Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Baie sad storie uit die Anglo Boereoorlog.

Mei 31, 2010 in Sonder kategorie

Sorry Neander as jy hierdie een reeds raakgelees het . Ek plak hom weer binne die konteks van die pragtige debat wat jy begin het.

 

Bron: “Gebed om die gebeente. Die fondamente van ‘n verbysterende gedig” navorsingsprojek deur my jonste seun.  (Afrikaans-Ekspo landswenner wat op LitNet se SeminaarKamer gepubiseer is) 

 


Bron:




Foto van die liggaam van ’n onbekende baba wat in die Standerton konsentrasiekamp dood is en in oupagrootjie Louis Johannes Naudé se jonger suster, Elizabeth Maria, se foto-album gevind is.  

 

Dalk gee die volgende inskrywing, oor die moeder-kindverhouding wat die skrywer in dié foto raaklees, verdere insig in die Scheepers-moeder se gebed:

 

“Geen mens met ’n siel sou dié een kon oorslaan nie. Wie is dié mensie, en hoeveel geluk of pyn het hy in sy kort leeftyd ervaar? Dalk is daar ’n meer grondige rede as blote verweer waarom dié uitsonderlike foto verdof het, en spaar die liewe Vader ons die felle leed wat ’n helder blik sou gee. Dalk sou ons ’n Naudé-uitdrukking in dié ongeleefde gesig té bedreigend vind. Tog het hierdie uitsonderlike lewensles oor jare behoue gebly, en met die genade van Bo het die felle realiteit effens versag. Met die skoon dooprok aan sy koue lyf het die jongeling se moeder sy hande behendig oor sy bors gevou, en daarmee die onafwendbare aanvaar: hy is gereed.


Sy moet hom nou groet. Die enigste troos wat sy het, is dat dié tenger wese van haar liggaam geen kwaad geken het nie, en in sy kort lewe waarskynlik net geluk gebring het, voordat die felheid van die eerste lewe hom wreed van haar weggeruk het. Dan sien jy, soos die moeder, die eerste lewe deur die wasige sif van die dood, en meteens verlang jy saam met haar na die waters waar daar rus is.” (L.J. Naudé, 2002).

 

Die moeder (in Gebed om die gebeente) wat bid se uiteindelike totale vergifnis en uitreik na alle mense, ten spyte van haar verlies, kry meteens nuwe betekenis.

Vir Neander. Nabetragting oor die ABO.

Mei 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Grepies uit jongste se Afrikaans-Ekspo navordingstuk oor Opperman se gebed om die gebeente,

 

Vele kenners is van oordeel dat poësie ’n baie emosionele vorm van kuns is. Vergun my dus ook ’n baie emosionele opinie. Is dit moontlik om “Gebed om die gebeente” volledig te begryp sonder om nabetragting oor die wandade van die Anglo-Boereoorlog te hou, veral as jou eie vlees en bloed aan die ontvangkant daarvan was? Is dit moontlik om D.J. Opperman se verbysterende versoenigsboodskap in die gebed van die moeder sonder hierdie insigte werklik te verstaan? My broer J.P. Naudé het in 2002 ’n navorsingsprojek in Geskiedenis gedoen, getiteld:  Lief en leed van die Naudé-Familie tydens die Anglo-Boereoorlog: ‘n Ware verhaal van mense en hul ontberings.Hy skryf onder andere:

 

“Die Anglo-Boereoorlog het ‘n groot verwoestende impak op die Naudé-voorgeslagte gehad. Hul plase is afgebrand en besittings verwoes. Die meeste vrouens en kinders, asook enkele mans word in die Standerton-konsentrasiekamp aangehou. Verskeie Naudé-mans is as krygsgevangenes na Indië en Bermuda verban.”

 

“Groot-groot-oupagrootjie Jacob Johannes se aardse besittings was verwoes, daar was die kwessie van die hendsoppers en joiners en die moontlike onenigheid en verwerping binne ‘n familie, en daar was die uiterste vorm van leed en armoede. ‘n Onskuldige ou man se huis is afgebrand in sy laaste dae. Om in so ‘n tyd heen te gaan, kon seker geen aangename ervaring gewees het nie. (J.P. Naudé, 2002)

 

 

Onenigheid en verwerping verwys na die feit dat Groot-groot-oupagrootjie, “schoolmeester” Jacob Johannes, sy 8 kinders uit sy eerste huwelik onterf het. Hy trou binne 3 maande na die dood van sy eerste vrou met ’n jong weduwee, 36 jaar jonger as hy, en laat al sy besittings na aan sy 5 kinders uit hierdie huwelik. (L.J. Naudé, 2002).

 

 

Broer skryf verder: “Bethal en so ook die plaas Driehoek (waar my voorgeslagte gebly het) het kwaai onder die plundering van die Anglo-Boereoorlog deurgeloop. Bewyse hiervoor is gevind in eise wat na die oorlog ingedien is. Die manlike bewoners van Driehoek dien elk sy afsonderlike eis in. In hierdie aansoeke word kompensasie geëis vir verliese wat tydens die oorlog gely is. Verwysings na  ’n aantal van hierdie eise gee ’n aanduiding van die omvang van die enorme skade wat aangerig is. As gevolg van sy hoë ouderdom neem groot-groot-oupagrootjie J.J. nie aan die Anglo-Boereoorlog deel nie. Volgens beskikbare bronne was hy in die konsentrasiekamp op Standerton aangehou. Aan die einde van die oorlog was J.J. reeds  ’n ou man, wat baie ontberings moes deurmaak. Hierdie ou man se jonger broer, Petrus Johannes Naudé, het die dorp  Bethal in 1880 gestig.” (J.P. Naudé, 2002)

 

 

Een van die grootste kenners van die Anglo-Boereoorlog, prof Fransjohan Pretorius, is soos volg aangehaal, wat die absolute wreedheid verder beklemtoon: “Wat mens veral ontstel, is die mentaliteit van die Britse offisiere. In die sak van ’n offisier wat gesneuwel het, het ons ’n brief gekry waarin hy skryf hoe hy dit geniet om sy verwoestingswerk te doen. In een huis het hy die vroue en kinders gedwing om te luister hoe hy ‘God save the Queen’ op hul klavier gespeel word terwyl die troepe saamsing, voordat hy die huis en alles daarin afgebrand het. Op ’n ander plaas het hy vroue en kinders beveel om alles wat hulle wou saamvat binne ’n uur uit te dra, want daarna sou hy die huis afbrand. Hulle het alles mooi bymekaargepak, waarna hy alles aan die brand gesteek het. Vir hom was alles ’n groot grap. Hierdie minagting, belediging en barbaarse ruheid waarmee die Britte ons vrouens en kinders behandel het, gaan alle verstand te bowe.” (Oorspronklike bron: Beeld, 4 Augustus 2001).

 

 

 

’n Foto wat van my groot-oupagrootjie, Jacob Johannes en sy gesin wat geneem is net voor die uitbreek van die oorlog. My oumagrootjie, Susanna Jacoba, ook ’n gebore Naudé weens oudertrouery tussen neef en niggie in die vorige geslag, sit knus tussen haar pa en ma, Gerbrecht Elizabeth Johanna, gebore van der Sand. Vrede was van korte duur. Die moeder van oorloë breek uit en almal is in die Standerton-konsentrasiekamp aangehou en, soos  prof Pretorius dit hierbo stel, aan “barbaarse ruheid” blootgestel. 

 

 

 

Teen hierdie agtergrond word ’n moeder wat bid om van haar kind se gebeente te vind, te midde van dié verbete oorlog, veel beter verstaan.

Veels geluk Stormers

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Julle was goeie naaswenners. Ons weet almal daai drie van Januarie was kort van die lyn gedruk, maar dit sou nie ‘n verskil gemaak het nie.


Nietemin, julle is waardige naaswenners. Nou vir die Drienasies. Ek dink die All Blacks begin vroeg reeds aan hulle Wereldkekersindroom ly.

Losgelukkie

Mei 29, 2010 in Sonder kategorie

Alles fiksie

Die kwatryn op die servet was

aanvanklik goed bedoel met

suiwer soepel woorde in gelid

 

Jou antwoord was gevat en slim

met repies reënboog  in jou aller-

mooiste vroegraandversie ingewig

 

Jou ferm voltes driekwartbo het

skalks gegloei jy is nie oorgeslaan

en my pen tot pieke aangespoor

 

en tog jou troupand het gedagtes

kuis gehou tot night caps sinus-

golwe oor ons vaardig maak

 

Die kwatryn op die servet was

suiwer soepel woorde in gelid

wat sekuur in nanagdrome wieg

Sterkte aan die Stormers en die Bulls

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Het SA al ‘n groter rugbywedstryd aangebied as moremiddag se Super 14-finaal?


Ek verwag ‘n titaniese stryd met baie min punteverskil tussen wenner en naaswenner.


My hart se die Bulle, maar my verstand se moenie die Stormers onderskat nie.


Beste wense aan generaal Matfield en sy manne.

Waste snaakse opmerkings het al julle pad gekruis?

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Jammer as enige opmerking die beter geslag aanstoot mag gee.


  • P.s julle ordentlik leeg. Die Kaap is ver. Ek stop nie by elke tweede boom nie.
  • Ounooi, jy pram my leeg met ‘n knus oor
  • Ek het piesangpitte onner my tanne, sê die oom wie se neus sy ken induik as hy sy valstande in sy drinkbeker skoonmaak
  • Haar gat hang soos ‘n Lebowa-bakkie 
  • Ons moet die droltiffies kry want die lavatory loop oor
  • Sy handtekening lyk soos ‘n bicycle-ongeluk
  • Ek like nie waatlemoen nie want na 2 p..pe en ’n p.s is ek weer honger
  • Ouervermaning tydens jool: Moenie dink jool is springgety nie
  • Die voosgespykerde oupoot is moreel verward na haar retro virginity-operasie op 40   
  • Die kwaadaardige burokraat se opmerking oor sy verkeerde aanstelling: Sy het tiete soos ‘n Frieskoei maar sy kan nie tik nie
  • Gedra julle. Ek wil nie die heel aand spykerspeurder speel nie
  • Student se walglike opmerking destyds op die Tukkie-kampus: Elke keer as ’n virgin by hierdie kanon (by die hoofingang) verbyloop, gaan ‘n bulderende skoot af. Dit het laas in die Boereoorlog gebeur
  • Hulle hoort saam soos ’n speedcop en ‘n motorbike
  • In case of fire, oorreed mammie of bly kuis en tap eiehandig ’n murgie

 

Moontlike opmerkings:


MaanKind: Ouboet, jy leef jou eie metafoor so treffend uit. Jy is die HAT-definisie van ’n oorgeslaande

Anha: Ouboet jy is weer op jou stukke maar ek like nie jou goed oor die vrouens nie

Modderkoekie: Stadig ouboet. Jy weet ek verafsku daai woord

Sies ouboet!!!!!! 21 SN (No violence). Poppe mag nie lees nie. Droomfees vir spelerige middeljarige mans

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Salig is hy wat nog nooit die spletige buitelyne van ’n ad hoc-geleentheid misgetas het nie. Losgelukkies of paralaksfoutjies bly maar deel van die geleefde of verspeelde oesjare van die meeste heteroseksuele manlike lede van die tastende en saaierige spesie genaamd homo sapiens. (Is dit Confucius wat gesê het: “If man takes problem in own hand, solution will land on chest?)

 

Kajuitraad oor verlore kanse     

 

Die hard disc wat poortverlange tog so puntig stoor

lieg nooit maar skets verhaaltjies wat dalk net kon skik

 

Kajuitraad, tob en ex-post-facto-drome-droom op

lakens wat dalk oopgemaak kon wees, wil soms

 

verlange tot berusting skik, maar ai daai skugter

vragie bly Nights in white satin se inglywysie wieg

 

Hier waar die ryper uur gedagtes soen maar tog

geen vrede bring oor veel verspeelde kanse nie

 

Hier speel al die uurtjies wat kon skik weer af in

soeltes van verlange na vele leë gisters wat verby is

 

Sou ek na soveel afrdaaipaadjies, ai tog so oningelig

verbygeloop, in die mik dalk soveel ryker kon wees?

Vir Spokie oor die familie

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Jou foto’s het my diep geroer. Hier is vir jou ook ietsie


Bo (link en regs): My oumagrootjie oor wie ek ‘n gedig onder die foto’s geskryf het

Regs onder: My Groot-oupagrootjie wat sy laaste kind op 72 verwek het

Groot-oumagrootjie se eerste kind is “vroeg” gebore in ‘n tyd voor broeikaste. Toe skryf ek so ietsie oor haar

Gerbrecht

Jou somber beeld

ets pyn af teen die

dowwe kiekiemuur

 

Jou hande wys die

was en aanhou

was in kouewater

 

Jou oë is strak, vol goeie

evangelie: genegawes

van jou groot familie

 

Jou tenger lyf was

eenmaal jonk, so

lees ek in die boek

 

In die stiltetyd van

majesteit Victoria

lank voor broeikaste

 

vloei uit Calvinisties

uitgesoekte genepoel

die volle evangelie:

 

‘n fris knaap knap

‘n halfjaar na

die eg gebore

Een van oupagrootjie se broers op dag drie van die wittebrood. Hy kon nie staan nie en sy vroutjie kon nie sit nie.

Die uwe en suster op kerkplein


My persepsie oor goeie gedigte

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

My voorliefde vir die Afrikaanse letterkunde het my LitNet en later blog toe getrek. Met verloop van tyd het het ek besef dit was die moeite werd. Ek het gedigte op die blog raakgelees wat my intrigue het.

 

Met slegs Afrikaans 2 as literêre prestasie agter my naam is ek seker arrogant om resensent te wil speel. (OK, ek is darem in hierdie twee jaar deur hiperskerp Proff Elize Botha en Rena Petorius onderrig)

 

Nietemin wonder ek hoekom veral sekere blogskrywers nie debuteer nie? Sorry as julle reeds het.  Kammi, as jy nog nie gedebuteer het nie grens dit aan ’n Vrystaatskande groter as die 2009 Super 14-log.  Voz, jy en andere is ook skuldig.

 

Wat gryp my aan die siel?

  • Groot landskappe wat skik in min woorde. Grootmeester DJ Opperman is hier die reus van reuse.
  • Dramatiese opbou met‚’n punchline in die laaste strofe
  • Opperman se tweede bees (die vrou)

 

Wat maak my hol op die tiekie-wawiel-ritme die vangklep van peristalse?

  • ‘n Verhalende styl sonder punch
  • Onnodige en geforseerde rym
  • Selfbejammering
  • Emosionele aftosting

Tot later

Sorg: die mees basiese saambindende faktor van menswees.

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

Disclaimer: Op ’n stylvolle forum soos dié gaan hierdie enetjie kritiek uitlok. So be it. Jammer aan al die sylvolle poppe.

 

Nietemin, het ’n “geleetnheid” se gebrek aan kontaksorg julle al in die steek gelaat? Let wel, hierdie storting is geskryf nadat ek Etienne van Heerden se meesterlike kortverhaal “Liegfariek” gelees het.

 

Ek voel vanaand saam met julle soos vleiparratjies in die reën, sê hy verder in afgemete toonhoogte. Die aand is jonk. Kom ons maak die beste daarvan. Hierdie aand en sy mosaïek van vroegaandmoontlikede gaan nie een van ons ontglip nie. Daarvoor sal ek sorg. Sorg is een van die hoekstene van ‘n geordende samelewing. Sorg is ’n aaneenlopende proses van die eerste druk van die moeder tot die laaste toedruk van die oë voor die kluitklap op die kis. Sorg sluit ook persoonlike sorg in, soos wat die Wet Ones (klam en aromatiesgeurige intieme afveedoekie) se destydse write-up ook tereg sê: “Die laaste stap in persoonlike higiëne.”

 

En soms kry mens tog diegene wat nie daaraan glo nie, én jou toelaat om aan hulle te vat in hierdie toestand van weerloosheid. Een aand het hy een in die streelproses al geruik. Dit het hom laat dink aan die oorgewig tannie in die vliegtuig se lekkende blaas. Pop se walms was net nader; meer intens. Hoe kan enige meisie toelaat dat sy so blatant blootgestel word, en stilswyend probeer toegee as jy die verkenning terstond staak, dat sy nie daarvan bewus is nie? Versorgde vlees is tog die mees basiese element van menswees.  ’n Halfdag of meer na bad of stort sonder intieme sorg skep tog nie ‘n voëlvriendelike omgewing nie. Dieselfde geld vir veral die onversorgde nie-Joodse weergawe van final contact voor die luidbesingde poort.

 

Daai p…wyn-nasmaak op die pallet kan passievolle oomblikke binne sekondes vernietig en voortydige gulpoptrek bespoedig as die droom rens word, of nog erger, rens arriveer.