Profile photo of tina10

by

Vrydag Byskrifte (N18)

November 28, 2015 in Sonder kategorie

Miskien moet ons ‘n nuwe naam kry vir die Sosiale Media, want baie van die wat daar kuier, gee nie ‘n snaps om oor die ander mense wat ook daar is nie. Dit gaan net oor hulle eie mening en siening.  Elke sin begin met “EK” en dit wat gesê word is gewoonlik kritiek oor ander.  Hulle besoekers is gelukkig as hulle met ‘n ‘like’ beloon word.  Daar is nooit enige aanduiding dat hulle iets van jou lees of geniet nie.  Dit laat mens half wonder.  Aan die ander kant is daar die paar mense wat altyd met waardering en humor jou nietige ou goedjies lees en besoek. Baie dankie aan julle – jy kikker my dag elke keer op en ek waardeer dit meer as wat jy ooit kan besef.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

1

12033098_10153693180189783_7183389451684568347_n

2

11011928_725430037557299_1233575883600445434_n

3

12107840_914060778663543_2505591160350129111_n

4

156205-R3L8T8D-650-leaning

5

12226935_726180714148898_5123109208040781559_n

6

1723479_10203284914019852_2473884475420847581_n

 

4 responses to Vrydag Byskrifte (N18)

  1. 1. EK hou niks van windgat rugbyspelers nie.

    2. EK weet sommer hierdie vrou het te diep in die bottel gekyk.

    3. EK is seker hierdie kinders loop net vir kwaadgeld rond.

    4. EK verpes sulke preutse kleredrag.

    5. EK kan sulke kommingeit nie verdra nie.

    6. EK hou niks van ma’s wat hul kinders soos honde behandel nie.

    EK kon eenvoudig nie die versoeking weerstaan nie 😉

  2. 1. Springbok Rolbalspan 2065
    2. Sannie se naweek het bietjie vroeg begin.
    3. Die lewe onaangeraak.
    4. As Juffrou haar Tango begin oefen in die klas.
    5. Ontspan, selfs Super Woman kort ‘n blaaskans.
    6. Marie weet sy het iets vergeet, maar kan net nie haar vinger daarop plaas nie.

    • @danica_gouws hehehehe Lekker skerp. Skuus ek antwoord nou eers – ek het geen toegang tot my blog gehad

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *