Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

Laaste woordjie oor die final

Oktober 31, 2009 in Sonder kategorie

31: 17 in die Bulle se guns.


Lekker kyk


Alle manne wat gaan sit, moet asseblief nie ‘n bal raaksit nie

Aan Jan oor Bebo en ietsie ligs oor Loftus

Oktober 31, 2009 in Sonder kategorie

Hallo Jan. Ek ry vroeg vanoggend kantoor toe om een hoofrede. Om die eksponensieel-toenemende stank van die etterdruppende plakkersmet wat die oorgeslaande en hospitaliseerbare soekeling Bebo op my site kom dump het te verwyder.  Toe het hy dit oornag self gedoen. Ek dink die wetter se hol pomp tiekie-wawiel oor die ferm snotkplap wat ek hom toegedien het.  Ek vermoed hy het die boodskap tussen die lyne ook mooi raakgelees.


Ek het gelukkig die hele site op rekord en ook die e-posse onder in nuwe file gesave; en alles op my removable hard disc gecopy, sou ons later besluit om wel die litigasieroete te volg.  My rysigheid het my tot dusver grootliks van fisiese intervensies weerhou, gewoon omdat min mense met my kaksoek.  In papiergevegte het ek min, indien enige, (opponent, nee vriend met verskille) van jou kaliber teegekom. Sou ons kragte saamsnoer met jou mammie se regshulp sien ek Bebo loop uit die stryd sonder ‘n dime om sy gat mee te krap.


Nietemin en op ‘n veel ligter noot: Geniet die game.

Anha, lei my koud. Moenie my koud laat nie.

Oktober 30, 2009 in Sonder kategorie


Ouboet is te gespanne vir werk en het sy vol intray weggeskuif tot more-ogend om te blog.  Hy sal werk tot en met die aanvang van skouspel op Loftus.  Daarna volg die oorwinningsfees en welverdiende babelaas.

 

Ek lees die prentjies en mooi landskappe tussen jou sinne. Ook die kwellings tussen jou woorde. Jou vermoë om perdedrolle as luisterryke murgvye (met kras woorde) op te tower, val op.  Ouboet like.

 

Ouboet wil maar net een van jou blogmaatjies wees.

Lekker naweek.

Loftus. Net vir die manne, veral vir Jan. I have a dream

Oktober 30, 2009 in Sonder kategorie

Die beste toespraak van alle tye is Marthin Luther King (jnr) se meesterstuk: “I have a dream” Ek het vandag ook ‘n doom. Vader tyd gaan leer of hy gaan waar word (of nat word).

 

 

Jan, dit is ’n gedokumenteerde feit dat Ouboet se grootste virtuele pelskap in die kuber ontstaan het.  Die teenpole is net ligjare verder van mekaar af as tussen my en jou. Bulls vs WP. Daai dag toe Morne vir Naas wederregtelik op Loftus geloop het en die vlymskerp hiperblou desibels van veragting alle WP-ondersteuners gehoorprobleme gegee het, is  ten spyte van twee dekades of meer se afkoel) nog net té vars in die geheue.

 

Hierdie WP ondersteuner is metafories ook hiperskerp.  Ongebreidelde pielevlegtery (leenmetafoor) en tersaaklike (veral heteroseksuele knopings)  het beslag gekry. Ai te lekker. Voor die poort huil het nuwe rysige gestaltes gekry, maar as Matfield sy span deur Loftus se poort al dawerend op die veld lei, vervaag metaforiek tot realiteit.

 

DUS weet ons almal dat rugby Saterdag word op Loftus se groen gras beslis word en nie op ’n landskap vol tieties nie. Selfs Cheetas kan dalk leopard crawl.

 

Dus kan ons metafories springgety ontketen, maar op die veld word in lynstane gespring. Slotte bind korrek en volgens die reëls en gryp nie stutte aan die eiers nie. Balle word in die lug en op die grond gejaag en nie in die tieteland nie. Bloubulpoppies spring wel beentjies hoog en ets ’n luisterryke landskap teen Loftus se begeesterde (tot barstens toe vol) hoofpawiljoen af.

 

Jy mag dalk na bostaande poepverfstortings vra wat eintlik my punt is. In kort, ek glo as jy Maandagoggend jou teleurstelling verwerk het, en ek Sondagoggend  my babalaas afgeslaap het, ons steeds pelle gaan wees en steeds die metafoor in mekaar gaan wakkermaak.

 

Vergun my ‘n stukkie metaforiese windgatgeit. Noem dit ontsporing in springgety of wat ook al. Dit is in die letterkunde ’n gedokumenteerde feit dat Opperman en van Wyk Louw soos bul een bul geen mekaar te staan gekom het. Metafories is jy reeds ’n bul (met ’n oranje ondertoon). Noem my ’n bulletjie, maar met ’n enorme blou ballas. ‘n Metaforiese landskap bereik nuwe hoogtes in die volgende 29 jaar tot 2038.


 

I have a dream!

Mr Silver. Perspektief op die Cheetas vir Jan.

Oktober 30, 2009 in Sonder kategorie

Jan, een van die toptien gewigstoters van alle tye is die Amerikaner Adam Nelson.  Nadat hy seker 10 of meer silwermedaljes (en geen goud) ontvang het, kry hy  toe die bynaam Mr Silver.  Dit het hom so die moer in gemaak dat hy elke keer voor hy gooi, die handboek oor tantrums herskryf het met aggressiewe gebare en rituele.

 

 

Vrystaat is ‘n silwermedalje waardig, weliswaar sonder tantrums. Jy het egter daarvoor vergoed met briljante metaforiek. Prop staan uit as ‘n stukkie blog van statuur. Well done. Duidelik kan jy skryf. Myns insiens die grootste digter in Afrikaans, DJ Opperman, het briljante gedigte oor minimale dinge geskryf. Die kuttels (drolle van ‘n bok), Rape in klawergras en dies meer.

 

Konklusie. Jy kan skryf, ongeag die inhoudelike. Jy kan ook, soos Opperman  statuur aan mindere dinge, selfs iets soos ‘n drol gee. Ek glo ook jy gaan ‘n meesterlike metaforiese landskap skets oor jou span se prestasies Saterdag. Met jou woorde in gelid gaan jy silwer inderdaad nootvaste platinumwaarde gee.

 

Jan, ek bedoel dit as ek se jy skryf briljant en geen blogger gaan van my verskil nie. Kyk na jou blog rating. Saterdag kyk ons na jou span se score. Tot dan, lekker weer daar in die Vrystaat, Hier het dit lekker gereen

Vragie aan Ghaap

Oktober 29, 2009 in Sonder kategorie

Net vir die manne.

Hoe kry mens die vinnigste vier hande op ‘n voël?

As hy uitgly.

“Ode to Ghaap.“ Poorpret en sy landskap

Oktober 29, 2009 in Sonder kategorie

Nie leesmateriaal vir homo sapiens-mans se konserwatiewe beter helftes nie.  (Ook nie vir enkelvroue nie.) Totaal verbode vir dogters.

Ghaap ek het geen begeerte om met jou te (kom)peteer nie.  Dis net dat jou blog my in ’n metaforiese diepte indwing en gedagtes oor my vaadig maak wat so groot is dat ek dit nie op jou blog wil plak wat reeds so besig is soos ’n tienbaan-highway in Dubai nie.

 

Jy breek virgin soil in die meevoerende landskap vol ferm tieties wat my in die leopard crawl-mode indwing.  En dis nie ‘n  Cheeta wat Maanagoggend opdie blog gaan kruip nie. Ouboet het wel in die army laas ge-leopard crawl, en die gebrek aan oefening het net spiere op sy dik tikvingers gelaat. (OK en memories oor verspeelde kanse.)

 

By the way, dis nou maar een feit wat soos ’n paal bo water staan.  Geleenthede op die rand van die poort wat suur geword het kan nooit geressurect word nie.

 

’n Man wat homself in die eensaam woestyn los van bolyffermte indink mis ’n uitengewoon besonder erg lekker reis deur ongekarteerde landskapgedagtes. Ja, selfs ’n patriargele opvoeding met Calvinistiese riglyne vat nie gedagtes weg nie.

 

Ek dink selfs die Bobbit-out wat die voorste ses duim van sy swingel afgestaan het, is nie gedagteloos gelaat nie. Dis mos sy vrou wat juweeldeel buite die geslotenheid van die heilige eg met ’n vlymskerp mes tot ’n wrede einde gebring het

 

Jammer poppe as die gadagtes aan(stoot) gee.  Wou maar net ’n boodskappie aan Ghaap aanpass

“Ode to Matfield.” Spesiale stukkie meforiek (met lyflike raakvlakke) aan Jan.

Oktober 29, 2009 in Sonder kategorie

Jan, ek sal jou vergewe as jy van nou af tot Saterdag die stukkie tussen die nuus en die weerberig op jou TV uitblok.  

 

Die meesterlike wyse waarop Mafield die nasionale psige tydens hierdie toppuntgleuf van meesterlike joernalistiek meevoer, spreek beduidend meer as boekdele en dwing vele rugbyleke daarbuite tot kajuitraad oor die kruks van die soekende siel.  

 

Met sy manne aan die oefen dwing hy weergalose respek af.  Moré lek sy lippe af in die agtergrond terwyl hy sy rigting kassie toe met elke poging verbeter.  Ball op tiekie neersit kom nie vanself nie. (Ook nie deur die pale jaag nie)

 

Sonder ’n tikkie Vrystaate Engels of Natalse Afrikaans verdig Matfield se oratories-meesterlike gedagtevlug  tot ’n asembenemende visie waarna oorgeslaandes streef.

 

Goed, Matfield is nie die swaarste slot in die game nie, maar die slimste en die beste. Brussow is ook nie die grootste nie, maar die beste.  Ontvang hiermee ’n positiewe stukkie repliek op jou span.  Ek raak die bliksim in as hulle na hom verwys as Brussowtjie.  As ’n man goed genoeg is, is hy lank genoeg, vinning genoeg, slim genoeg, swaar genoeg en vele ander noege.

 

As ek jou metaforiese skerpte gehad het, sou ek die essensie van die argument maklik in ‘n onderlyfliggende spurt van los gedagtes wou knoop. Ek gaan nogtans probeer.

 

Let wel ek breek nie ‘n lansie vir die onderbedeeldes nie. Dus. As ’n man die spokkelster laat koer het hy die reikwydte, girth, foreplaytaktiek en ander swaartepunte wat die los dele van die spel in tot ’n verruklike samekoms laat gedy. (amper soos die laaste stuk wat meesterlik in asembenemende legkaart inpas).  Soos Saterdag op Loftus

 

Blou groete tot Saterdag. (Ek is nie in die filmbedryf nie maar ek sien ‘n mooi “plot” gou raak).

If she smokes, she pokes. Feit of fiksie?

Oktober 29, 2009 in Sonder kategorie

 

Hierdie enetjie gaan kritiek uitlok.

 

Faan sit in die Zillertahl en soog aan ‘n skuimkop. Vanaand is hy nie juis company vir meisies met sterk-ontwikkelde waardesisteme nie. Faan het lanklaas loop skoongemaak. Vir wie sal hy gaan?  Die mooi blond met die lang sighret in die hand of die bedeesde poppie met die vlegsels. Eersgenoemde het ’n lang nag kort gemaak.

 

Is hierdie wrede veralgemening regverdig? Ouboet wonner.  Dit is ’n gedokumenteerde feit dat hy Calcinisties-behoudend grootgeword het.  Meisies wat gerook het is vry algemeen as “losser“ as die koeke beskou. Tog het 6 van ma se 10 plotvriendinne gerook. Iets rym nie.

 

Wat kom eerste. Die sighret of die knippie? Hoeveel virgins rook?  

 

Faan se romantiese verlede het ongelukkig net met twee poppe wat rook gekruis. E het die credo uitgeleef en was styl(e)vol. Punt. M was baie kuis. Nader aan kloosterkoek.  Sy het in haar tweedejaar begin rook, kort voor haar 19de verjaarsdag. Toe sy haar jare later haar matriekdogter (toe 18) vang rook, was sy briesend. “Ja maar ma het ook op 18 gerook“ is afgemaak met, “ja, maar ek was op universiteit. Jy is nog op skool.”

 

Ouboet wonner. Hoe voel ‘n girl as sy die eerste keer voor haar pa rook? Normaal of effens skuldig?  Hoeveel bruide is met ‘n sigaret in die hand afgeneem?

 

Konklusie:  Die stelling is ‘n pot stront. Verder  as dit, is alles is bloot spekulatief. Dalk word die stelling aangevuur deur die feit ’n vrou wat stylvol rook ’n man hormonaal aantas.  Wat is mooier as ’n mooi vrou wat ’n lang sigaret stylvol rook? Veral as die intrek ‘n kontoerveredeling op die halslyn laat.

Jan, kom ons maak ‘n deal oor Saterdag

Oktober 28, 2009 in Sonder kategorie

Ons hoef nie saam te stem om pelle te bly nie. Brussow is julle troef en Steyn een van ons s’n.

 

Kan ek nogtans iets voorstel in die vorm van ‘n reëlboek vir die volgende 29 jaar. Ek stel voor nie ek of jy keer terug tot die blog (nadat die uitslag bekend is) voordat ons drie droë poepe in ‘n ry gelos het nie.