Snaakse name en vanne. Vir Thomas.

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Ken julle ander snaakse name en vanne?


Name


Lucky

Gift

Precious

Beauty

Koekie

Kakebenia

Lunsriem-Siena


Vanne

Fokkens

Piel

Van Moerkerken

Beezholdt

Hogenboezem

Lewinsky-Ziervogel

28 antwoorde op Snaakse name en vanne. Vir Thomas.

  1. Hoenderdos(2 sussies in Vereeniging. Nooit getroud nie)

  2. Ek het met ‘n Schkietekat uitgegaan op skool.

  3. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Het die van iets daarmee te doen gehad?

  4. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Nommer drie. Sjoe

  5. Daar is mos ‘n vrou wat se ID iets lees soos Laneonthoudiestrepieopdiee
    Sy het op haar aansoek vorm vir haar ID geskryf Lanè(Onthou die strepie op die ‘e’)

    PS. Ek kan nie die presiese naam onthou nie. Ek gebruik maar net Lanè as ‘n voorbeeld.

  6. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Ja, daai enetjie klink nie lekker nie. Dalk is ‘n famiiegewoonte in die van vasgevat.

  7. gidivet het gesê op Februarie 6, 2010

    Eeufesia
    Overgoor*
    (*trappe van vergelyking: Pienaar, Kotze, Overgoor)

  8. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Eina, komplekse vrou lyk dit my.

  9. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Pragtige een. Ek ken die vorige version. Dippenaar, Pienaar, Kotze.

  10. Eerstens..DONT USE MY NAME IN VAIN!GMPFF!(hehehehe)
    Ek het iemand geken wat ‘n vreeslike posh noemnaam gehad het vir iemand wat..kom ons sê maar net baie ‘Afrikaans’ was,groot was my verbasing toe ek uitvind haar REGTE noemnaam is Stoffelina.Vernoem na ‘n oupa wat STOFFEL was.
    Snaakste van was seker Wijdkijk,en die onderwyser waaraan die Van behoort het was so skeel dat hy gelyktydig kon sien wat by sy voor en agterdeur aangaan.

  11. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Eina!

  12. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    So skeel sy maak die hek oop en klim oor die draad. Die herdenking van die Groot Trek in 1938 het vir ‘n paar beauts gesorg, soos Ossewania. Thanks vir die kuierkie.

  13. hier by ons is die van Push…
    so gepraat van name toe ek nog in die polisiemag was in die ou uidwes ear was daar ‘n polisieman wat vreeslik graag ‘n dogtertjie wou gehad het maar na die 7 de seun is sy dogter gebore en toe hy haar moes kom registreer toe noem hy haar marvelous!!!
    die wambo’s by ons ruil die r en die l om en een se id lees lasalus en nie lazarus nie!!!

  14. gidivet het gesê op Februarie 6, 2010

    Ja hier in Engeland sal jy dalk sukkel om ‘n vrou te kry as jou van Kumm is.

  15. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Push, onvertaalbare van, veral met Lazalus in die omtrek.

  16. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Ja, sy gaan die man se intensies op sy voorkop lees. Sorry, voorhoof.

  17. Lederi, Sontoi, Cinria, Melodri, Elismi… I kid you not!

  18. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Sjoe, soveel name soveel dinge.

  19. Ons was nou die dag by ‘n Mnr Hoendermis!

  20. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Eina, seker ‘n Hollander?

  21. louisna het gesê op Februarie 6, 2010

    Eersgenoemde van is metafories diep. Laasgenoemde so jammer!

  22. My vrou reken daar in die Richtersveld en suide van Namibia waar sy groot geraak het en mooi ook, het die nama’s ook hul kinder soms snaakse name gegee; So was daar baie Nonnies, ‘n paar Colgates, Omo ens.

  23. louisna het gesê op Februarie 7, 2010

    Sjoe, dit klink interessant.

  24. louisna het gesê op Februarie 7, 2010

    Poerstamper, eina. Selle daar.

  25. louisna het gesê op Februarie 7, 2010

    ja, die meeste snaakse vanne kry mens in Hollands

  26. Al gehoor van Mnre Nis wat hulle van wou verander?
    Be-ampte by Binnelandse sake vra hoekom….
    Lees gou bietjie hier en dan sê jy vir ons hoekom antwoord die broers en hou koeverte geadresseer aan hulle uit.

    Mnr. A. Nis

    Mnr. P. Nis

    Ek sou ook maar eerder my van wou verander!

  27. Ja, ek sou ook ook verseker van of voorletter verander het.

  28. Krisjan het gesê op April 10, 2015

    Van Holenharen – ‘n van uit Nederland.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.