend Kobus. Almal het hom reggeraai.

2 Lou, die meisie van ewige jeugdigheid

3 Modderkoekie, ons special girl

4 Neander wat duidelik baie weet. Almal het hom ook reggeraai.

5 Ouboet. Sorry vir die openbarende verklaring. Anha was eerste reg met haar raakvat van nommer 5.

Die kuber is lekker. Sy karakters is pret. Dis ‘n heerlike koel aand in Gauteng, selfs aan die beter kant van die Magalies.

Lekker slaap,

Stoepgroete

Ouboet

(Ek vermoed Saterdag se Snorrespan gaan die Jake White 49-0 teen Oz vlei)

Lekker blograaisel. Wie is wie en wie wil saamspeel?

November 25, 2010 in Sonder kategorie

 

Ek gaan vyf bloggers kortliks beskryf. Kom ons kyk wie raai eerste reg:

 

Blogger 1 is seker een van die mees emosioneel volwasse onder ons en skryf die mooiste ware verhale


Blogger 2 is bedaard, volwasse, hou van blou en lyk dekades jonger as jare op die klok


Blogger 3 is stylvol, pragtig, regverdig en het baie tussen die ore, maar moenie moeilikheid soek nie


Blogger 4 is seker die mees ingeligte blogger.


Blogger 5 kompenseer vir ‘n vorm van oorgeslaandheid en trek soms vuur

 

Wenk: Die eerste letter van hul blogname volg direk na mekaar in die alfabet.

 

Sorry, ek dink hy is veels te maklik

 

Mooi aand