Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Wie lees hom/haarself raak?

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

Al van verdedigingsmeganismes gehoor? Indien nie, hou vas! Indien wel, lekker introspeksie.


1)    Die foute in jouself projekteer jy op ander. Byvoorbeeld, die fyn outjie in die kas sien ander fyn mannetjies raak en maak snedige opmerkings oor hulle. Die sielkundiges noem dit projeksie

2)    Jy ken die feite, maar ontken dit. Sluk ‘n halfbottel per dag af, maar ontken dat jy ‘n drankprobleem het.  Die sielkundiges noem dit ontkenning

3)    Jy weier om betrokke te raak, want dit bedreig jou.  Byvoorbeeld, jy stel uit want jy weet jy gaan sukkel. Die sielkundiges noem dit ontkenning.

4)    Jy het ‘n probleem in een terrein, maar probeer presteer in ‘n ander terrein.  Byvoorbeeld, die oujongnooi word ‘n briljante liefdesverhaalskryfster. Of die onderbedeelde mannetjie koop die grootste 4×4.  Die sielkundiges noem dit kompensasie

5)    Jy val terug op ‘n resep wat vroeër gewerk het, maar sy rakleeftyd oorskry het. Byvoorbeeld, jou punte by die skoner geslag veminder en jy dink terug en dagdroom oor die enkele prestasies by Sannie. Die sielkundiges noem dit regressie

6)    Jy ontken jou eie skuld en blameer iets anders as die ware oorsaak van die probleem. Byvoorbeeld die tennisspeler gooi sy rakket stukkend na ‘n nederlaag.. Of die vryersklong ontbreek fermte en blameer die ondermaat kondoom. Die sielkundiges noem dit verplasing

 

Daar is nog ander, maar nou het ek genoeg gif gesaai vir een dag.

 

My potjie prut lekker.

Uitdaging vir die week

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

Die afgelope week het ‘n paar briekstrepe gelaat.  My uitdaging aan julle vir die week is dus bloot:


Let us try to catch somebody doing something right. 


Onthou Keats se briljante idioom: “A thing of beauty is a joy forever.”


Mag elke dag van julle week met rose besaai wees. 

Mag alle mammogramtoetse negatief wees. 


Mag ons die enkele krom mik miskyk en die stunning beauty van die woud raaksien.


Mag julle elke dag van die week met ‘n lied in die hart wakkerword.


Carpe diem in Kleinboet se idioom:

Grense

 

Grense, o so wyd

met fondamente, o so breed

 

Tussen ons is daar soms geen

kaart, geen afdraaipad of stil oase nie

 

Uit dieptes van die duister landskap en

moeras klim ek stil teen repies reënboog op

 

Die horisonne van verlange en van skoonheid

skik in hierdie stiller uur tot lentebloeisels hoop,

 

maar in die nog stiller laatnaguur van rekenskap

 kruip ou vrese weer en weer in my grou gedagtes op

 

dat duister landskap en moeras, en ontwykend’ goue

ster se wye grense in die stilste oggendstond weer wasig is

 

Maar helaas, carpe diem…carpe diem, jou luide eerste oggendlag laat

grense, stil moeras en duister landskap klokslag skik tot suiwer klatergoud

Geluk Sharks

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

Julle het pragtig gespeel. Ouboet was verkeerd. Weer eens. Rugby het gewen. Weer eens.

Ek het ‘n familiedoop kortgeknip omdat daar nie ‘n TV by die onthaalplek was nie. Seker verkeerd van my?

Sorry MaanKind en Anha

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

Dit is op rekord dat takt nie ouboet se beste gawe is nie. Daarom vra ek julle nederig om verskoning omdat ek goed kwytgeraak het wat julle ontstel het. Glo my, niks was kwaadwillig bedoel nie.

Vergun my die geleentheid om die beste stukkie Shakespeare aan julle op te dra:

“The quality of mercy is not strained. It droppeth as a gentle rain from heaven.”

Nou buig ek, ek gaan staan sit op my knieë en soen julle sagte hande.

Konklusie

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

Ek het meer van emosies geleer uit die Ghaap-debat as uit alle emosie-inskrywings na MaanKind se meesterlike uitdaging.

Dit laat mens dink. Tasbare grootshede deur ‘n man se bril lyk totaal anders as deur die beter geslag se bril.

Het ek iets geleer? Ja, die dag as ek die vrou volledig verstaan, het ek reeds my rentmeesterskap op moeder aarde met minstens ‘n dekade oorskry.

Sal die beter geslag ooit verstaan as mans soms droom hulle leopard crawl deur ‘n mielieland vol tieties?

Kom ons verskuif die debat na die skouspel in Durban. Ten minste weet ons die koppie gaan vir ‘n jaar langs die kus wees.

Ouboet die vredemaker se laataandboodskap

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Geagte vriende,

Is daar enige terrein waar mens makliker ‘n drol raaktrap  as in blogland?

 

Ek twyfel.  Vat nou maar vir vriend Ghaap. Hy skryf luisterryk oor die beste argitektoniese skepping van alle tye, die vrouebors, en snotklappe uit sewe windrigtings tref hom genadeloos.

 

OK, hy het ‘n foutjie gemaak en borskankermaand by die debat betrek. Foutjie, maar ouboet die vredemaker vergewe hom.


Toe Jan Nel poog om die saak te beredder, toe daag MaanKind hom uit om sy familiejuweel te blog.

 

Kom ons aanvaar Kammi se treffende boodskap: Kak gebeur. 

 

My laataandboodskap aan al my vriende is dus  kort en kragtig:

 

Sit die fan op low speed, voor ons almal raakgespat word.

Vasbyt as die skemer sak: ‘n Genealogies-geinspireerde poging op grond van Modderkoekie se challenge

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Kleinboet blaai deur die familiekroniek en as heteroseksuele boorling van die 21ste eeu kom sekere vrae by hom op toe hy na die magdom van foto’s kyk. Ouboet het vermoedens maar geen klinkklare antwoorde nie. Tog dwing sy diepgewortelde patriargale lewensorientasie hom om antwoorde te probeer verskaf.


Hoekom lyk groot-oumagrootjie so suur Pa. Sy het voortydig gevat seun. Sewe maande na die voltrekking van die huwelik is haar eersteling gebore, lank voordat daar broeikaste was.



 

Hoekom staan die oom en die tannie sit? Dit was dag drie van die wittebrood seun. Die oom kon nie staan nie en die tannie kon nie sit nie.


 

En hierdie oom. Hoekom dwaal sy hand so?

 

 

Die oom was blind seun. Hy kon mos nie sien waar hy vat nie.

 

Het hulle in daai tyd voor die troue gespyker? Ek vermoed so seun.

Hierdie man het ‘n punt beet

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Today's Inspirational Quote:

"The bottom line is that

(a) people are never perfect, but

love can be,
(b) that is the one and only way that the

mediocre and vile can be transformed, and
(c) doing that makes
it that.

We waste time looking for the perfect lover, instead

of creating the perfect love."

-- Tom Robbins

Ek is met die beste ma vir haar kinders getroud, maar
soos met alle goeie dinge in die lewe moet selfs die beste
plantjies elke dag water kry.

Soms wroeg mens oor al die kak wat jy aangejaag het,
maar die brute krag van vergewing skop in as jy
jammersê, en dit bedoel

WP: 31
Haaie 28

Lekker naweek en geniet die skouspel sonder bye moremiddag.
Gelukkig het ek GEEN belang in een van die twee spanne nie
en kan dit dus net geniet



IDIOMS

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

 

If I think about language, a few unpleasant things cross my mind, such as spelling for example. I simply don’t like to learn for a spelling test.  I can also think of much better things to do than looking up the meaning of a word in a dictionary.  But what about language is really beautiful? Poems, stories??? Yes, but I guess we need to look no further than idioms. Idioms are indeed the flowers of language, and believe me the English language has a massive garden full of beautiful flowers. I think that nothing in language can be as beautiful as idioms. A language without idioms is like pap without salt or even worse, pap without sauce. May I humbly remind you that the word pap is as part of the English language as the word cool is part of Afrikaans.  

 

But what makes idioms so beautiful? I think most idioms always have something of what we may call a tongue in the cheek. By the way, tongue in the cheek is an idiom. According to the Wikipedia encyclopaedia most synonyms should not be interpreted directly. The words have a meaning that we cannot observe or see directly. For example, if I expect to win the lotto, one can say it is ……just another a cold day in hell, which means an event that will never happen.  The idiom at a loss for words really reflects the real beauty of idioms. I guess that if I ever have the privilege to see Brad Pitt in real life, I will be speechless…or…. at a loss of words.  At this juncture, let us take the beauty a little further, and where do we see more beauty than in the game of love?  I want to share with you a few beautiful love idioms.


The first step of love of course, is falling in love and that requires to catch someone’s eye or to fancy someone or even better, to have a crush on someone, hoping of course that he falls head over heels for you. Step two might end up going out with him, to go steady or to be lovey-dovey.  If things go according to plan, you trust that he will have eyes only for you because you really want to be the apple of his eye.  Can there be more beautiful idioms in any language than these?  Can any ideal be more divine than to be the love of someone’s life? Of course it must be Mr. Right. Then follows step 3, you to tie the knot, by getting married.  But, be prepared to go through a bit of a rough patch here and there, or to have blazing rows from time to time.   To have a stormy relationship does not mean you should call it a day or to end on the rocks.  You see, to appreciate real beauty, it is sometimes necessary just to look at the other side of beauty and to realise that every dark cloud has indeed a silver lining.


On the website Love idioms, I also learnt a few lessons, not all so beautiful, but oh so true:


Marry in haste, repent at leisure, meaning if you marry too quickly, you have the rest of your life to regret it!

Love is blind: when you love someone, you can’t see his faults

Beauty is in the eye of the beholder:  beauty is subjective, but love remains so beautiful.  

And finally: Never allow love at first sight to take your breath away.  

Beminde in stort

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Tieneroë tuur deur riffelglas en stoom

en volg die kurwes van die vlees

So staar ek na jou my lam

 

sien ek jou soos gister toe ons

liefde verbode was

die begeerte warm

vlees op vlees was

die eerste drif hom in ‘n stil uur uitgewoed het

 

die jare van eensaamheid aangebreek het

elk, afgesny van mekaar, hul 

in die donkerte van afsondering

van drif en pyn verlos het

 

In hierdie eerste repies lig van

die nuwe begin staar ek na jou

my lam, word die wasigheid

van gister weer helder lig

 

Soos tieneroë deur riffelglas

na die spatsels van ‘n droom bly staar,

tussen stoom na die kurwes

van die vlees bly soek

 

So staar ek na jou

my lam