Jy blaai in die argief vir 2009 September.

Die felste waarheid in die heelal

September 27, 2009 in Sonder kategorie

Op 15 is Paal saam met ‘n skoolgroep per trein Kaap toe.  Dit was sy eerste besoek aan die Kaap en die treinrit het ook vir sy eerste werklike vry gesorg, een van daai ondefinieerbare grootshede waarvoor woorde tekort skiet. Hulle het buite Stellenbosch in ‘n tipe vakansiedorp langs die rivier gebly en vandaar per bus die hele Weskaap besigtig.

 

Die seuns en meisies het beurte gemaak om dieselfde badkamers te gebruik. Hulle was eerste in die aand aan die beurt en die seuns tweede. Soggens was dit net andersom. Een aand het of Paal, of een van die skoonstes onder die skones, of albei, hul tye verkeerd gehad.

 

Die eerste volaansig van die felste waarheid in die heelal het Paal half onkant gevang, maar die verruklike beeld en grenslose gadeslaan het geen blywende skade aan sy gemoed en toekoms aangerig nie.

Emosionele straf. (Erger as lyfstraf?)

September 27, 2009 in Sonder kategorie

My standerd drie-onderwyser tel nie onder die hoogetepunte tydens my laerskoolloopbaan nie. Hy en pa was saam in die kommando. Sy indringende en emosionele loesings met die tong het my soms hewig ontstel. Selfs vandag nog snap ek nie mooi die opmerking wat hy eenkeer tydens ‘n een-tot-een-gesprek, of eerder tugsessie gemaak het nie. Hy het die moontlike intree van die dood van een van my ouers aan die eenkant en die een of ander oortreding of moontlike oortreding deur hul seun (ek) aan die anderkant, op ‘n lomp dog ondubbelsinnige manier aan mekaar gekoppel. Ek dink ek het ‘n top wederegtelik op die een of ander ongeoorloofde plek gespin, of ‘n derglike ernstige oortreding begaan. My punte in standerd drie was die swakste tydens my sewe jaar op laerskool.

Nog lyfstraf

September 27, 2009 in Sonder kategorie

Snaaks genoeg, die onderwyser wat die minste, indien enige, indruk op my gemaak het, was ook by taalonderrig betrokke, vir die standerd sesse. Dalk is dit beter om nie die kalant se naam en van te noem nie. Toe hy eendag die enigste sinvolle opmerking wat ek ooit uit sy mond gehoor het in die in die klas maak, iets soos ‘n grootse prestasie deur iemand iewers vêr, het ek my waardering met ‘n effense sis-fluit deur die tande bekend gemaak, amper soos wanneer jy jou waardering vir ‘n mooi meisie spontaan tot uiting bring. “Wie het gefluit????  Wie het gefluit, vra ek???? Laat die voël wat gefluit het onmiddellik opstaan en saam met my kom.” Ek het sy waansinnige afwagting sover moontlik uitgerek en my uiteindelik aan die oordeel van die groot orde oorgegee. “Quit the fight my mate. The order wins.” Hy het my buite die klas gaan straf vir die ongemanierde daad met vyf van die beste of so iets. Sy grinnikende orgasme roep ek nog vars in die herinnering.

Bulls vs Cheetas

September 26, 2009 in Sonder kategorie

Bulls 32 Cheetas 15

Lyfstraf

September 26, 2009 in Sonder kategorie

Die winde van verandering maak my erg teleurgesteld in die hedendaagse verwronge ideologie van “overdemocratisation”.  Ons was genadeloos gewetter. Vandag se kinders word omhels. 

Onderwyser XYZ het nie van omhelsing geweet nie.   Hy was die eerste onderwyser wat die ou orde verbreek het en ‘n modeuse ligpershemp aangetrek het. Gekleurde hemde en bont breë dasse, meestal saam ‘n sellofaanbedekte boks verpak, was daardie tyd hoog in die mode. (Die woord boks is in die HAT opgeneem, blykbaar om verwarring te voorkom, aangesien die eens meer aanvaarbare en suiwerder sinoniem verwys na meer as net kartonhouers). Hy het ook loshande die hardste van al die onderwysers geslaan. Sy tamaai rottang was met rooi insulation tape toegedraai en het altyd op sy lessenaar gelê en loer vir die volgende oortreder. Sy passie was ongedoende of halfvoltooide huiswerk, of huiswerk wat voor skool by ‘n slimmer en vrygewige maat afgeskryf is. Ek het ‘n paar beurte gehad. Dit was die seerste seer wat ek ooit gekry het, en die seer wat ek seker die langste sal onthou. Twee was vir die normale “run of the mill oortredings” en drie vir meer ernstiges. Hy het ook altyd gevoel of jy nie dalk twee of meer broeke of onderbroeke aanhet nie. Indien dit wel die geval was, moes jy die surplus “padding” gaan uittrek. Houe is met lang tussenposes toegedien. Elke hou moes eers behoorlik “intrek.”

“Laat hy eers mooi intrek” was omtrent die enigste Afrikaanse woorde wat hy in die klas gebruik het.  Na die toediening moes ons altyd “thank you sir” sê. In sulke toestande van ondraaglike pyn is dit vir my half onmoontlik om te praat. Ek het gewoonlik my asem ingetrek, die “thank you sir” half onhoorbaar en mompelend ingesuig en hoogs die moer in en in volle pyn gaan sit, ook net so half-half want jy kon nie mooi gesit kry nie. Die liewe Vader het hom die insig gegee om my vir die res van die periode uit te los. Hy kon seker die hoogs plofbare wraakgedagtes op my gesig lees. Hy kon in my strak gesig sien die “thank you sir” is eintlik “f… y.. you sir.”  Nietemin, mens moet nooit die vergete deugde van die outokrasie onderskat nie.

Nee, ek gaan ghoef

September 25, 2009 in Sonder kategorie

Op hoërskool is ons eenkeer deur ‘n gesiene patriarg oor die behoudende waarde van taal in die skepping van ‘n voorbeeldige Afrikanerjeug of iets dergliks toegespreek. Hy het ‘n gesprek van twee seuns aangehaal wat hy toevallig gehoor het wat die verval van die destydse geslag kinders treffend illustreer: “Haai Bieza, kom jy vamirrag saam rugga jall? Nee, Ouboet, ek gaan ghoef, miskien sien ek my cherry daar.” Die patriarg se woede en grynslag sal my nog lank bybly.

Eennagwoeps

September 25, 2009 in Sonder kategorie

Ek lees op Bacchus se moer mev Lee se uiters kreatiewe skepping “Eennagwoeps” raak en ongekende metaforiese skeppingsdrange raak oor my vaardig. 

Sjoe, waaroor kan mens skryf? Enige idees? Ek glo hierdie enetjie kan traffic trek. Oorgeslaandes gaan droom. Skuldiges gaan herinnerings cuddle. Dwepers gaan preek.

Het die eenagwoeps ‘n plekkie in die waardeketting van die normale mens? Ek dink hy kan ‘n genre op sy eie vorm in die wye mosaïek van menswees.

Uit die mond van die suigeling!

September 24, 2009 in Sonder kategorie

Jannie, Manie en Koos stry wie kan die verste terug onthou.

Jannie: Ek onhou nog my eerste verjaarsgdag soos gister.  Ons het ’n groot tjoklitkoek opgeëet daai dag.

Manie: ag dis niks. Ek onthou nog my geboorte. Pa het gesê: Druk Ounooi, daar kom hy! 

Koos: ag dis niks. Ek onthou ’n piekniek, baie jare terug. Ma sê dit was die lekkerste piekniek in haar hele lewe. Ek onthou nie die hele piekniek so goed nie, maar wel dat ek het saam met Pa piekniek toe gegaan het en saam met ma teruggekom het.

Die groot P

September 24, 2009 in Sonder kategorie

Volg hierdie link: http://www.youtube.com/watch?v=k_QEq5-aB5A

Wie knyp die kat?

September 24, 2009 in Sonder kategorie

Tydens ‘n vername huweliksonthaal moes hulle die waardige bruidsmoeder laaf toe die seremoniemeester die bruidegom ‘n klein spieëltjie gee en sê moet hom maar proaktief gebruik en mooi kyk, voordat hy sy gat op ‘n ander manier sien. Die moeder was ontsteld en uiters verontwaardig, tegnies dus seergemaak en in haar diepste eer en waardigheid gekrenk. “Wat moet die mense dink???? Die verdomde vark!!!” Later is vasgestel dat die waardige moeder die kat reeds jare lank in die donker knyp, tans glo met ‘n viriele klong in sy twintigs. Ek moet sê, met die suur trek op haar gesig buite rekening gelaat, is die moeder op vyftig nogal heel gangbaar en sag op die oog, danksy die tegnologie en vormdrag wat die kurwes so mooi in plek hou.  Kom ons swyg dus nie oor die enkele helder momente wat ons pad gekruis het nie. Helaas is ons ook net mense en die versoeking groot, veral in daardie vlietende oomblik wanneer jy twyfel of jy die deel in die Skrif wat handel oor die beproewing bokant jou vermoëns, reg verstaan het.