Jy blaai in die argief vir 2010 Maart.

Huweliksraad

Maart 30, 2010 in Sonder kategorie

Saamstem oor alles is naas die gestremdheid van sogenaamde perfeksionisme seker die grootste struikelblok in die pad van enige individu, en enige huwelik wat wil oorleef. Helaas is aanhou probeer en ‘n vaste voorneme om nooit op te hou probeer nie, sekerlik die beste oplossing.

 

In elk geval, die sogenaamde volmaake huwelikke is inherent mank as gevolg van soveel inoupogings om die skyn te bewaar dat openlike konflik later met rente na die oppervlak gedwing sal word.

 

Vat die rukwinde soos hulle kom en hou die skip op die see. Lekker dag vir almal.

 

Huweliksraad

Maart 30, 2010 in Sonder kategorie

Saamstem oor alles is naas die gestremdheid van sogenaamde perfeksionisme seker die grootste struikelblok in die pad van enige individu, en enige huwelik wat wil oorleef. Helaas is aanhou probeer en ‘n vaste voorneme om nooit op te hou probeer nie, sekerlik die beste oplossing.

 

In elk geval, die sogenaamde volmaake huwelikke is inherent mank as gevolg van soveel inoupogings om die skyn te bewaar dat openlike konflik later met rente na die oppervlak gedwing sal word.

 

Vat die rukwinde soos hulle kom en hou die skip op die see. Lekker dag vir almal.

 

Aan al my Cheetah-vriende

Maart 29, 2010 in Sonder kategorie

Ai hoe jammer, maar ek dink julle gaan ten minste een posisie op laasjaar se log verbeter. Die Lions kan julle nie verbysteek nie, maar loop lig vir die Western Force. Lekker dag.



Today’s Inspirational Quote:

“Happiness is as a butterfly which, when pursued, is always
beyond our grasp, but which if you will sit down quietly, may
alight upon you.”

— Nathaniel Hawthorne

Wat maak van ‘n span ‘n wenspan?

Maart 28, 2010 in Sonder kategorie

  1. Talent
  2. Spangees
  3. Vasbyt
  4. Saamstaan in kritkeke oomblikke

Goed, die Force het ons gister amper ore aangesit, maar Generaal Matfield en sy manne het ‘n comeback gemaak. Waar staan ons nou? Ek vermoed ‘n finaal in Soweto tussen die Bulls en die Stormers. Ongelukkig is die Cheetahs nou heeltemal uit die kompetisie.

Team
Nation
P
W
L
D
PF
PA
PD
Bp
Ttl
1. (Bulls - South Africa) 6 6 0 0 246 172 74 4 28
2. (Stormers- South Africa) 6 5 1 0 161 59 102 3 23
3. (Crusaders - New Zealand ) 6 5 1 0 192 122 70 3 23
4. Waratahs (Waratahs - Australia) 7 5 2 0 225 178 47 3 23
                       
5. (Brumbies - Australia) 7 5 2 0 187 179 8 1 21
6. (Reds - Australia) 6 4 2 0 191 115 76 3 19
7. (Chiefs - New Zealand) 6 3 3 0 188 181 7 5 17
8. (Hurricanes- New Zealand) 7 3 4 0 183 173 10 4 16
9. (Blues - New Zealand) 6 3 3 0 157 173 -16 4 16
10. (Sharks - South Africa) 7 2 5 0 146 170 -24 4 12
11. (Highlanders - New Zealand) 7 2 5 0 153 217 -64 2 10
12. (Cheetahs - South Africa) 6 2 4 0 129 166 -37 1 9
13. (Lions - South Africa) 7 0 7 0 169 313 -144 3 3
14. (W. Force - Australia) 6 0 6 0 91 200 -109 1 1

Hallo bloggers

Maart 26, 2010 in Sonder kategorie

Tyd is min, so ek plak maar goed.

Did you know…

… that today is Kiss and Hug Protest Day? In 2002, more than
100 couples held a kiss and hug protest outside the office of
the mayor of Calcutta. They demanded a special area for
romantics where people could kiss and hug without being
harassed by nosy police officers or hawkers. Quick trivia:
Kissing in public is disapproved of in India.

~~~

Today’s Inspirational Quote:

“Take chances, make mistakes. That’s how you grow. Pain
nourishes your courage. You have to fail in order to practice
being brave.”

— Mary Tyler Moore

Hallo bloggers

Maart 25, 2010 in Sonder kategorie

Sorry ek lê so laag deesdae.

Today’s Inspirational Quote:

“That you may retain your self-respect, it is better to
displease the people by doing what you know is right, than to
temporarily please them by doing what you know is wrong.”

— William J.H. Boetcker

Rugby het gewen

Maart 21, 2010 in Sonder kategorie

Baie geluk Stormers. Julle het ‘n span met ‘n enorme veggees oortuigend gewen. Is daar ‘n mooier gesig as die Super 14 log met 2 SA spanne heelbo?  I humbly rest my case.

 
Team
Nation
P
W
L
D
PF
PA
PD
Bp
Ttl
1. (Bulls - South Africa) 5 5 0 0 218 157 61 4 24
3. (Stormers- South Africa) 6 5 1 0 161 59 102 3 23
2. (Crusaders - New Zealand ) 6 5 1 0 192 122 70 3 23
4. Waratahs (Waratahs - Australia) 6 4 2 0 186 146 40 2 18
                       
5. (Brumbies - Australia) 6 4 2 0 157 156 1 1 17
6. (Chiefs - New Zealand) 5 3 2 0 165 151 14 4 16
7. (Reds - Australia) 5 3 2 0 160 105 55 3 15
8. (Hurricanes- New Zealand) 6 3 3 0 157 144 13 3 15
9. (Blues - New Zealand) 5 3 2 0 125 134 -9 2 14
10. (Cheetahs - South Africa) 5 2 3 0 119 135 -16 1 9
11. (Sharks - South Africa) 6 1 5 0 117 144 -27 4 8
12. (Highlanders - New Zealand) 6 1 5 0 114 188 -74 2 6
13. (Lions - South Africa) 6 0 6 0 140 274 -134 2 2
14. (W. Force - Australia) 5 0 5 0 76 172 -96 1 1

Vir al my rugbyvriende

Maart 20, 2010 in Sonder kategorie

Gisteraand was ‘n riller. Uiteindelik het rugby gewen. Om die eerste vyf in ‘n ry te wen verg ‘n span met karakter. Well done generaal Matfield en jou manne.


Wat gaan met die Stormers en die Cheetahs gebeur? Ek vermoed die Stormers gaan met gemak (en ‘n bonuspunt) wen.


Wat dink julle?

Hallo bloggers. Ontmoet en omhels die vleismeultjie want ouboet het ’n droom……..

Maart 17, 2010 in Sonder kategorie

Aan al my gewaardeerde blogvriendinne en -vriende

 

Alhoewel ek gaan afskaal, verlang ek bloot te veel na julle om té lank stil te bly….. sal maar snags ’n straaltjie piepie en vroegoggend die raakgemikte dog halfgevulde beker naarstigtelik voor die hoofpawiljoen uitgooi.

 

Ek mis blog en dus intelligente en meelewende geselskap, knus saam met vriende wat ek nog nooit in persoon ontmoet het nie, maar mense wat my intens tickle en my op die wieke van “the tides of time” bly meevoer. Tussen die gewerskaf deur, ’n oorvol inmandjie en volgehoue kajuitraad oor tenders wat nie gewen word nie, wonder en droom ’n hoopbelaaide ouboet. Tog is daar “amid the curse of my white skin after 1994” ‘n paar oproepbare geleefde werklikhede wat tog so mooi was; wat tog so sinmaak en helaas, dalk ook by sommige van ons kalmering en strokes (veral koei Bontrok se kalflekkies) soek. 

 

Dit laat my terugdink aan ’n model waarmee ek as student in die vak Bedryfsielkunde kennis gemaak het. Die model werk op die beginsels van die tradisionele vleismeultjie. As mens wors maak, is die eindresultaat dit wat by die meul se voorkant uitkom, naamlik heerlike en smaaklike wors. Dit is dus ’n kombinasie van wat mens insit en dit wat binne die meul gebeur. Kortweg: 1. Inset. 2. Transformasie. 3. Uitset.  MAAR kwaliteit word nie net gemeet aan die voorgeskrewe insette (bestanddele en resep) nie, maar veel eerder aan die kwaliteit van die uitsette van die meul.

 

Nou wonder ek, hoekom word tenders toegeken hoofsaaklik op grond van insette (BBBEE)?  Die heel meeste tenders, veral die grotes, bied ‘n ideale geleentheid om kennis en vaardighede aan voorheen benadeelde landsburgers oor te dra. Hoekom word BBBEE-uitsette nie voldoende na waarde geskat nie?

 

As ek die grondwet reg verstaan moet mense wat oor kennis beskik, die geleentheid gegun word om dit aan ander oor te dra. My voorstel is dus eenvoudig: meet BBBEE as uitset en nie slegs as inset nie. Tap kundiges se breinkrag voordat hulle landuit vlug.

 

Ons vra ’n tyd gelede vir ’n bekwame voorheen benadeelde kollega en 34%-aandeelhouer om ’n aanbieding namens die maatskappy te gaan doen.  Sy vraag: Why me? Ons ontaktvolle antwoord: You know the topic well, you have better suits than the Boertjies and your presence will add political clout. Sy antwoord: I hate it when my skin colour counts more than my knowledge.  Ons deel die vleismeulgedagte met hom en ’n vriend van jare skud net sy kop. Gelukkig besef hy die Boertjies soek nie net ’n handlanger nie.

 

Meteens kry Martin Luther King se I have a dream-toespraak nuwe betekenis, veral deur die bril van ’n post-94 benadeelde. Verskoon asb ek ’n grepie uit die beste toespraak van alle tye in my mooiste moedertaal vertaal. “Ek droom dat my vier klein kindertjies eendag nie aan hul velkleur beoordeel sal word nie, maar aan die kwaliteit van hul karakter.” [1]  

 

Ouboet het nie 4 klein kindertjies nie, maar 2 seuns? bo 18. Hulle ken van die vleismeultjie. Ouboet jnr, pasgegradueerde, het ’n peperduur fotografiekursus voltooi, sy girl van 3 jaar afgesê, en gaan oor 2 weke begin foto’s neem op Caribean en ander luxury cruises. Bid saam met ouboet dat hy ’n vrou gaan ontmoet om die lankgedroomde weelde van die derde geslag binne die heilige eg moontlik te maak. Kleinboet wil op Stellenbosch gaan swot. Wat gebeur daarna? Nog ’n ingenieur wat land gaan verlaat?

 

Ai hoe lus is ek nou vir ‘n heerlike stukkie kaaswors! Ek het ‘n droom. Ouboet word tot die letter toe vernoem. Die doopplegtigheid was waardig. Die geselligheid by my plekkie op Hermanus, wat na Jan Nel se lotto-noodplan waargeword het, was buitengewoon besonder erg lekker. Ouboet skree vir die WP en die Stormers. Enorme wiegende blou ballasse aan blou karre se diffs is lank reeds vergete. (Kammi en Jan sien en praat stront)

 

Ek het ‘n droom.

 

Wat dink julle?

 

Ek dank u!


[1] G Gadney, Kennedy, Macdonald & Co, London, 1983

Cheers vir eers.

Maart 15, 2010 in Sonder kategorie

Weens werksverpligtinge is ek genoodsaak om in die toekoms veel laer as gewoonlik te lê.  Ek sal nog van tyd tot tyd inloer en af en toe ietsie plak. Ek hoop julle sort intussen die plakkersmet uit.


Groete en lekker dag.