Jy blaai in die argief vir 2010 Augustus.

Voz jy’s stil

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Die  warrelwind het stil geraak

maar toe die uur van waarheid

aanbreek het my lied op sirkels

stof gekrap en soos die Recycle Box

se Empty-skuur van die kliek geklink

 

Tot laataand sou ons nog probeer

om deleted files te resurrect maar

nuwe warrelwinde sou ons spore

opsuig in die duister kolk wat sirkels

stof tot plaak vergader en sonder

 

disseldons se sagte val sou ons deur

Windows kyk en helaas besef die

landskap van die pen is soms so

rubberloos van format en delete gespeen

Die geskiedenis is besaai met vertelbare stories

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Stamvader Jacob Naude kom in 1718 in die Kaap aan. Sy storie het my aangegryp.

 

Arme Jacob het seker na sy ma verlang toe hy met ‘n vrou 10 jaar sy senior en wat reeds 8 kinders gehad het, getrou het. Hy was toe 27 en sy 37 jaar oud. Susanna moes ‘n besonderse mens gewees het om die jong man so te betower. Sy sterf 2 jaar later en laat ’n jong wewenaar agter.

 

Eintlik was Jacob reeds van effens gevorderde jare toe hy in die huwelik getree het. Slegs oupa Lewies was ouer toe hy op 29-jarige ouderdom die knoop deurgehaak het. Dit moet egter ook gesê word dat die ruwe Kaap in daardie jare relatief baie min inwoners gehad het, veral vroulike inwoners, en dat die keuse van huweliksmaats baie beperk was.

 

Het Jacob met sy baie stiefkinders ooit weer die voorreg van ‘n vrou in sy arms ervaar, of het hy hom op die opvoeding van sy kinders toegespits? Stomme man, om vir 48 jaar sonder vrou te wees moes seker ‘n geweldige beproewing gewees het. Of was dit?

 

Hierdie man se storie gryp die verbeelding aan.  Hy verlaat sy beoorteland as 22-jarige, hy was slegs 2 jaar getroud, en op 30 maak hy baie kinders groot. Volgens alle aanduidings trou hy nie weer nie. Of hy selibaat gebly het, kon volgens beskikbare bronne ook nie vasgestel word nie.

 

Ek is seker daar moet baie los drade van sy lewe iewers rondlê om ‘n mooi storie oor te skryf

Vergaderings

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Wie hou van vergaderings?  Nie ek en Thomas nie. Vergaderings met burokrate is soveel erger. Vanoggend toe ek tydens ’n vergadering via die Blackberry blog, toe gee MaanKind my ’n oorveeg.

 

Vergaderings laat my dink aan ‘n opmerking van tuiningenieur Wilson so ’n tydje gelede.  Ons was weg vir die naweek. Toe ons terugkeer lig Wilson ons breedvoerig in oor alles wat itydens ons afwesighed gebeur het, onder andere dat vriend Rassie daar was.  Ek vra hom toe wat het Rassie gesê.  “Hauk, baas Rassie hy’t baie gepraat. Hy’t fokol gesê en weer gery.

 

Sommige vergaderings is soos sepies. Jy kan lank wegbly, of indut, en niks mis nie.  Hoekom ry ons steeds kilometers deur verkeer vergaderings toe? Telekonferensies en Skype wat tot ’n halfuur beperk is, is tog meer effektief en lonend, maar gaan vertel dit vir ‘n burokraat wat tjeks teken.

 

 

Lekker dag verder.

Goeiemore

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Goeiemore vriende.

Ek sit in ‘n burokratiese vergadering en dog ek groet net.

Blackberry is ‘n lekker stukkie tegnologie wat ek onder die knie begin kry.

Lekker dag.

Teenpole van die lewe

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

 

’n Ou vriendin kom gisteraand kuier en vaar uit oor vandag se jeug, verwysende na haar eie spruit se grepe op die lewe: “Vandag se kinders wil net suip en spyker. In ons tyd was dit so anders……   Die debat word filosofies en betree die ontstuimige vaarwaters van die lewe en sy skreiende kontradiksies.

 

Die eie ek-sindroom vervaag soos wat konsensus plek plek plek oor ons vaardig raak. Die gesprek raak guitig toe ouboet meld dat ’n enorme penis op die plaveisel in Pompeii die rigting na die huis van plesier aandui. Milleniums voor die geboorte van Christus was daar al sedebewakers én pretsoekers.

 

Toe filosofeer ons diep. In ‘n deurmekaar wêreld wat toenemend deur versoening tot orde geroep word, is daar ook ongekende vrese en vyandskap, haat en versplintering. 

 

Te midde van ‘n groeiende besef van geestelike en godsdienstige verdieping vind ons ook groter afvalligheid. ’n Groter besef van die waarde van moraliteit en behoudende lewenswaardes word deur losbandigheid bedreig. Dreigende resessies en ekonomiese voorspoed bly onafwendbare teenpole. Mense maak oorlog en bepleit terselfdertyd vrede. Die mens is voortdurend uitgelewer aan skreiende teenpole van die naakte werklikheid van die lewe. Op die keper beskou, is hierdie teenstrydighede die verhoog en décor vir die ontplooiing van lewenspel. Teenstrydighede maak die lewe veel meer interessant, én lekker.

 

Die agitators loop voor en word gevolg deur die bemiddelaars, die aggressiewes soek skoor en die terapeute lei koud. Amper soos op die blog.Homeostase en ekwillibrium sal bly skommel, net die markkragte sal voortdurend verander.

 

Die toekoms is inderdaad nie meer wat dit eens was nie, en nader aan die lyf, tog so dieselfde..

 

Pragtige woorde wat my soms kalm maak.

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

Max Ehrmann se meesterstuk is vir my nogal ‘n bron van inspirasie as burokrate, skoorsoekers en ander oorgeslaandes my die bliksem in maak.    

 

Dan neurie ek daai meesterlike chorus van die song in my gedagtes en dink aan oorlede pa Koos, die vredemaker, se deugde.

 

Desiderata


Go placidly amid the noise and the haste,
and remember what peace there may be in silence.

As far as possible, without surrender,
be on good terms with all persons.
Speak your truth quietly and clearly;
and listen to others,
even to the dull and the ignorant;
they too have their story.
Avoid loud and aggressive persons;
they are vexatious to the spirit.

If you compare yourself with others,
you may become vain or bitter,
for always there will be greater and lesser persons than yourself.
Enjoy your achievements as well as your plans.
Keep interested in your own career, however humble;
it is a real possession in the changing fortunes of time.

Exercise caution in your business affairs,
for the world is full of trickery.
But let this not blind you to what virtue there is;
many persons strive for high ideals,
and everywhere life is full of heroism.
Be yourself. Especially do not feign affection.
Neither be cynical about love,
for in the face of all aridity and disenchantment,
it is as perennial as the grass.

Take kindly the counsel of the years,
gracefully surrendering the things of youth.
Nurture strength of spirit to shield you in sudden misfortune.
But do not distress yourself with dark imaginings.
Many fears are born of fatigue and loneliness.

Beyond a wholesome discipline,
be gentle with yourself.
You are a child of the universe
no less than the trees and the stars;
you have a right to be here.
And whether or not it is clear to you,
no doubt the universe is unfolding as it should.

Therefore be at peace with God,
whatever you conceive Him to be.
And whatever your labors and aspirations,
in the noisy confusion of life,
keep peace in your soul.

With all its sham, drudgery, and broken dreams,
it is still a beautiful world.
Be cheerful. Strive to be happy.

 

The death of distance

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

 

I never realised the insignificance of distance until one drowsy Monday morning in January 1998.  Eager to join the PowerPoint-notebook yuppie league, I browsed the web for data projectors and requested prices and specs via E-mail. 

 

My idea was to declare a 20-year old tape recorder or similar doorstop in a new bag as a data projector at the then Johannesburg International Airport, to throw it away  overseas and to sneak in the new device tax free. In this way I could capture and exploit the essence of the gravy train in a little more humble manner, I could score an overseas trip at the receiver’s expense, and claim the expense of a trip as a study tour to acquaint myself with the latest technology. Consultants too need to stay abreast with the latest developments. 

 

A message to a company in Germany resulted in the first positive reply.  A few minutes after the E-mail was sent, I received a telephone call from their South African agent based in Cape Town: Sorry Sir, you cannot buy directly from overseas.  We are the only local suppliers. Can we set up a meeting to demonstrate our latest models to you.? I suddenly realised that the big big world is no longer what it used to be.  From South Africa to Europe and back in a few minutes, human response time on a Monday morning included.

 

 The message is clear: electronic communication has reduced the world to a global village.  The Internet has opened-up the world for virtually everybody to participate.

Al 31 jaar van genade….. Lekker dag vir julle ook

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Ouboet het in die week die mylpaal van 31 jaar binne die selibaat-na-buitentoe-staat op die smalweg van die heilige instelling genaamd die huwelik bereik. Ons gaan dit vanmiddag  vier in ‘n Portugese restaurant wat 1kg steaks (my gunsteling) en sushi (mammie se gunsteling) bedien.

Een-en-dertig jaar is drie jaar meer as vierkeer die seven year itch. Sjoe! Maar mammie is ‘n manjifieke vrou en rolmodel as moeder. Sy is spreekwoordelik my beter helfte in alle opsigte van die wandelpad.

Sy het gisteraand meer as ‘n uur met ouboet jnr oor die waters gepraat en hom sinvolle raad oor die mooi Vlaamse pop gegee.  Hy is mateloos beindruk met die feit dat sy hom in sy moedertaal verstaan. Soort van, die res kommunikeer hy in Engels, of nie verbaal.

Kleinboet leer vir die rekordeksamen, maar hy sal ‘n uur of meer afknyp om ons te vergesel. 

Vlaamse pop laat my aan Vlaamse kant dink, en die resitasietjie wat ek tydens haar halfeeuwisseling aan haar opgedra het laat my besef dat ek  ver bokant my vermoëns getrou het:

Vyftig

Die mosaïek van saamwees

simfonie ‘n bruidskleed

net vir jou

Die stories op my hande

stol in vyftig soene:

een vir elk van jou seisoene

Memory lane

se hek het wit omboorsels,

veel witter as die peerboomblom

Die wysies van ons jeug

is Vlaamse kant

Hul repies skik en

jaag nog vyftig soene

voor die one-way skemer

oor ons vaardig raak

Iets oor die rugby

Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie

Welgedaan. Oz was briljant, maar hulle  is deur  ‘n veel beter span gewen. Die soplepel gaan nie in SA pryk nie. Arme Deans. Lyk of daai man iets ruik en dit is nie Poison-parfuum nie.

Wie gaan op no 9 uitdraf vir WB 2011? Fourie duP of Hougaard? Ek geniet rugby reeds dekades en lanklaas het ‘n no 9 my meer beindruk as Hougaard.

Generaal Matfield se 100 het skaflik afgeloop. Sy mooi vrou en pragtige dogtertjies komplimenteer sy statuur.

Ek dink Juan Smit is ons ideale WB 2011 kaptein. Wat dink julle? Ofskoon ek en Kammi nie altyd saamstem nie, weet ons gelukkig albei dat daai man  briljant is. Dink net hoe gaan hy Saterdag voor sy tuisskare pesteer?

Arme Habana? Hy het vandag iets in sy hande gehad, en dit was nie tjoklits of ‘n bal nie. Onthou WP. ‘n man is net so goed soos sy prestasie in sy laaste game.

Ek gaan nou ‘n paar bruisdrankies van vanmiddag met ‘n rooiwyntjie veredel en mammie se osstertgereg wat al van vroegoggend af in die slowcooker my maagspiere koggel, karnuffel.

Groete tot more.

Die sondes van ons vaders en moeders

Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Thomas se puik stuk vanoggend het my genoop om ook ’n eiertjie te lê.

 

Sondes was daar altyd en sondes sal daar altyd wees, van die oerknal tot ad infinitum.

 

Die Victoriaanse tydperk word voorgehou as die kulminasie van kuisheid. Eina. Selfs haar majesteit het na die dood van Albert blykbaar ’n noue verbintenis met haar ghilli  (perdeoppasser) gehad. Of hulle gekiele het is onseker.

 

Vele “dogters“ het in hierdie kuise tyderk spreekwoordelik op die paal beland. Dan het hulle bloot die laat huwelik as gevolg van die gebeure agter die kraalmuur as ‘n vroeë geboorte probeer reglieg.

 

Toe ’n niggie in die laat sestigerjare dieselfde oorkom, is sy met die tong gestenig. Hoekom???? Sy het niks erger gedoen as haar oumagrootjie nie.

 

 

Gerbrecht 

 

Jou somber beeld

ets pyn af teen die

dowwe kiekiemuur

 

Jou hande wys die

was en aanhou

was in kouewater

 

Jou oë is strak, vol goeie

evangelie: genegawes

van jou groot familie

 

Jou tenger lyf was

eenmaal jonk, so

lees ek in die boek

 

In die stiltetyd van

majesteit Victoria

lank voor broeikaste

 

vloei uit Calvinisties

uitgesoekte genepoel

die volle evangelie:

 

‘n fris knaap knap

‘n halfjaar na

die eg gebore