Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

Grappe

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Wat is die grap wat jy ooit gehoor het wat die meeste aanstoot gee?

 

Wat het die blinde man gesê toe hy by die viswinkel verbystap? Goeiemore dames.

 

Wat is die beste skoolgrap wat jy ooit gehoor het?

 

Juffrou vra die klas om ’n sin met die woord statistiek te maak. Sannie is eerste:

Juffrou, my pa het ’n fabriek. Wat in die oggend met produksie verkeerdgaan maak hulle laatmiddag met statistiek reg. Pragtig Sannie, sê die juffrou.

 

Gatiepie steek sy hand hoog op en kry ’n beurt:  Juffrou, ons huisie is so klein. Naweke as my broer se girl kom kuier dan statistiek hulle sommer in die gang.

 

Wat is die beste grap wat jy ooit gehoor het?

 

Droldrif hou elke jaar kermis.  Pagall se sirkus tree altyd op. Vanjaar is die hoogtepunt ‘n skouspel waarin die leeu Mishap optree met een van sy meestertoertjies.

 

Die afrigter klap Mishap agter die kop en sy enorme bek gaan oop. Hy trek sy gulp af en sit sy volle 8-duim apperatuur (en ondersteunende apparatuur) in Mishap se bek. Vir 20 sekondes wag die skare in spanning en Mishap hap gladnie. Hy verwyder sy apparatuur, klap Mishap agter die kop en die skare dreun van verligting en lekkerkry.

 

Goed enige volunteers vra die afrigter vir die gillende skare?   Daar is ’n prys van R 5 000 op die spel.   Wie van julle is braaf genoeg, koggel hy die skare?

 

Die 72-jarige tant Miems steek haar hand op, haal haar tande uit en stap verhoog toe. OK, meneer, ek volunteer, maar jy gaan my nie so hard agter die kop klap soos vir Mishap nie.

Klant vs kliënt

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

 Ouboet het ’n massiewe probleem met die woord klant. Ek weet daar is definisies wat sê iemand wat bloot iets koop is ‘n klant, en die persoon wat meer professionele dienste soos die dienste van ’n  prokureur of ingenieur koop is ’n kliënt.

 

Ek se stront. Die woord klant bestaan nie in my woordeskat nie. Dit is ’n swak woord sonder bestaansreg. Dit is ‘n stomp woord sonder metaforiese raakvatspasie. Klant is ’n plat woord wat herinner aan sy Engese rymgenoot sonder die l, wat beledigend is. Klant klink te veel na klont, en klonte mag die neusvlueles irriteer.

 

As iemand my ‘n klant noem is besigheid oor.

 

Wat dink jule?

Mosaïek van vroegaandmoontlikhede.

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

 Pitkossie aan almal wat in die middel-sewentigs gejeuk het.

 

Uit blote respek teenoor ouers van normale kinders oor alle eeue heen word die kortverhaaltjie onvoltooid gelaat. Enige raaklees/raakvat is egter op die leser se  eie gewete.

 

Die harde klank van die band het hom opgeval toe Faan by die proefplaas se hek indraai. Veraf het hy reeds die dronk studente hoor lag. By sy aankoms het hy die eerste aksie gesien toe sy kar se ligte ‘n verafbeweging nader toelig. ‘n Groterige knaap het reeds sy lam se langbroek effens afgeskuif en hy vryf haar boude met sy hande onder haar panty. Die sekond of drie wat die lig hulle belisting nader toelig, bring hulle nie van stryk nie.

 

Die groot party word in ‘n enorme skuur gehou. Eers na ongeveer vyf minute begin hy die mense se gesigte mooi raaksien Die skuur is fenomenaal kreatief opgemaak. Reuse kerse staan op die planters en trekkers en ‘n effense luggie laat die vlamme effens kantel. Crinkcle paper hang in alle fatsoene en fasette vanuit ‘n sentrale pivot, naamlik ‘n reuse kandelaar met ‘n loodglas- en kristaleffek. Onder word die crinclepaper aan trekkers, sleepwanes en houtpale vasgemaak.

 

Ietwat uit pas met die aand se onderliggende motief en derglike saambindende temas speel die band die openingsdeel van Tchaikofski se eerste klavierkonsert. Hy hoor hulle verander die sewende noot verkeerdelik na D mol. Verkeerd ou maat, hy bly op A-Mol. Hoe kan Piet so ‘n fout maak? OK, hulle het seker nie die bladmusiek nie, en be reasonable, vir die leek wat luister kink niks uit pas uit nie.

 

Time is tight is die volgende song, en hy vra die lang meisie vir ‘n dans. Sy is verbasend glad op haar voete, maar hy kan haar geen kompliment gee nie, bloot omdat geen mens iets onder die oorverdowende klank van die band kan hoor nie. Die groot kanne bier waaruit skuimende drafts getap word, word telkens omgeruil soos wat die manne hul dors les. ‘n Rankerige knaap struikel oor ‘n eg en bekots homself. Hy is buite aksie vir die aand, waarskynlik more ook. Een contender minder, dink Faan en tuur verlangend oor die asembenemende oes van die aand

 

In die een hoek is daar roterende ultravioletligte wat alles wat wit is romanties versag tot ‘n aanloklike skakering van deurvat malssagte purper. Meisies met wit bra’s trek dadelik die aandag van wellustige vingerpunte. 

 

Buite word die jolyt voortgesit. Oral sit manne en meisies op die grasperke en drink en vry verwoed. In die tyweede linie, waar die bome begin, is die aanslag minder subtiel.  Op een stadium het hy van ‘n vaste plek op die gras, met ‘n geoefende oog in die ver donkere ten minste drie pare sien paar. Springgety.

 

Die wêreld is nie meer dieselfde nie my kind, dink hy aan ma se vermaning toe hy laasnaweek sy wasgoed en gestrykte onderbroeke by die huis gaan haal het. Dinge het te veel verander. Die mense self het verander. In ons tyd het ons gemmerbier gedrink en soetkoekies geëet as die manne kom kuier. Vandag dring die manne op seks aan.  Gelukkig het ma jou goed grootgemaak ou seun.

 

Faan start die Volla en ry terug koshuis toe. Hy maak sy potlood skerp, trek ’n A4-fullscap nader en begin skryf aan ’n kortverhaaltjie: Mosaïek van vroegaandmoontlikhede. Hy tob diep en meevoerend oor die begrippe oorbedien en oorgeslaan, gee die ouman ’n laaste vryf en gaan slaap rustig met ’n rein gewete. Die nat punt van sy ferm vroegoggenddroom maak hom verlangend wakker.  Die lang girl het hom oorgenooi vir koffie en soetkoekies.

Raad aan skoonmoeder

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

 

‘n Paar jaar gelede het skoonmoeder tekens van ek-kan-nie-meer-nie begin kwyl en ouboet onderneem toe om haar plek en kar te verkoop en vir haar huisvesting in ’n geskikte ouetehuis te kry.

 

Hy stel toe na kontak met verskeie moontlikhede ’n lysie van keuses op. Hier en daar het ’n verdwaalde jong sexy nursie dalk die pendulum geswaai want van tyd tot tyd moet mens tog kom oëwys.    

 

Die beste keuse was toe toevallig die plek waar my ma reeds 10 jaar gebly het.  Albei moeders het lekker gelag toe ek die swakste keuse beskryf het. “Ma, daai plek is nie vir sissies nie. Mens wil tog nie ’n badkamer deel met oumense wat aan bloeiende aambeie, halitose, voetskimmel of lekblase lei nie.“  

AKS vir Modderkoekie

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Modderkoekie het in haar puik stuk ‘Your fat and your mother dresses you ooooooooooogly!’….. voorgestel ek skryf iets oor pecking order by mans.  ‘n Paar jaar gelede was ek betrokke in die kwaadaardige korporatiewe burokrasie en daar het ek met AKS (Akute kortgatsindroom) kennis gemaak. 

Kort mannetjies kan hulself deugde toedig wat nie bestaan nie. Dit laat my dink aan een van slegs twee stukkies litigasie waarby ek tot dusver betrokke was.Die pecking order het onbepland rens geword.

’n Klein mannetjie het vir die vyand opgetree. Voortvarend, welsprekend, en vol selfvertroue soos wat ek hom oor jare leer ken het, het hy losgetrek en die voorsittende beampte van sy rein, welgekoesterede en eerlike bona fides begin oortuig. Sy weergalose en diepgekoesterde respek vir hierdie aansoekers wat oor jare ‘n goeie saak onbaatsugtig gedien het, het hom elke moontlike tree van ‘n moeilike pad laat stap om tot op die hoogste vlak ‘n alternatiewe bedeling te probeer beding.

Nieteenstaande hierdie pogings was die skrif teen die muur……….. weens magte totaal buite ons beheer………. en so het die beskaafde heer die een logiese argument na die ander in suiwer en korrekte korporatiewe idioom verwoord. Elke lid van ons span, wat elke dag se verrigtinge met afwagting bygewoon het, sou hom seker, as die plek en invalshoek meer geskik was, wou toekots. Met ons opgekropte emosie en maag vol vrot en wrang herinneringe,  en inaggenome sy fisiese grootte, sou dit nie veel van ‘n uitdaging gewees het nie.

In elk geval, die kleinmannetjie is onder kruisverhoor geneem. ’n Hoogleraar in die die regsberoep aan my alma mater het vir ons opgetree. Ofskoon ek nie ‘n besonderse waardering, of dalk begrip vir die burokratiese rompslomp van die regstelsel het nie, het ek daardie dag die deugde van meesterskap van jou vakgebied in volle felheid binne die regsdissipline ervaar.

Binne die bestek van ‘n halfuur is ‘n voortvarende en welsprekende ster tot soekeling en stotterende poephappende dwaas gereduseer, met die fyn spel van suiwer en korrekte dialoog en die naakte werklikheid, die waarheid: die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie.

Die draaiende maag het in ‘n nuwe allerheerlikste, selfs vraatsige aptyt verander. Die enigste vroulike lid van ons geselskap wou hom soen.

 Ek het niks teen klein mannetjies nie.

Skryf en opelyf. Oggendgereggie vir alle woordskeppers en veral digters

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Skryf en opelyf toon verbasende ooreenkomste en tog ook kardinale verskille, waarvan enkeles peristalties dog stigtelik onder die (l)oep geneem word:

 

  • Gereeldheid is nie amal beskore nie
  • Spuit(l)oep waarborg nie kwaliteit uitsette nie
  • Gereeldheidsaanhitsers soos All Bran, Lennons-kasterolie, Fartlooze en Brooklax bestaan nie vir skryf nie
  • Albei kan aanleiding tot aambeie gee en bring soms wurgings voort wat aan opgekrulde mielieblare herinner (Bron: Pynlike herinnerings aan ’n prosedure wat op Vrydag 13 Januarie 1984 in die Eugene Marais-hospitaal uitgevoer is om volle oopgang te verseker)
  • Die geel goed van die kers kan (l)oepe luisterryk en in technicolour laat brand maar uitsette hou net verband met ongereeldheid van laasgnoemde siektetoestand.
  • Beide bot of haak vas op die troon
  • Release gaan nie altyd sonder spatsels gepaard nie
  • Geverfde (l)oepe blom slegs in die gedagtes
  • Gekneusde uitsette kom by abei siektetoestande voor (of is dit nou agter?)
  • Peristalse gaan met ’n gevoel van oorwinning gepaard, ofskoon predisseksieverwarring (l)oepties kan bounce en neusvleuls of A4 papier mag irriteer
  • Holle en penne bly inspirasiegedrewe produkmunters

 

Sindroom 2-vermaning: Volroommelk, rou grondbone, gestoofde pruime, boontjiesop en baked beans bring soms verligtig maar sit die knypspiere en neusvlueuls in overdrive. Soms is briekstrepe onafwendbaar.

 

Met beide siektetoestande word blaasbeheer nie gewaarborg nie. Dus lewer ek woordrepliek op albei:

 

Sindroom 1: Skrywerskramp

 

Kat het op die plan gekots

en my bril se lens spring uit

 

Die stene is so swaar en

die troffels kap weer mis

 

Die waterpas hang skeef en

die profile clamps spring af

 

Jonas gee my ‘n stywe lip en

wave my uitkak met ‘n smile

 

want terstond het ek vandag

geen enkel vasvatwoord nie

 

Sindroom 2: Shithouse poetry

 

If you want to shit at ease

put your elbows on your knees

first a grunt and then a squeeze

and out it comes like rotten cheese

 

Lekker skryf

Uitlaatgroete

ouboet

Eerstes in die lewe. Hou vas!

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

OK hierdie een is seker ‘n skrams klap werd. So be it. As jy jouself moontlik mag raaklees en melancholiese verdriete oor jou vaardig raak, vat eerder ‘n wye draai en pass die point of impact.

 

Nietemin, sekere grepe uit mens se jeug onthou jy in technicolour.  Onthou jy jou eerste kar, jou eerste fight, jou eerste vrysoen, jou eerste pak slae, jou eerste liefdesteleurstelling en ander eerstes?

 

Sekere grepe uit die hoofstuk genaamd Geleefde werklikhede van die Homo Sapiens  word iewers op ’n hard disc gestoor wat nie geformat kan word nie.  Selfs al veras jy daai hard disk op ’n brandstapel, sypel memories van verfloë dae steeds deur, blykbaar selfs deur die wasige sif van die onewayskemer van Alzheimers.

 

Eerste lig

 

Met oplaaityd was jy ’n halftoe skugter roos

wat skaam en knus teen die deur geleun het

 

Na dank vir spys en drank het jy stadig begin

bot en meevoerend al minder skaam geraak

 

Op die dansbaan was jou voltes immergroen en

jou passies tartend vir my nog ongleefde jeug

 

Helaas het jeug uit snoep ontwaak en oopgegaan

want oplaaityd en opstaantyd het ritmies saamgeval

 

en met die tweede draai in die oggendlug het leef-laat-

leef-vermaningskuld verdig tot sprokies helder lig

Ligte vermaninkie aan al die gevalle helde

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

’n Paar sporthelde is seker nog lighoofdig geklap oor hulle buitenshuise hardkoppigheid. Hiermee rig ouboet ’n goedbedoelde en deernisvolle, dog  ferm en patriargaalgeïnspireerde versoeningsboodskap aan al die manne wat by die walle van Buitepoort gegly het.

 

Poortpyn

 

Die fermte van manwees druk aan senuwees wat

tydig en ontydig sinusgolwe oor hul vaardig maak

 

Op- en aftes ets die wrangste skuldlas af en

kwes genadeloos die lewensweg se smalste gang

 

Spaar die roede nie, en onthou gevalle

held, die tongsambok kwes tog so diep

 

want  helaas, die roedes uit oop gulpe wetter

fermhard en so genadeloos as mammie slaan

 

en sonder snotsambok haar eer verdedig en vas

glo twee is wel ’n paar wat net binneshuis mag paar

Vir Voz en Kammi. Dig is nie vir sissies nie.

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

 My grenslose heldeverering vir die briljantste digter wat aan aan my bekend is, en wat my reeds dekades van sielvolle Afrikaansbewondering meevoer, is ruim op die stoep gedokumenteer.

 

Let wel dat ek hoegenaamd nie poog om te pretendeer dat die lote van ’n leek meesterbloeisels bot nie. Inteendeel. Dis net dat grootmeester DJ Opperman my mankstom pen iewers raakgepiepie het. (Bron: Opperman in Komas uit ‘n bamboesstok se meesterlike verwysing na vyf pisje in die gedig My visj). 

 

Vyf-en-twintig jaar na sy afsterwe en bykans dertig jaar nadat ‘n massiewe beroerte sy skeppingsvermoë veels te voortydig kortgeknip het, groei Opperman se statuur daagliks in my woordbenewelde boonste verdieping.

 

Hy/sy wat sy Versamelde Poësie op die bedkassie het nie, mis ’n aangrypende reis.  

y/sy Hy

 

Ode aan grootmeester DJ Opperman

 

Aanhou laatnagsit se eelte brand

met elke skugter skuif na sin

in hierdie ryper skeppingsuur

waar woorde skif en rensverwaaide

strofes plek plek vatplek aan die

stokou woordskuiflandskap vind

 

Hier waar aanhou lees ’n luukse is

skik die raakvat van grootmeester

traag uit eie pen wat aanhou

woorde rondskuif sonder gom

om boeg en mas tot skip te skik

 

Nou en dan brand teatraal ’n dowwe lig

wat strewes oprol tot ’n sneeubalwit-

verwaaide sfeer van meesterskap in

hierdie swanger uur van rekenskap

se stombelaaide roep van laatnag langs

meesterstukke van grootmeester lepellê

Bestudeer spyskaarte maar eet tuis

Junie 27, 2010 in Sonder kategorie

Neem asseblief kennis dat die onderhawige poging nie naastenby aan een van die eienskappe van ’n gedig voldoen nie. Beskou dit eerder as ’n kriptiese sameflansing van ’n getroue minnaar se los gedagtes binne die brose speelveld van die Sewende Gebod.

 

Gedagtes van ’n getroue getroude man

 

Jou diepbruin oë

skets nuwe horisonne

in die sprokies van ’n

landskap sonder tyd

 

Jou hande kan straks grys slape streel

welwetende jou laggie toets

in hierde broos verkenningsuur

terstond die smalwegreël

 

Jou kontoere laat gedagtes wip

tot in die kartels van jou binnevlees….

tot skouermannetjie ’n man wat kan,

maar die gebooie eer, tot orde roep

 

Malsmik-eiendoms-beperk

se kontaksport word, ai tog,

soms so guitig-gulsig met

die spyskaart aangevuur