Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

Laaste gesprekke tussen twee virtuele vriende.

Julie 31, 2010 in Sonder kategorie

Opvolg op my vorige pos aan Kobus en Flenters

 

Ouboet deel graag met julle ’n paar baie spesiale stukkies uit ’n baie treurige ware verhaaltjie wat in die kuber afgespeel het. Inge Lotz se moordblog het na die hofuitspraak ’n nuwe blog tot stand gebring genaamd Oom Louis se Bloubulhuis. Vriende het baie lekker in die huis gekuier en swaaiende hande was tot enkele sporadiese metaforiese mislese beperk. 

 

’n Spesiale vriendin Marion wat onder die naam Reguit-leef geblog het, is voortydig oorlede. Haar kinders het my versoek of hulle korrespondensie tussen ons op ’n omvangryke huldigingsblad in die kuber mag publiseer. Ek het dit as ’n eer beskou.  

 

29 Januarie 2008. Reguit-leef, Loer in by Bloubul. Ek mis jou sprankel baie.

 

31 Januarie 2008.  Dagse ou Louis. So bly om van jou te hoor.  Verlede Donderdag teruggekom van Dubai. Ons hele gesin was saam en dit was ‘n wonderlke tyd. Voor ons weg is, het ek besef my gesondheid is skielik aan die inkolk, maar het maar anti-inflammatoriese pynstillers gedrink en vir my man belowe sodra ons terug is, sal ek dokter toe.

 

My dogter het vir elke dag ‘n uitstappie gereel en ek het maar gesukkel om myself regop te hou.  Hulle het egter gou onraad vermoed en wou my met alle geweld daar dokter toe sleep (haar groot universiteitvriend en vriendin het hul eie praktyk daar en woon in dieselfde kompleks) en ek het gesoebat dat ek liewer sal gaan sodra ek terug is.(was doodbang hul prop my daar in hospitaal)

 

Jy is seker nie lus vir my mediese geskiedenis nie, maar ek noem net kortliks: mastektomie einde 1992 gevolg deur chemo. Daarna 5 jaar lank als gedoen wat dokters se en toe vir 10 jaar lank enige dokter en hospitaal vermy en gewerk soos ‘n bees.

 

Moet die week nog onkoloog sien, maar het nou reeds gehoor (bloedtoetse) die groot K is nou oral versprei! Kry net my kinders  en man so verskriklik jammer—-My dogter bel elke dag uit Dubai en  huil net heeltyd en my seun in die Kaap het so ‘n diep-moedelose hartseer.   Hoe op aarde kry ek hulle getroos?

 

En hoe meer ek vir hul se: “Ma was 15 jaar lank vir julle gespaar en ons kan net dankbaar wees vir die geleende tyd”— hoe harder snik my meisiekind en se sy wil nie sonder my leef nie! ! Dan probeer ek grappie maak en se dat ek buitendien ‘n lelike ouvrou wou word nie—-dan huil sy eers en se ek is dan nog so jonk!

 

Ai ou Louis moet maar niks aan die ander meld.  Jy is so ‘n dierbare, begaafde en vredeliewende ou.  Op die oomblik is ek  regtig nie baie goeie geselskap nie —veral nie vir die prettige bloubulhuis nie. Ek waardeer jou brief baie !Liefdegroete. Marion

 

29 Januarie 2008. Ag Marion,  Ek bid vir jou. Weet jy, jy is werklik die blogger met wie ek die lekkerste kommunikeer. Ons deel ‘n metaforiese agtergrond. Ek kan ‘n special deel van myself in jou skrywes raaklees.

 

Die groot K klink verdoemend, maar daar bly hoop. As dit enduit loop, is dit God se wil. Ek het in 2005 ‘n voordoodse ervaring gehad toe ons in ‘n massiewe ongeluk was op pad jagved toe. In ‘n paar sekondes toe die kar begin tol het my hele lewe voor my afgespeel. Ek dink wat vir mens aan die anderkant wag is soveel beter as wat ons hier het.

 

Marion, ek bid jou spoedige beterskap toe. Moenie worry nie, ek sal niks sê nie.  Liefde-groete, Louis. Die lang ou wat van versies hou.

 

1 Februarie 2008. Reguit-leef. Die blog verlang na jou. Loer in by Bloubul. Groete, Louis

 

(Toe volg drie weke se stilte van haar kant af)

 

23 Februarie 2008. Marion, Hoe gaan dit met jou? Stuur ‘n woordjie asb. Ek dink elke dag aan jou. Groete, Louis

 

Daardie middag kry ek ’n epos van haar dogter met die tragiese nuus en ek plak, na hartverskeurende kajuitraad, ’n resitasietjie op die huldigingsblad. As vader dink ek aan kinders sonder ’n moeder, en my grootste vitruele vriendin se afkeidsgroet laat my ’n traantjie wegpink:

 

 

Koebaai ma

 

Opstaan lief. Die dag breek

sag soos nat anysbeskuit

 

Koebaai lief,.haai my lief

met rooi hartjies tussenin

 

Vandag is droog en breek

in vlymskerp krummels op

 

Splinters van die siel sal

sonder soen en wondervat

 

van iemand… daai magic

iemand in anys moet heg

 

Die kronkelpad van Reguit-

leef was tog so reguitgeleef

Vir Kobus en Flenters. Vriende, moenie blogvriendskappe onderskat nie

Julie 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Toe ek gister Flenters se puik stuk oor ’n ontmoeting tussen twee spesiale blogvriende lees, was ek moerig vir die staatsburokrasie omdat ek nie ‘n vergadering met hulle kon skuif nie. Toe loop ek  ’n geleentheid om saam met hom en vriend Kobus te kuier mis.

 

Flenters is reg. Daar is soms silwer randjies om saai kantoordae, en ons moenie die silwer skakerings op die blog onderskat nie. Veral die gesoute garde lees mekaar sonder vennyn raak en ek glo persoonlike ontmoetings kan verdere waarde toevoeg.  Selfs sout wat plek plek laf geword het (in ouboet se geval) sal nie afbreuk doen aan die kwaliteit van kuier nie. As daai ongesoute renskol die neusvleuls irriteer, dan ruik ons hom af.

 

My kontak met hierdie twee immergroen woordskeppers en manne van statuur was tot dusver tegnies tot skryf en lees beperk. Intussen het ek en Kobus darem tweekeer Blackberry tot Blackberry-kontak gehad. Ek kon toe ’n stem en geleefde werklikhede van dekades se wysheidvind by mekaar uitbring.

 

Vriend Kobus, jy is die blog se vaskopstut sonder mededingers. Flenters as nommer 10 het jou metaforiese spelskep nie gelyke nie. Ouboet spring op no 5 en klap die swaaiende hande weg

 

Bloggers wat gereeld in die kuber kuier en mekaar later persoonlik ontmoet, sal kuier asof hulle reeds jarelange huisvriende is. Ons durf nie die waarde van blogvriendskappe onderskat nie.

 

Om hierdie waarheid te illustreer deel ek ’n baie hartseer ware verhaaltjie met julle in my volgende pos.

 

Wat dink julle?

Julie 30, 2010 in Sonder kategorie

Elke familie het sy eie intriges. Op die foto is ‘n blinde man wat ‘n meisie vashou. Wat dink julle van haar skalks laggie? Wat dink julle van haar boonste hand? Keer sy, of trek sy sy hand boontoe? 

Dit is wat die genealogie so interessant maak. As jy lees van ‘n kraalmuur, dan worder jy wat het agter daai muur gebeur.

Groete en geniet die naweek.

Murasies en spoke

Julie 30, 2010 in Sonder kategorie

Goed, ek copy ’n idee buite konteks. Nietemin.

 

Pa het die storie vertel van die eentonige drup-geluid wat hulle soms in die aand in hul slaapkamer gehoor het. Toe hulle met die kers ondersoek instel, sien hulle helderrooi bloeddruppels wat uit die dak op die vloer val,  sonder dat daar iets was wat gebloei het. Mens kon ook nie mooi sien presies waar die druppels vandaan kom nie. Sodra die druppels een vir een val, verdwyn hulle weer. Niemand kon ooit die raaisel oplos nie.

 

Ek onthou as klein seuntjie dat ons almal maar bang was om op Driehoek te slaap. Donker was daar, snags in die kliphuis,  donkerder as die donkerste donker wat ek ooit in my lewe gesien het. Ek onthou daar was ‘n beeld van ‘n vrou sonder arms in die huis, beslis nie ‘n replika van die bekende Venus-beeld nie, wat baie onheilspellend gelyk het en ons was altyd baie bang vir dié beeld. Die vrou sonder arms het ‘n wrede uitdrukking in haar oë gehad en selfs in die dag so onheilspellend soos ‘n spook of ‘n bo-aardse wese gelyk. Dit was in elk geval maar altyd bedags ook half donker in die huis aangesien die vensters van die ou kliphuis baie klein was.

 

As ek aan Driehoek terugdink dink ek altyd vaagweg aan die beeld van die vrou sonder arms en die gerugte van spoke. Ek onthou ma het een aand met ‘n kers geloop en waarskynlik ‘n weerkaatsing in ‘n ruit of iets dergliks, of dalk ‘n spook gesien en aan vreesaanjaend die gil gegaan. Haar bloedstollende gille bly my tot vandag toe nog helder by. Gelukkig was my blaas op daardie stadium nie vol nie.

 

 

Voor die murasie ‘n murasie was.

 


 



Kan mens met Blackberry blog?

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek sukkel my gat af met die tegnologie. Die blogs wil nie opkom nie. Al wat ek kan lees is die blogs wat gons. Zeppie en ander elektronies-bedeelde siele, kan julle my help asb.

Ek het die GPS al soort van onder die knie, maat Litnet bly problematies. Detail word op die screentjie uitgelaat, en selfs Autopage en Vodacom kon my nie help nie.

Lekker dag.

War and honour

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

                              

When I walk through our dining room, my eyes are always gripped by these two pieces of honour. My grandfather, who died long before my birth, was honoured with 3 medals and three stars for services rendered during World War 2.  My great grandfather, from whom I received my first name, was honoured with two medals and one star for his participation in one of the most gruesome wars in history – the Anglo Boer War.

 

I feel honoured to be the blood descendant of these two brave men. The famous American general Douglas MacArthur once said: “It is fatal to enter any war without the will to win it.” These men had the guts and will to win, and they were honoured accordingly. From a war perspective, it is largely bravery that is rewarded and men are honoured with medals, stars and other decorations.

 

American president Ulysses S Grant coined a brilliant piece of wisdom: “The art of war is simple enough. Find out where your enemy is. Get at him as soon as you can. Strike him as hard as you can, and keep moving.”  Only brave men pass this test and are eventually honoured.

 

The Spanish dramatist J Benavente gives us another dimension of war, bravery and honour: “You meet the warrior when in battle, but it is not until victory that you meet the gentleman.”  What does this tell us? Let us fight and be gentlemen after the war. The basic principle is easy: the more intense the bravery, the higher the honour that is awarded. I guess the Victoria Cross, one of the highest rewards in military history, was not always rewarded to gentlemen, but to brave men.

 

I would like to conclude with the words of General George S. Patton: “The object of war is not to die for your country but to make the other bastard die for his.”

 

No man should play any part smaller than that within his reach

Julie 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Kleinboet se speech. Ouboet het net die teks afgerond. Mammie het soos altyd meesterlik onderrig. Dan mag ouboet nie luister nie, want hy praat kak en ontsel haar “babatjie

 

Chairperson, ladies and gentlemen,

 

I want to share with you one of the most beautiful truths of life that is known to me. It is indeed a simple truth that still inspires me daily, after 18 years of blood, toil, tears and sweat. Thanks to the famous Italian Garibaldi for beautifully coining these realities of our sometimes uphill road ahead in life. Nevertheless, the truth is simply the following: Life’s a journey. Let’s enjoy it. After all, we pass this word but once, as an even more truthful idiom clearly states.

 

Since this is my last participation (if I pass matric off course) in the most exciting competition that embraced my sole during the past five years (English evening off course) I want to pay tribute to the learned elders for proposing the most exciting theme imaginable. Number one on their list of 4 choices immediately grabbed my mind: No man should play any part smaller than that within his reach. Life’s journey has many stages that call us to participate and to play a part.

 

We can either play easy roles halfheartedly and bore the crowd, or we can go for the challenging roles that attract encores. But more importantly, the crowd is not as important as the actor.  hen the final curtain falls, the actor still has to negotiate peace of mind, or face disgrace in a wasteland filled with guilt and sorrows.

 

What then is a role that is within your reach? History is crowded with able people that failed their acting skills and ended up in gutters. Some people with 6 distinctions or more in matric stopped living after their photos and CVs were published in the newspapers. They simply played roles well below their reach.

 

But history has also shown us the other side of the coin. We see people walking the uphill road, inspired by blood, toil, tears and sweat … sometimes against all odds.

 

The legendary Helen Keller, who was born deaf and blind, had apparently no hope at birth to get anywhere. Against all odds she excelled in many walks of life and in the process of facing the uphill challenges, she coined a brilliant piece of wisdom: “The most beautiful things in the world cannot be seen or even touched; they must be felt with the heart.” She had a choice to end up in the gutter, or to play a beautiful role within her reach with distinction.

 

The theoretical physicist Prof Stephen Hawking is another example of a dedicated person who plays a part within his reach. Every aspect of this genius is paralysed, except his brain, which is fuelled by blood, toil, tears and sweat.  Despite his physical illness he wrote an international best seller: A brief history of time.  The Sunday Times realised his enormous reach and commented as follows: This book marries a child’s wonder to a genius’s intellect. In this fascinating book Hawking tells us about black holes in space where time does not exist. He tells us about the expanding or growing universe. He acts from a wheelchair, and apparently against all odds, he gives new meaning to the phrase: playing within your reach.

 

He indeed reached much further than anyone of us can dream. Stephen Hawking is a living example to all of us who can run, play and enjoy life, but who don’t think, work and sweat. 

 

Beethoven composed his best music after he became deaf.  He had the choice to drown in sorrows, or to play a part within his reach. May his brilliant Ninth Symphony continue to inspire us to reach what we think is impossible. (The chorus of conductor Herbert von Karajan’s version of this masterpiece plays over Kleinboet’s cell phone. The crowd cheers and ouboet finds solace in knowing that Kleinboet is a better speaker than his father)

 

My late grandfather Zacharias Blomerus Deklerk, whose surname I proudly carry as first name, once described a very talented person who did not play within his reach with the following words that cannot be translated: Moeg gebore, vaak grootgeword en haal starrig asem. This poor fellow played well below his reach, or he didn’t play at all. His sickness merely calls for a bit of blood, toil, tears and sweat.  May his drowsiness inspire us all to play exciting roles within our reach.

 

On this note folks, I humbly thank you and say goodbye, if I pass matric off course.

 

I thank you.

 

Hoofseun is as die algehele wenner aangewys, vir die soveelste keer in ’n ry.  Sedert sy debuut as redenaar het hy net eenkeer, en wel die eerste keer toe hy in graad 3 was, tweede gekom. Sy onderwerp was ’n pak op sy tyd is soos brood en konfyt.  Toe vertel hy van oupa wat genadeloos gewetter was toe hy ’n sikspens in die spruit laat val het wat ’n skoolruit moes vervang wat hy met ’n bal stukkend gegooi het. Toe gly die clutch en Kleinboet kom tweede.oofHoofseun HHHH

 

Vir MaanKind. Ouboet lê laag, maar hou nie op wonder nie

Julie 27, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet is tans by ’n paar aandagvergende intriges rakende broodverdien en jongste se beplande universiteitsloopbaan by Stellenbosch betrokke. Dus lê hy laag op die stoep maar werk teen bekwame spoed elders.

 

Oor laasgenoemde moet ek seker vrede maak met die moontlikheid dat jongste dalk binnekort ’n Stormers-ondersteuner gaan wees. Goed, die ABO was seker erger. En after all, my grootste vriend ondersteun die Stormers en ons kom baie goed klaar, selfs al wen die Stormers op Loftus, of al verloor die Bulle op Nuweland. Selfs vriend Kobus asook verskeie ander vriende in die Wes-Kaap se oordeel kan seker ook nie heeltemal in twyfel getrek word nie. Maar of ek ooit die Blou Bul tussen die agterbene gaan skop is in die woorde van oorle oom John Vorster “an alternative too ghastly to contemplate.”

 

After all bly US die beste ingenieursfabriek wat bestaan. Selfs as Tukkie-kloon onder die gul Jakarandas‚ ’n klipgooi van Loftus af, was hierdie realiteit 35 jaar gelede reeds gedokumenteerde geskiedenis. Ek het dus vrede met jongste se keuse gemaak, welwetende dat ek nooit die swaaiende blou sak se kroonjuwele agter ’n blou 4×4 se wiele sal miskyk nie. Elke besluit het sy bagasie, soos ’n skoonma of skramsgeleefde kuisheid. Punt.

 

Maar waaroor wonder jy dan ouboet? My vorige pos oor kort vuilerige grappies is slegs deur een leseres negatief beoordeel en selfs as aggressief beskou. Ou vriende het my egter tegnies uitgenooi om weer die ou ouboet te laat herleef, wat moeilik is aangesien ek poog om ’n paradigmaskuif tot meer konserwatiewe sinlikheid te maak, maar tog metafories opgewasse voel om soos van ouds steeds ’n gekneusde buikwind in technicolour te verf.

 

Wat dink julle? Moet ek poog om wel blaasbeheer op die stoep te probeer waarborg? Moet ek gaande probeer raak oor rolbal of kontreimusiek? Of moet ek tydgenoot MaanKind se briljante opmerking oor briekebloei wat met pomp gepaardgaan probeer dissekteer? With the gift of hindsight is MaanKind se kommentaar oor briekebloei ongetwyfeld die skerpste op die stoep tot op datum.

 

Let wel dat ons (ek en Kleinmond se meisie) mekaar niks skuld nie, welwetende dat ons strewes mekaar drie dekades plus gelede dalk rakelings voor die Magliesberg gemis het. (Ware verhaal). Hy of sy wat memory lane se hek gesluit hou, mis ’n buitengewoon besonder erg lekker reis deur die ongekarteerde landskap van die toekoms.

Sies ouboet!!!!!!

Julie 25, 2010 in Sonder kategorie

Ek deel graag ’n paar cuties met julle.  Ek het dit van ‘n vriend, toevallig ‘n bekende sielkundige, ontvang en bloot geplak. Dis dus nie my eie woorde of idees nie. Jammer as dit kru of aggressief oorkom. Ouboet het mos sy aanslag gewysig om meer sinlike debat op die stoep te bevorder.

 

Muskiet sê vir die waslap, “Seker erg om heeldag net so te lê en vrek op een plek.” Waslap: “Ek het darem al gewas waar jy nog nooit gesteek het nie”

Juffrou in die biologieklas: “Wie kan vir my sê wat is ‘n parasiet?” Jannie antwoord: “Juffrou dit is ‘n meisiesfiets se saal.”

Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur ‘n vroulike polisiebeampte. Sy noem dit vir hom dat enigiets wat hy sê teen hom gehou mag word. Koos skree: “Tiete!”

Skotte is bekend vir hulle Whisky

Duitsers is bekend vir hulle Bier
Russe is bekend vir hulle Vodka
Jamaica is bekend vir hulle Rum
Suid Afrikaners is bekend vir die KAK wat hulle maak as hulle die goed drink!!!!

Mans is soos rooiwyn. Hoe ouer, hoe beter. Vroue is soos melk, eers word hulle suur en dan word hulle dik!

Wat is die ooreenkoms tussen ‘n screensaver en ‘n vrou se gesig?
Albei verander as jy aan die muis vat!

Hoekom stink ‘n poep?
Sodat jy dit kan deel met die dowes.

Ouboet gaan bietjie afskaal en brieke bloei

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

Weens verskeie pligroepe gaan ouboet effens laer lê as gewoonlik. Biksem dis jammer.

 

Anyway, intussen moet ek ook nog die nuwe swartbessie baasraak. Ek het darem al LitNet raakgelees.  Al wat ek kon oopmaak is die blogs wat gons om gelees te word. Dus het ek gisteraand bloedweinig te lese gekry. Die res is blank.

 

Jongste was gitsteraand laat uit. So, lesse in die tegnologie sal tot die naweek moet wag. Hoekom is kinders van vandag veel slimmer as hul ouers?  Life’s not fair.

 

Al wat oor jare min of meer dieselfde gebly het is koning se sport. Of het dit? Of gly die Plymouth se clutch al weer, of lol daai gestripte reverse dalk gear weer soos dekades gelede?

 

MaanKind, gee my asb ‘n no 13 ring spanner aan. Ouboet wil die brieke bloei.