LitNet se blogforum

December 6, 2012 in Sonder kategorie

LitNet-bloggers, iemand skryf anderdag op die blogs dat dit voel of sy hier in ‘n leë kamer praat. Hoewel dit ‘n sjarmante beeld is, is dit nie die atmosfeer wat LitNet hier wil skep nie. Hier is ‘n hele gemeenskap van bloggers. Almal het iets om toe te voeg tot die gesprek.

@ts het ‘n sinvolle voorstel gemaak: kom ons skep ‘n blogforum en vind oplossings.

Die LitNet-blogruimte te WordPress is nog relatief nuut en hier is nog onduidelikhede. Hierdie blogforum is die plek waar ons sake gaan probeer uitsorteer.

Hierdie forum is die plek waar almal kan kom sit en praat oor hulle kopsere en waar almal ook kom pleisters uitdeel. (‘n Minder geslaagde beeld. Almal kan kom Disprins uitdeel, dalk werk dit beter.) En, beter nog as om net diie simptome aan te spreek: kom vertel julle eie suksesverhale. As julle iets uitgepluis het op die blogruimte, kom deel dit hier.

As iemand raad vra, sal ek so gou moontlik probeer reageer. Sluit my asseblief in by die gesprek deur @litnet-editor by jou vraag te tik. As ek die antwoord ken, sal ek laat weet. As ek nie weet nie, sal ek probeer uitvind. As iemand anders dalk raad het, soos @zephur of @rewaco of enigiemand anders (ek sonder hierdie twee uit omdat hulle reeds raad gegee het), laat weet. Asseblief?

Groete, NM

13 responses to LitNet se blogforum

  1. Op hierdie blog kan Litnetters sien hoe om hulle font te verander so terloops
    http://pienkpantoffels.wordpress.com/2012/12/05/hoe-om-jou-font-size-te-verander-en-ander-tips/

  2. Klink asof dit kan werk.
    Sal jy asb. die tuisblad se titel – ‘toolbar’ voeg?

  3. @litnet-editor

    Ek sien een van ons opsies is die opsie van ‘Forums’

    Dis soos die groepe…soos die een wat ek geskep het vir Harties Haven

    Die forums funksie lyk my te kan werk op die manier dat iemand begin ‘n forum gesprek en dan kan ander bloggers kom en kommentaar lewer op die gesprek en sodoende kan daar lekker debat gevoer word….en dit gebeur dan apart en nie op iemand se blog nie.

    Maar die funksie lyk nog nie geaktiveer te wees nie…

    • Aha, @zephur, so kom ek ook nou by. Wag, laat ek vir die WordPress-mense by 24.com vra om dit aktief te maak as dit nie werk nie …

    • @ zephur, die naaste wat dit vir my lyk ons aan ‘n forumopsie gaan kom, is deur jou kommentaar-gespreksdrade (um, vertaal gerus die woord “threads” anders) te verleng. In jou paneelbord, gaan na instellings en kies “discussion”. Onder “other comment settings” kry mens “enable threaded (nested) comments”. Hier kan jy ‘n gesprek uitbrei. Iemand anders sê nou-nou ‘n blog is inderwaarheid reeds ‘n forum. Die kommentaarfunksie daaronder vervul dieselfde funksie, of hoe? Net die verpakking is anders, wil ek amper sê. Of stem jy nie saam nie? NM

  4. Sorry sorry sorry dis Maryke van Rensburg @sirpsa
    Ek en name en selfs my eie inskryfkode
    🙁

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *